Vermiste vierjarige dood gevind

Mia Botha (Foto via Facebook)

Mia Botha, ʼn vierjarige wat Sondag as vermis aangemeld is by die Paarl-Oos-polisiestasie, se liggaam is Maandagmiddag agter ʼn laerskool in die gebied gevind.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die vierjarige is Sondagmiddag omstreeks 16:00 as vermis aangemeld.

“Die omstandighede oor hoe sy verdwyn het, word ondersoek. ʼn Soektog is van stapel gestuur en skoliere by ʼn laerskool het haar liggaam Maandagmiddag in die bosse by die skool se rugbyveld gevind.”

Maroela Media verneem sy is by Nederburg Primêre Skool gevind.

“Sy het beserings aan haar liggaam opgedoen. ʼn Saak van moord word ondersoek,” het Van Wyk bygevoeg.

Enigiemand met meer inligting word versoek om Crime Stop te kontak by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sonblom ·

Liewe genade sy is maar net 4. Watse genot word daaruit geput om so klein kindjie te vermoor? Om enige iemand te vermoor? Siek siek mens wat dit doen.

Yvonne ·

Die mens se boosheid ken geen perke nie….wat se verweer het n kleutertjie….dit skree ten hemele!!!!

Willem ·

Ek is regtig moeg om te lees van vermoorde kinders! Wat op aarde gaan aan in hierdie land? As hulle dié wetter vang moet hulle hom vyftig kilometer die see in vlieg en hom by die helikopter uitsmyt.

madels ·

Bose bose wêreld waarin ons lewe. My hart gaan uit na haar ouers en familie:-(

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.