Verkragtingsaak teruggetrek teen mans en ma van dogtertjie

(Argieffoto: Hans Braxmeier/pixabay)

Verskeie klagtes van verkragting teen twee mans, asook die ma van ’n jong dogtertjie, is Maandag in die Brits-landdroshof teruggetrek. Die beweerde misdade is reeds in 2018 gepleeg toe die dogtertjie maar vier jaar oud was.

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het die verrigtinge as betreurenswaardig en uiters teleurstellend bestempel.

Geen redes is vandag in die hof verskaf waarom die saak teen die persone teruggetrek is nie, maar daar kan afgelei word dat dit as gevolg van die lang tydsverloop tussen die pleging van die beweerde misdade en die uiteindelike vervolging is, sê Natasha Venter, adviseur by AfriForum se privaatvervolgingseenheid.

Die twee mans wat van die verkragtings beskuldig was, het ook vanoggend aangedui dat hulle van regsverteenwoordiger gaan verander en nou deur Lazarus-prokureurs verdedig word, ten spyte van die feit dat die saak sekondes later teruggetrek is.

“Die saak is wel teruggetrek voordat die persone gepleit het, wat beteken dat dieselfde klagtes wel weer in die toekoms teen hulle ingestel kan word. Daar is ook geen verjaring vir die misdaad van verkragting nie.”

Volgens Venter is vandag se verloop van sake tekenend van die verval van die strafregstelsel en die staat se onvermoë om die mees weerlose lede van ons samelewing te beskerm. “Hierdie saak is aanvanklik sonder enige rede deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) van die rol geskrap. Nadat die privaatvervolgingseenheid vertoë gerig het, het die staat weer besluit om vervolging in te stel. Die druk wat die eenheid uitgeoefen het, het ook verseker dat die direkteur van Openbare Vervolging (DOV) die saak aan ’n senior staatsadvokaat toegewys het. Daarna is die saak egter steeds gekenmerk deur verskeie uitstelle, onder meer omdat daar nie ’n streeklanddros beskikbaar was nie; dat die plaaslike aanklaer klaarblyklik nie van die DOV se besluit om die saak aan ’n staatsadvokaat toe te wys, geweet het nie; en dat die beskuldigdes befondsing vir hul regsverteenwoordiger moes bevestig.”

Venter sê as die NVG van die begin af die wil gehad het om die ekstra moeite te doen wat sake van geweld teen kinders vereis, sou die jong slagoffer nie aan hierdie tipe sekondêre trauma blootgestel geword het nie. “’n Mens sou dink dat die staat met al sy beloftes om kinders en vroue teen geweld te beskerm erns sou maak met sake soos hierdie, maar die blote feit dat die slagoffer vier jaar moes wag voordat die verhoor sou begin het, spreek boekdele.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Di ·

NVG is USELESS ANC Kaders. Net so onbevoeg soos die ANC Regering

Waarnemer ·

Wat het gewofd van die 20 jaar wet wat bdpaal dat n 1ste bylaag oortreding nooit verval nie?En verkragting was deel daarvan….Ek onthou ons het destyds geleer die volgende was n 1ste bylae oortreding-hoogverraad,moord.strafbare manslag..aanrandjng met die doel om ernstig te beseer.verkragting……en nog so n paar ander.Hier is dalk n paar oud lede vd mag wat my kan reghelp.

Danie ·

Die eintlike probleem van vertragings le by justisie.Ek praat uit ondervinding die staat het vesuim om daadwerklik op te tree en sake laat sloer om die aangeklaagtes self te straf,menende finansieel skade te berokken.Die vervolgings eenhede ook korrupt.

Swerwer ·

Dalk is hul vrygespreek omdat sekere ander persone dalk ook skuldig is aan soort vebonde.

H.A. ·

Haal maar die die geweld teen kinders en vrouens van die lys af. Dit het gemisluk van dag een af. Alles onder die anc is n gemors !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.