Wanneer twee rugbyspelers mekaar ná ʼn wedstryd (gewoonlik vroegoggend) in ʼn kroeg pak, moet jy maar eenkant toe staan.
Alles vir Maandag 16 Julie 2018
Betogers ontwrig N1-verkeer; polisie steeds op toneel
Polisiebeamptes is steeds op die toneel op die N1 by Samrand in Centurion waar betogers Maandagoggend verkeer erg ontwrig het deur die snelweg in albei rigtings af te sper.
Man geskiet dag voor hy teen broer moet getuig
Die man was veronderstel om Maandag in die Polokwane-hooggeregshof te getuig téén sy broer wat van die moord op sy vrou aangekla word.
Bejaardes glo op kleinhoewe gemartel
Die polisie het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat ʼn bejaarde egpaar Saterdag in die vroeë oggendure op ʼn kleinhoewe buite Krugersdorp aan die Wes-Rand aangeval en na bewering met kookwater gemartel is.
ANC groei, opposisie sukkel, toon peiling
Die ANC het in die eerste honderd dae van pres. Cyril Ramaphosa se bewind baie kiesersteun bygekry terwyl die opposisie agteruit boer, toon die jongste meningspeiling van die markontledingsgroep Ipsos.
Resep: Gemarineerde tuna met warm Mediterreense groente
Geurige seekos met helderkleurige groente – mens eet mos met die oë ook!
Dodetal styg ná gru-ongeluk
Die dodetal van die gru-ongeluk waarin ses mense Saterdag dood is, het Maandagoggend gestyg.
Krag gedeeltelik aan in ooste van Pta
As alles volgens plan verloop en kwaaddoeners nie weer ʼn stok in die wiel steek nie, behoort kragtoevoer vandag herstel te wees na al die woongebiede in die ooste van Pretoria waar inwoners sedert Dinsdag sonder elektrisiteit moes klaarkom.
Twee SA-gholfspelers wen by Ope
Twee Suid-Afrikaanse gholfspelers het die naweek naam gemaak.
Talle in vroegoggend-ongelukke in KZN beseer
In een ongeluk is sewe mense, onder wie drie kinders, beseer toe twee motors ʼn boom wat in die pad gelê het, getref het.
Grey-skoolhoof: ‘Finansiële skikking geen opsie’
“As iemand wat nog my hele lewe in die onderwys is, met die missie en visie om te verseker dat Grey ʼn toonaangewende skool bly, is ʼn finansiële skikking nie ʼn oplossing vir die huidige situasie nie.”
Geliefde pianis terug met lekkerluister-album
Dié nuwe vrystelling spog met tien splinternuwe oorspronklike werke uit sy eie pen, asook vier van sy gewildste treffers vanaf vorige albums.
Polisieman gewond, 2 ‘renosterstropers’ doodgeskiet
“Die gruwelike dade duur voort ondanks stropers wat hul lewe verloor, in hegtenis geneem en swaar gevonnis word.”
Prins Louis se amptelike doopfoto’s
Hy is op 9 Julie in die koninklike kapel in die St. James-paleis in Westminster in Engeland gedoop.
Maak ’n regte, egte lappop en wen ’n vakansie
“Help ons om die boodskap van koesterende gesinne oor die hele Suid-Afrika heen uit te dra deur ʼn lappop in te skryf en dalk ʼn opwindende prys te wen!”
Boek: Die tale wat ons praat
In hierdie boek bring Jana Luther en Fred Pheiffer, saam met Danny Fourie as samesteller, van die gewildste bydraes deur dié luisteraars en taalkenners byeen.
Een dood, drie vas ná rooftog
“Met beamptes se aankoms op die toneel het die rowers in ʼn wegkommotor gespring, maar die enjin het gestol.”
Paartjie sterf in motorfietsongeluk
“Met paramedici se aankoms is die liggame van twee mense saam met die motorfiets in die pad aangetref.”
Ses dood by myn in Limpopo
“Die soek-en-reddingsoperasie het tot omstreeks 02:35 vanoggend voortgegaan.”
Gedagte vir die dag: Geloof soos ’n kind
Jesus het die brode geneem, ’n dankgebed gedoen en dit aan die mense wat daar gesit het, uitgedeel en ook soveel van die vissies as wat hulle wou hê. Nadat die skare mense versadig was, sê Jesus vir sy dissipels: “Maak die oorskietstukke bymekaar sodat daar niks vermors word nie.” (Johannes 6:11-12)