Die parlement het Donderdag gesê hy sal gehoor gee aan ʼn uitspraak van die konstitusionele hof rakende die besluit of ʼn mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma met ʼn geheime stemming beslis sal word of nie.
Lees meerAlles vir Donderdag 22 Junie 2017
Polisie waarsku teen aanlyn-vlerksleep
“Verskeie voorvalle van hierdie aard is reeds by die polisie aangemeld.”
Asem ophou duur tot in laaste kragmetings
Die asem sal nog tot Saterdag opgehou word voor dit bekend sal wees wie almal vir die kwarteindronde van die Supersportreeks in aanmerking kom, en waar die botsings sal plaasvind.
ʼn Rekord 60 000 toeskouers by Ellispark verwag
In 1993 was daar 60 000 toeskouers op Ellispark toe Frankryk met 18-17 teen die Springbokke gewen het. En dit is baie moontlik dat hierdie bywoningsyfer Saterdag vir die derde toets verbeter kan word.
Samwu aangekla ná stadsaal brand
ʼn Klag van opsetlike saakbeskadiging is teen die munisipalewerkersvakbond Samwu en sy provinsiale sekretaris, Thabang Tseoua, aanhangig gemaak nadat die Bloemfonteinse stadsaal Woensdagaand in ʼn brand verwoes is.
Prokureur vas ná skietery op sitrusplaas
Die prokureur wat gesoek is ná ʼn skietery Donderdagoggend op ʼn sitrusplaas naby Polokwane in Limpopo, is in hegtenis geneem.
Zuma: ‘Rome is nie besig om te brand’
Pres. Jacob Zuma het Donderdag ʼn uitspraak deur ʼn opposisieparty-LP verwerp dat Rome besig is om te brand terwyl hy sloer – ʼn verwysing na die tyd wat dit hom neem om ʼn ondersoek na bewerings van staatskaping van stapel te stuur.
Vermiste bejaarde se liggaam gevind
Volgens die polisie was albei die vrou se bene geamputeer en moes sy van ʼn rolstoel gebruik maak om rond te beweeg.
ToekomsVenster: Om te verloor
Here, maak my sterk genoeg en gee my genoeg krag om nie terug te slaan nie.
Die wêreld in foto’s – 22 Junie 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
[Foto’s] Boer van eerste ‘Boer soek ʼn vrou’-reeks vind liefde
Hy mag dalk nie liefde gevind het in die eerste seisoen van kykNET se gewilde Boer soek ʼn vrou-werklikheidsreeks nie, maar dié boer van Cradock het byna tien jaar later sy trouvrou ontmoet.
Aanval op Magoebaskloof-kleinhoewe: Niemand nog vas
“Hy het op die stoep gesit en ontspan toe hy geluide in die huis gehoor het.”
Bekende prokureur gesoek ná skietery op plaas
Die polisie in Limpopo is op soek na ʼn direkteur van die Zebediela-sitrusplaas naby Polokwane nadat vier mense Donderdagoggend tydens ʼn skietery op die plaas gewond is.
Msimanga ongelukkig oor polisie se ‘trae reaksie’
Solly Msimanga, burgemeester van die Tshwane-metro, het die geweld wat in Mahube Valley en Mamelodi-Oos uitgebreek het, veroordeel.
Waarnemende Eskom-hoof aangestel
Eskom het Donderdag aangekondig hy het ʼn nuwe waarnemende uitvoerende hoof aangestel nadat die voormalige hoof, Brian Molefe, se heraanstelling teruggetrek is.
Studiefonds skep hoop vir duisende studente
Die studiefondssentrum spog met ʼn terugbetalingskoers van 98% op rentevrye studielenings waar ander organisasie wat beurse aan studente verskaf sukkel om ʼn terugbetalingskoers van 2% te handhaaf.
Dreyer kry sy groot kans; drie ander Bok-veranderinge
Daar is vier veranderinge aan die Springbokke se opdrafspan vir Saterdag se derde toets teen die Franse wat op Ellispark gespeel word, waar die besoekers tot dusver al vier toetse teen die Bokke gewen het.
Ryskole en metro ondersoek vir omkoop-aantygings
Opod en die SAPD het die afgelope paar maande ʼn geheime operasie uitgevoer by plaaslike ryskole asook onder die metropolisiebeamptes wat as eksaminators vir rybewystoetse optree.
Derde toets: Getrou aan Franse tradisie
Die weë van die Franse rugbyafrigter, Guy Noves, is maar bra duister.
Rugbyafrigter glo met skroewedraaier in kop gesteek
“Die gesin sukkel om die gebeure te verwerk, maar daar is ʼn ondersteuningstelsel rondom die familie.”