Vername SA joernalis sterf

Ben Said. (Foto: Facebook)

eNCA het Dinsdag bevestig Ben Said, die kanaal se nuusdirekteur, het Maandagmiddag gesterf terwyl hy saam met sy gesin met vakansie was.

Luidens ʼn verklaring deur die nuuskanaal was Said met vakansie in Mosambiek toe hy verdrink het.

Said het onlangs teruggekeer na Suid-Afrika nadat hy vir TRT World in Turkye gewerk het, en weer by die senior bestuurspan by eNCA aangesluit.

Jeremy Maggs, redakteur van eNCA, het sy skok en hartseer oor Said se dood uitgespreek. “Ben was een van die land se beste televisiejoernaliste en sy dood is ʼn enorme verlies vir die stasie,” het hy gesê.

“Hy het pas weer by die stasie aangesluit en sy teenwoordigheid was reeds duidelik in alle aspekte van die onderneming. Ons is almal diep geskok.”

Said word oorleef deur sy vrou, Nicky, en sy dogters, Lily en Bella.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Lee ·

Dis so sad. Baie sterkte aan sy vrou en dogters en familie. Rus Sag Ben Said

VanAfrika ·

O My genade!!!! Dit is nou skok nuus. Kan onthou hoe hy altyd uitgesaai het met mikrofoon in die hand.

Sterkte aan sy vrou en dogters en RIV Ben Said

Christa ·

So jammer oor die Groot verlies. Al die goeie mense sterf. Sterkte aan familie

Merkur ·

Is eNCA nie die nuuskanaal wat op 23 Augustus vir Ernst Roets oor sy ou vlag tweet uitgetrap het nie? Klink vir my na die Afrikaner se vyand se nuuskanaal.
Ek verstaan in elk geval nie hoekom Ernst Roets homself beskikbaar stel vir so ´n propaganda nuuskanaal nie. Hy moes ten minste opgestaan het en die sogenaamde „onderhoud“ onderbreek het.
(Ek moet erken die „onderhoud“ was die eerste keer wat ek van die nuuskanaal gehoor het.)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.