Die tiener was deel van ʼn groep van 12 sokkerspelers en hul afrigter wat destyds vir meer as ʼn week in ʼn oorstroomde grot oorleef het.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Thailand-grotredding"
Thailand-grotredding: Seuns praat met die media
Die 12 seuns en hul sokkerafrigter wat uit ʼn grot in Thailand gered is, is uit die hospitaal ontslaan en het Woensdag aan ʼn perskonferensie deelgeneem. Hulle het vrae van verslaggewers oor die wêreld heen beantwoord.
Elon Musk dalk hof toe gesleep oor grotredding-twiets
Elon Musk, die Suid-Afrikaans gebore sakemagnaat, word moontlik deur regstappe in die gesig gestaar oor twiets wat hy glo aan een van die duikers wat betrokke was by die opspraakwekkende Thailand-reddingspoging gerig het.
Video: Thailand-grot se oorlewendes binnekort ontslaan
ʼn Video wys dat dit goed gaan met die seuns en hulle bedank hul reddingswerkers en die publiek vir die goeie wense. Hulle vertel ook van al die kos wat hulle graag wil eet ná ‘n baie streng beheerde dieet.
Fliek gemaak oor Thailand-grotredding
“Die braafheid en heldedade wat ek gesien het, is ongelooflik inspirerend – dís hoekom ons ʼn fliek daaroor wil maak.”
Thailand-grotredding: Hartseer nuus vir reddingswerker
“Dit is ʼn tyd van rou vir die Harris-familie en word vererger deur die fisieke en emosionele eise van die week se hoogs ingewikkelde en uiteindelik suksesvolle reddingsoperasie.”
Al 12 seuns, afrigter veilig uit grot gebring
ʼn Woordvoerder van die vloot het gesê daar word daar tans nog gewag op ʼn paramedikus en drie vlootbeamptes wat agtergebly het om uit die grot te kom.
Thailand-grotdrama: Só word seuns uit grot gered
Dit het Maandag deur die nag gereën en dit kan die reeds gevaarlike reddingsoperasie vandag net nog ingewikkelder maak.
Foto’s: Vyf sokkerseuns sover uit oorstroomde grot gered
Die 12 seuns, tussen 11 en 16 jaar oud, en hul 25-jarige afrigter is langer as twee weke gelede in ʼn grot vasgekeer.
Nuuskommentaar: Emosies en die wêreld se rampe
Die wêreld word voortdurend geskud deur groot rampe, soos die veldbrande in Kalifornië en verwoestende oorstromings in Japan. Tog lyk dit of die reddingspoging van 12 seuns en hul afrigter uit ’n Thaise grotstelsel groter nuus is. Die wêreld kan eenvoudig nie bekostig om werklike groot rampe te vergeet terwyl ’n ophef van kleiner rampe gemaak word nie.
Eerste seuns maak glo verskyning uit grot
Twee ambulanse kon gewaar word wat die toneel buite die grot verlaat.
Reddingspoging by oorstroomde grot begin
“Daar is ʼn storm op pad en as ons vir die reën wag, gaan die toestande nie so perfek wees soos dit nou is nie.”
Talle liggame gekry ná boot met toeriste sink
Duikers het reeds talle liggame uit die water gehaal en ander uit die wrak.
Een sterf tydens reddingspoging by oorstroomde grot
Een persoon het gesterf tydens die reddingspoging by ʼn grot in Thailand waar 12 jong seuns en hul sokkerafrigter deur vloedwater vasgekeer is.
Video: Internet aangelê na seuns in oorstroomde grot
In die jongste video’s wat deur die Thai-vloot bekendgestel is, kan die seuns en hul afrigter gesien word wat sê hulle is oukei en gesond.
Thaise sokkerspan steeds nie uit grotte gered
Die vloot se spesiale magte in Thailand wat dié seuns en hul afrigter Dinsdag opgespoor het, is tans besig met ʼn omvattende plan om die groep na veiligheid te bring en terselfdertyd stygende watervlakke en modderstortings te vermy.
Vermiste sokkerspan veilig gevind
Al 12 seuns en hul sokkerafrigter is veilig gevind, nege dae ná hulle in grotte in Thailand verdwyn het.
Duikers al nader aan vermiste sokkerspan
Die duikers kon voorheen nie verder as dié punt beweeg nie, omdat hulle kort-kort uit die grot moes onttrek weens stygende watervlakke.
Foto’s: Jong sokkerspan dae later steeds in grot vasgekeer
“Ons moet die kinders vandag vind. Ons hoop dat hulle nog lewe daar binne.”