Verkiesingsuitslae: Só lyk uitslag na kwart van stemme getel is

Argieffoto

Argieffoto

Teen 6:30 Donderdagoggend is meer as 27% of 3 541 846 van die stemme reeds getel.

Van die 3 541 846 stemme was 47 546 bedorwe stemme. Die ANC het intussen nasionaal reeds meer as 2 miljoen stemme (2 013 346) op hom gevestig teen 6:30. Die DA het 1 008 236 stemme gehad terwyl die Ekonomiese Vryheidsvegters in die derde plek was met 143 784 stemme.

Die IVP het reeds 70 742 stemme gehad terwyl die NFP reeds 51 236 stemme gehad het. Die Vryheidsfront Plus het 42 732 stemme gehad, die UDM het 33 727 stemme gehad terwyl Cope 29 097 stemme op hom gevestig het.

Die ACDP het teen 6:30 23 159 stemme gehad en die AIC was in tiende plek met 19 410 stemme. AgangSA moes teen 6:30 met die 11de plek tevrede wees met 7 738 stemme.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
johan

hoekom moet ons nog stem net om ons name bollie te maak die AFRICAN NATIONAL Congress sal altyd bedrog pleeg soos hier by Embalanthle Secunda waar hulle die kiesers beeste belowe het deur president Jacod Dudla. Daar sal nie ‘n regverdige verkiesing wees nie ten sy die OVK mense van oorsee se lande kry om toesig te kom hou nie. Die VF is ook deesdae meer blaf as byt van Dudla het vir Mulder ‘n pos geskep met ‘n goeie salaris so hoekom moet hulle omgee oor die plaas moorde. Maar wag dudla se tweeling seun gaan sy ondergang beteken… Lees meer »

johan

Afrika nie.

johan

Afrika nie. VIVA JESUS