Vermiste sesjarige wreed vermoor

Bontle Mashiyane (Foto: SAPD Mpumalanga)

Klein Bontle Zethu Ditebogo Mashiyane (6) se liggaam is die afgelope naweek gevind. Dié sesjarige dogtertjie het drie weke gelede spoorloos verdwyn terwyl sy saam met maats naby Witrivier in Mpumalanga gespeel het.

Brig. Selvy Mohlala, provinsiale woordvoerder van die polisie, het Maandagoggend aan Maroela Media bevestig dat Bontle se liggaam Saterdag gevind is.

Luidens inligting is Bontle se liggaam in ʼn digte bos sowat twee kilometer van haar huis gevind. Sy was glo vermink.

Drie verdagtes is die naweek in hegtenis geneem in verband met Bontle se moord. Een van die verdagtes is luidens berigte tans uit op borgtog in ʼn hangende verkragtingsaak teen hom. Maroela Media kon dié inligting egter nog nie met Mohlala bevestig nie.

Bontle het op 30 April saam met ander kinders by die huis by Mganduzweni in Masoyi gespeel toe sy vermis geraak het. ’n Soektog is van stapel gestuur en die polisie het aangedui dat ene Collen Hlongwane hulle moontlik kan help in hul ondersoek na die vermiste Bontle.

Die drie verdagtes se identiteit is in die stadium nog nie bekend gemaak nie. Hulle sal verwagting vandag in die Kabokweni-landdroshof verskyn.

Nonhlanhla Ncube-Ndaba, voorsitter van die portefeuljekomitee oor vroue, kinders en persone met gestremdhede, het intussen die moord op klein Bontle veroordeel en sê Suid-Afrika het bekend geword as ’n plek waar vroue en kinders na hul dood gelei word.

“Die komitee veroordeel hierdie gruwelike en grusame moord op hierdie dogtertjie, wat met geslagsgebaseerde geweld verband hou. Dié tipe moorde op vroue en kinders het ongekende en skokkende vlakke bereik.”

Ncube-Ndaba doen nou ’n beroep op die polisie in Witrivier en omliggende areas om alles in die stryd te werp om te verseker dat Bontle se moordenaars swaar gestraf word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Anel ·

Die polisie kan nie hiervoor kwalik geneem word nie, maar wel ons regstelsel. Kriminele wat vir bylae misdade gearesteer word moet borg geweier word. Hier is ‘n dogterjie vermink en vermoor deur een wat alreeds gearesteer was vir verkragting, en borg gekry het!!!! Maar nou ja. Sekere verkragters en moordenaars het meer regte as slagoffers. Jammer vir die familie! So onnodig!!

ES ·

Presies… uit op borg vir verkragting – HOEKOM laat hulle dit toe?

Renier ·

Dis hartseer. Ek hoop die EFF is by die hofsaak en maak geraas.

Marius ·

Daar is groot fout met ons regsstelsel. Hoe word wrede moordenaars en verkragters vrygelaat om maar net aan te gaan met misdaad ? Moet jy nie gemonitor word as jy op parool is nie ? Gewoonlik moet jy ‘n werk hê en jou weë merkbaar verander voordat jou parool voorwaardes nagekom is. Dink nie dit word toegepas nie.

Astrain ·

Die land is siek en verrot tot in die diepste wese, die morele kompas is stukkend!

KatjieDeKat ·

Uit op borgtog om die kans te he om n kind te vermoor!! Dit maak my briesend!!

Andre ·

Wreed vermoor en die gevolge vir die moordenaar(s) is vrye akkomodasie, kos en die opsie om verder in die tronk sy ideaal uit te leef terwyl die meerderheid van mense wat sukkel in hierdie tye op moet dok vir sy menseregte. Dan word daar afgevra waarom mense reg in eie hande neem
Ek het nie woorde om die regering te beskryf nie maar die wiel sal draai

Waarnemer ·

Gee borgtog vir al wat n krimineel is….mooi so ANC julle doen baie goed ……die wereld sien hoe n land geregeer moet word…..

Porseleintjie ·

Hierdie regering is te lig in die broek om wet en orde in Suid Afrika te handhaaf. Hierdie land is n paradys vir misdadigers, want hulle het meer reg as enige slagoffer hier.

Jakes ·

Om die skuim te verhoor sal geen doel dien nie. Handig hulle oor aan die gemeenskap vir vonnis oplegging.

anniekiewiet ·

My kinders trek binne ‘n maand landuit om my kleindogter van 12 maande teen hierdie siek kômmin regering en misdadigers te vrywaar. My hart gaan stukkend van verlange wees, maar ek keer hul glad nie. So huil ek ook vir hierdie kleinding en haar familie.

Perdeby ·

Die ouers moet regshulp kry, en die staat dagvaar, want hulle het iemand vir verkragting op borg laat uitkom, net om weer dieselfde te doen. So hulle moet nou begin “pa” staan vir hierdie foute!

Delia ·

3 verdagtes en 1 sesjarige dogtertjie. Watter veragtelike monsters doen so iets. En kla die staat aan as dit waar is dat een van die verdagtes uit was op borgtog vir verkragting.
Uit ondervinding weet ons mis moordenaars moor weer en verkragters verkrag weer. Geen vonnis hoe swaar ook sal sal sorg vir geregtigheid nie. Die kindjie moes dit nooit oorgekom het nie.

ES ·

Watter tipe mens doen doen dit??

Daar is ‘n spesiale plek in die hel vir kindermoordenaars!

Onnie ·

As jy sien hoe die jeug ( toegelaat word om) aan (te) gaan dan is dit presies die tipe volwassenes wat die skool- en regstelsel besig is om te skep. Ek sidder om te dink hoe die volgende generasie volwassenes gaan wees…. Daar is absoluut geen daadwerklike straf wat jeugdiges daarvan weerhou om krimineel op te tree nie. Hul ouderdom word altyd voorgehou as versagtende omstandighede, maar skep ook die indruk dat hulle kan wegkom met “moord” Ek sien dit elke dag in my werk, daarom is ek nie meer verbaas oor die skokkende artikels wat ek lees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.