Verdagte vas kort ná aanval op Reivilo-plaas

(Foto: pixabay)

ʼn Verdagte is in hegtenis geneem kort ná ʼn aanval op ʼn plaas in die omgewing van Reivilo waartydens ʼn 74-jarige boer glo met ʼn ketting in die gesig geslaan is.

Lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder in Noordwes, sê die voorval het Sondag omstreeks 08:00 op die plaas Kleinvlakfontein plaasgevind.

Die boer is oorval en met ʼn vuurwapen gedreig.

“Die boer is tydens die aanval glo met ʼn ketting in die gesig aangerand en van kontant beroof. Hy is vasgebind en ná die voorval bevry,” sê Funani.

Die polisie en nabygeleë boere het blitsig op die aanval gereageer en die verdagte is kort daarna op ʼn buurplaas aangekeer. Die polisie het tydens Mokhethi Sammual Moeketsi (38) se inhegtenisneming ook beslag gelê op ʼn 9 mm-Norinco-pistool en al die gesteelde geld.

Moeketsi het Dinsdag reeds in die Taung-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van huisroof. Die saak teen hom is tot volgende Dinsdag uitgestel en hy bly intussen in aanhouding.

Lt.genl. Sello Kwena, provinsiale polisiehoof, het die betrokke boere vir hul samewerking, wat tot die suksesvolle inhegtenisneming gelei het, bedank.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Perdeby ·

En wat van aanranding met die doel om ernstig te beseer????????

Francois ·

Dankie boere want as jy vir die polisie gewag het was daai aanvsller skotvry en spoorloos vandag

Yvonne ·

So lyk dit as mense met gewetens, die wil en kennis het om iets te doen..Bravo vir elkeen wat hier bygestaan het

fs ·

huisroof?? wat van poging tot moord, aanranding met die opset om ernstig te beseer… RERIG nou .. HUISROOF wat so simpel klag is hy sal nie eers tronk toe gaan nie!!!!!!

karen ·

ek is getroud met ons boeregemeenskap op reivilo se veiligheidsgroep lid en ek kan se ons boere het aanhou soek totdat hulle die skuldiges gekry het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.