Verhoogde beurtkragfases dié week verwag

Die Arnot-kragstasie. (Foto: Facebook)

Eskom het Maandag aangekondig dat verhoogde beurtkragvlakke vandeesweek ingestel sal word weens vertragings in die herstel van nege opwekkingseenhede.

Fase 3-beurtkrag sal nog tot Dinsdag om 05:00 geld, waarna fase 4-beurtkrag tot 16:00 van toepassing sal wees.

Fase 6-beurtkrag sal dan van Dinsdag om 16:00 tot Woensdag om 05:00 ingestel word.

Fase 4-beurtkrag sal Woensdag tussen 05:00 en 16:00 geld en daarna weer tot fase 6 verhoog word. Dit sal dan tot Donderdag om 05:00 geld, waarna fase 3 tot Donderdag om 16:00 ingestel sal word.

Volgens Eskom se skedule sal fase 5-beurtkrag Donderdag om 16:00 ingestel word.

Talle onklaarrakings

Altesaam 17 920 MW se opwekkingskapasiteit is onbeskikbaar weens onklaarrakings, terwyl nog 3 412 MW aan beplande instandhouding afgestaan word.

Eskom ondervind vertragings met die herstel van eenhede by sy Arnot-, Camden-, Duvha-, Kriel-, Kendal-, Lethabo-, Mathimba-, Matla- en Tutuka-kragstasie wat tot verdere kapasiteitsprobleme bydra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Casper ·

Onklaarrakings elke keer net na ‘n naweek,dan sommer fase 6 instel.Daar word gesukkel om eenhede weer aanland te bring.Is dit vertragingstaktiek van escom om krag te bespaar?Iewers lieg iemand vir die publiek.

Harley Davidson ·

Dit lyk nie of Sputla enige verskil maak nie hy praat en dans baie geklee in sy ppe waar hy onderhoude voer met die media.

JvR ·

Kyk. Ek spandeer ure op youtube. Dit is my ontpanning. En ek sien gereeld advertensies op oorsese (for lack of a better word) kanale vir solar, inverters ens. Dalk het hul nie soveel onderbrekings soos ons nie. Maar daar is iets aan die gang. Wereldwyd.

Koen ·

Natuurlik is daar iets aan die gang. Ditr word genoem: Klimaatsverandering. Almal is nie so dom om die feite nie in die gesig te staar nie.

JvR ·

Ek weet daarvan. Dit word al dekades beplan, ek bedoel voorspel

Samuel ·

Ag siestog Eskom!! Julle sal nie gou bykom nie. Die winter wat voorlê gaan lank en donker wees. Ek dog de Ruyter was die probleem?

WILLEM ·

Beurt krag sal nog lank met ons wees. Daar moet gekyk word om nie snags beurt krag toe te pas nie – die krag verbruik is dan laer MAAR dit skep geleenthede vir misdadigers om in te breek en mense aan te val. Dit is ‘n sekuriteit risiko.

JvR ·

Jy is reg. Dit gaan nog lank by ons wees. Want dit moet uitbrei wat covid begin het

Danie ·

Is dit nog nuus om oor die gestorwe eskom te berig.Ons weet almal wat aan die gang is met die vrot spul.

DJ ·

Dit is die salaris eise van die werkers se vertragings taktiek wat lei tot hoër fases.

JvR ·

My enigste werklike probleem met Ruyter in wit, is dat, as hy nie deel was van die probeem, waarom drie jaar wag om te praat.

Moedeloos ·

Dalk het hy gepraat maar niemand het geluister nie. Totdat hy oppad uit was toe kon hy sy vermoede aan die kaak stel

Chris ·

As ons vrot regering, sedert 1994 aandag gegee het aan die gereelde nstandhouding van al die stasies en goed gekwalifiseerde mense behou het, kon dit SA baie geld ingebring het, maar ja, ongelukkig is die geleenthede gesien om hul beursies en bankrekeninge voller te maak . Ek vat, want dis mos Jan se skuld.

Se maar net ·

Ek wil net se, die persoon wat die skedules uitwerk moet bietjie opleiding kry want duidelik weet hy/sy nie hoe nie. My beurtkrag is nou vir 3 dae 6:00-8:00 uur soggens dan 14:00-18:00 en dan weer 22:00-02:00. Regtig? Hoe moet mens klaar kry vir werk en saans kos maak, veral die mense met klein kindertjies en babas? Hulle met beurtkrag veral tussen 16:30 – 19:30 skrap dan kan mens tenminste vir jou gesin kos gee.

Piet 6 ·

Beurtkrag werk in skedules van 4 dae. Na 4 dae verander dit. Dit is al baie lank so.

Papsak ·

Hulle maak goed reg om nooit reg te kom nie so speel hulle ons pateties neste van als kragstasies breek maak reg net so dan breek die ander kragstasies

Papsak ·

De Rhyter was nog nooit die probleem nie probleem is ESKOM het te veel menere en base en een weet so min soos die ander

Pieter ·

Eks nie seker el lees reg nie maar stage 1 beteken 1000 MW tekort so stage 2-10 hier praat hulle van 17 000+ nog 3 000 wat eintlik n 20 000 mw tekort is …hoe net stage 4-6 as daar so baie kapasiteit kort…
bv. van eskom se blad :South Africa’s load shedding stages are broadly defined by the system operator as representing 1,000MW of power. By the group’s own definitions, stage 7 load shedding would be up to 7,000MW shed. With the load shedding hitting over 7,000MW, this would technically imply stage 8 load shedding.

Nico ·

Swak vakmanskap en onopgeleide mense dit is hoekom Eskom agteruit gaan dan is daar nog diefstal en bedrog. Ek sê dit in alle eerlikheid.

Koen ·

Jy is soooo reg, Piet. Almal glo alles wat hulle lees. Want dis hoe ons geleer is. Glo soos ‘n kind. Hier is baie meer hieragter as wat mense besef.

JvR ·

Glo soos n kind is van die gevaarlikste raad wat enige iemand kan kry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.