ʼn Bejaarde vrou wat op 15 Mei uit haar huis in Garankuwa, noord van Pretoria, verdwyn het, se liggaam is vandeesweek gevind.
Kapt. Matthews Nkoadi, woordvoerder van die polisie, het gesê Rachel Nozikha Sindane is op 15 Mei vir die laaste keer gesien, maar haar seun het haar eers op 1 Junie as vermis aangemeld. Volgens Nkoadi was albei Sindane se bene geamputeer en moes sy van ʼn rolstoel gebruik maak om rond te beweeg. Haar rolstoel was ook skoonveld.
Nkoadi het gesê die polisie het onverpoosd na Sindane gesoek en ook die beboste gebied langs haar huis gefynkam, maar tevergeefs. Dinsdag het ʼn voetganger in die gebied op ʼn ontbinde liggaam afgekom en die polisie in kennis gestel.
“Die voorlopige ondersoek dui daarop dat daar ʼn struweling was op die plek waar die liggaam gevind is, maar geen beserings kon aan die liggaam waargeneem word nie omdat dit al te ver ontbind was. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van dood te bepaal,” het Nkoadi gesê. Hy het gesê forensiese toetse sal ook gedoen word op die rolstoel wat langs die liggaam gevind is.
ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.
Wat n siek samelewing. Sys bejaard, sys n vrou, sys in n rolstoel, hoe laag kan misdadigers in ons land daal!
Die feit dat haar seun haar eers na 2 weke as vermis aangemeld het is nogal verdag?
Ek wonder ook oor daai storie……..
Hoekom het hy so lank gewag voordat sy moeder as vermis aangemeld is. Baie verdag!!
Rolstoel was skoonveld en forentiese toetse sal gedoen word op die stoelw at langs haar gevind is