Vermeende bedrieër in die hof

(Argieffoto: SA Polisie/Facebook)

ʼn 44-jarige verdagte sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Richardsbaai verskyn ná sy Donderdag deur die Valke in hegtenis geneem is.

Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), sê die vrou is deur die Valke se eenheid in Durban, wat ernstige handelsmisdaad ondersoek, in hegtenis geneem.

“Sy het na bewering in 2018 ʼn vervalste eis by die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) ingedien. Sy het vir Richards Bay Minerals (RBM) gewerk en die departement van arbeid het ʼn bedrag van R13 940,56 aan haar uitbetaal.”

ʼn Saak van bedrog is by die Richardsbaai-polisiestasie aanhangig gemaak en die dossier is aan die Valke oorhandig vir verdere ondersoek. Sy staan tereg op aanklag van bedrog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nie Verbaas ·

Weereens n ou klein vissie. Dit is egter goed so maar die wat groot happe uit land se begroting gevat het nog steeds op vrye voet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.