Vermiste outistiese broers dood gevind

Sisa Nomangola (15) en Takasho Nomangola (9) is dood gevind. (Foto’s: Pink Ladies)

Twee jong broers van Nyanga in Kaapstad, wat twee weke gelede saam vermis geraak het, is dood gevind.

Die Pink Ladies-organisasie het bevestig Sisa Nomangola (15) en Takasho Nomangola (9) is dood nadat hulle ʼn snelweg naby Philippi oorgesteek en deur ʼn voertuig raakgery is. Sisa en Takasho was albei outisties en kon nie praat nie.

Die twee seuns het op 9 Julie vanuit hul huis vermis geraak. Hul ma het die hele woongebied vir haar seuns gefynkam waarna sy uiteindelik ʼn vermistepersoonsaak by die polisie aangemeld het. ʼn Uitgebreide soektog na die twee seuns is daarna van stapel gestuur.

Pink Ladies het bevestig ʼn saak van strafbare manslag word deur die polisie ondersoek, maar sê hy is nie gemagtig om enige verdere inligting bekend te maak nie.

Die organisasie het hul medelye met Sisa en Takasho se naasbestaandes betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Hendrik ferreira ·

Dit is sad,dat iemand ander mense se kinders leed kan aandoen sonder om n oog te knip .

Ekke ·

Kinders het oor die algemeen geen benul van gevaar nie. Dit is iets wat hulle met tyd geleer moet word, en steeds word “normale” kinders ook raak/dood gery. Dit is soveel moeiliker om ‘n outistiese kind te leer, mens weet nie altyd of hulle verstaan nie, omdat baie van hulle nie kan praat nie. Dit was ‘n ongeluk, is seker die bestuurder is in ‘n toestand oor die kinders se dood, geen mens kan ongeskonde aangaan nie.

GM ·

Hendrik, volgens die berig is hul raakgery toe hulle ‘n snelweg probeer oorsteek het. ‘n Motoris kan nie altyd blameer word vir sulke ongelukke nie, kinders hoort nie op snelweë nie. Die motoris kan wel stop en dit aanmeld as so iets gebeur.

Sterkte aan die naasbestaandes. Dis vreeslik hartseer.

Asjas ·

Dankie GM, ek wonder of mense aldag weet wat dit aan die persoon doen wat iemand op snelweg raak gery het!!! Glo my, dit was nie sonder om ‘n oog te knip nie … Dit was ‘n ONGELUK!

Isak ·

Asjas, GM en Hendrik. Ek verstaan kinders hoort nie op snelwee nie. Ek verstaan ook mens kan nie stop op n hoe spoed nie. Maar wees menslik kan julle lees die kinders het n probleem gehad sielkundig. As julle niks goed kan se sonder om vinger te wys nie. Bly stil en druk jou vinger in jou neus. Sterkte aan die familie.

Hendrik ferreira ·

Isak ek neem kennis ek het niks sleg bedoel nie ,het net bedoel mense wat n motor lisensie het moet gewoonlik n oogtoets doen kyk waar jy ry.

Mariana ·

Sulke hartseer nuus. Rus sag julle pragtige kindertjies, en my innige simpatie aan die familie.

Snoekie ·

Isak, en die motor bestuurder moes dit hoe geweet het?
Ek is seker daarvan hyt hulle nie net dood gery sonder om n oog te knip nie. Dis vir die motoris net so dramaties, hy of sy moet met die skuldgevoel en die beeld van daai 2 kinders saamleef

Wielspore ·

Ek stem saam dat hierdie ‘n ongeluk was en dat die trauma deur albei partye ervaar word. Na my mening is hierdie tragedie die gevolg van ‘n swak sosiale stelsel agv die nalatigheid van die regering. Daar is nie veilige hawens vir geestelike gestremde kinders.

Oujongvrou ·

Wielspore is heeltemal in die kol. Hierdie regering vaal almal, van die weerlooste word aan hulle eie genade oorgelaat. Net die geld wat verkwis is op n paar gulsige staatsamtenare in die vrystaat se estina gemors kon al n hele paar inrigtings gebou gewees het.

Miekie ·

Baie sterkte aan die familie van die twee seuns. Dit moet baie erg wees.
Ook aan die bestuurder van die motor wat die twee seuns raakgery het, ek weet dit klink nou harteloos maar ek het eenkeer ‘n hond raak gery. Hy is reg onder die kar deur en het weggehardloop maat ek kon vir aande nie slaap nie. Nes ek aan die slaap raak voel ek die motor iets tref. Sterkte vir almal

Veer ·

Dit bly verskriklik hartseer. Rus in vrede lyfies. Ek het net vanoggend my seuntjie by die skool gaan aflaai soos elke oggend. Ek moet soort van om die skool ry om weer op koers werk toe te kom. Ewe skielik kom daar 3 dogters, ek skat hulle 10 of 11 vanuit agter ‘n motor gehardloop reg voor my in. Die ma is by, ek stop gelukkig betyds en gluur die ma aan wat nie eers ‘n oogknip nie, net eenvoudig aanhou stap terwyl die dogters terugkyk met ‘n grin of hulle gesigte. Ek kon dit nie glo nie. As dit my kind was, het ek vir hom ‘n helse pak gegee, sommer net na ons oor die pad sou wees. Oppad werk toe is my gedagtes die heeltyd by, hoe amper ek hulle gestamp het en dankbaarheid dat ek wel betyds kon stop, want sou ek hulle stamp is jy outomaties die skuldige. My kind is amper die helfte jonger as die dogters en hy weet, dat jy by die padpatrollie oor die pad gaan en dan kyk jy nogsteeds of die voertuie wel stilhou. Dis ons plig om vir ons kinders die gevare te leer en en in te dril vir solank as wat dit vat!

Nita ·

Isak wat is jou punt? Omdat die kinders outisties is maak dit die drywer van die motor verkeerd? Ek kan my nie indink hoe vreeslik dit moet wees vir daardie drywer om met so iets saam te leef nie, nog minder die ouers van die seuns. Jou kommentaar is irrelevant & ongevraagd. Sterkte aan almal wat betrokke is by die tragedie.

Dorothy ·

Ek vra net, die kinders is al 2 weke gelede vermis en is op die snelweg deur ‘n motor raakgery. Is die liggaampies langs die pad gelos want nerens in die berig word genoem hoe en wie het hulle gevind nie.

TVDN ·

Rus in vrede julle tweetjies, julle is nou veilig by Jesus, My innige simpatie aan die Ouers.
Outistiese kinders het 24 uur sorg nodig,

Liza ·

Ai dis so hartseer, om dit darm te doen en weg te jaag ek glo dis wat gebeur het is erg……..
Sterkte aan die ouers, en rus saggies julle twee boeties , julle is by Jesus nou en veilig ook….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.