Verslag oor PPE-bedrog bekendgemaak

(Argieffoto: Vincent Thian/AP)

Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) se verslag oor bedrieglike aankope van persoonlike beskermende toerusting (PPE) deur die regering is Dinsdag bekendgemaak.

Pres. Cyril Ramaphosa het in Julie 2020 toestemming vir die ondersoek van enige misbruik van staatsfondse vir die aankoop van PPE gegee. Sedertdien is 5,467 kontrakte aan 3 066 diensverskaffers ter waarde van R14,3 miljard ondersoek.

Luidens ʼn verklaring deur Ramaphosa se kantoor het die ondersoek bevind dat meer as die helfte van die kontrakte wat aangegaan is (62%) onreëlmatig was. Dit kom neer op R2,1 miljard wat weens korrupsie verlore gegaan het.

Gevolglik is 224 sake vir dissiplinêre optrede teen regeringsbeamptes en 386 sake vir kriminele vervolging verwys. ʼn Verdere R170 miljoen se kontrakte is ook intussen tersyde gestel.

Ramaphosa sê dit is onaanvaarbaar dat so baie kontrakte wat verband hou met die beskerming van menselewens onwettig of bedrieglik was. “Hierdie ondersoek is gemik op individue of entiteite wat gedink het hulle kon voordeel trek uit ʼn oomblik van nasionale kwesbaarheid om hulself te verryk. Die verslag is ʼn belangrike stap in ons stryd teen korrupsie en wanadministrasie.”

Ramaphosa sê hy vertrou die nasionale vervolgingsgesag sal sy goeie oordeel gebruik om te besluit watter persone krimineel vervolg moet word en te sorg dat oortreders verantwoordbaar gehou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Swerwer ·

Almal weet dat dit plaasgevind het want dit is ‘n algemene tendens dat alles deur die ANC geprivatiseer word.

Di ·

Als goed en wel maar daar is hoeveel verslae al vir sake van bedrog maar daar gebeur absoluut niks verder nie. En as ons op die NVG moet vertrou om te besluit watter persone krimineel vervolg moet word praat ons van die volgende 10jaar of meer voordat iets hieraan gedoen sal word! Die NVG is die mees treurigste spul nes die ANC kaders. As sekere private instansies nie KONSTANT in hulle nekke blaas nie, gebeur daar absoluut NIKS. Ek is absoluut seker daarvan dat daar NIKS hiervan gaan kom nie. KOEBAAI aan R2,1 miljard!

Sarel ·

Dot sal weer due Klein Mannetjies wes wat vervolg gazn word induen wel.
Siis dit is SA gaan sal die vervolging jare duur intussen waar is die geld??

Nie Verbaas ·

Jy kan hulle wakker skud maar daar is niks wat jy aan korrupte onbevoegdheid kan doen nie.

Nie Verbaas ·

“Gevolglik is 224 sake vir dissiplinêre optrede teen regeringsbeamptes en 386 sake vir kriminele vervolging verwys”. Hoekom is die 224 nie summer afgedank nie? Dissiplinêre optrede? Wat gaan dit behels? N waarskuwing? Die ANC was nog altyd en sal nog altyd hopeloos bly. Verder blah blah blah Ramaphosa net. Kriminele vervolgings nog n100 jaar terwyl kriminele nog steeds sal aanhou werk in hul poste teen belasting betalers se onkoste.

Perdeby ·

Volgens die arbeidwet kan jy nie iemand sommer net afdank as jy vermoed dat iemand oneerlik was nie. Ongelukkig meot daar ‘n dessipliner gehou word. Die persoon word wel geskors met volle salaris en voordele tot die final verhoor en “out come”

Jacobus ·

Volg nou op met arrestasies, hofsake en tjoekie toe. Tronke gaan nog te klein word!

Kokerboom ·

Die aanwending van GEEN staatsgeld moet aan ANC toevertrou word

Pieter ·

Julle anc kommuniste bly maar net skelm julle sal nooit verander nie.

Anoniem ·

Die ondersoekers en vervolgingsgesag sal alreeds in die hiernamaals wees voordat die eerste oortreder aangekla word, dis hoekom hulle doen wat hulle wil.

Jo ·

Blah blah blah! Mr die President! Jy is net so skelm soos jou comrades!!

Piet ·

Wat is die doel van hierdie tipe ondersoeke as niks dooromtrent gedoen word nie. Net nog geld uit die sisteem.

Jaco ·

Toe ek aan die begin van inperking gesê het dat dié PPE besigheid ‘n grootskaalse kans vir bedrog is, is ek afgeskiet as rassisties en negatief. So hoe dan nou?

Aanhouer ·

Golden Handshakes…. al wat ooit gebeur.
Word geskors met volle betaling eers en die belastingbetalers word gestroop, al die pad!!!

Johanna ·

Dit was due swakste besluit ooit wat Ramaphosa gemaak het om sy amptenare wat reeds so korrup was blindelings te vertrou met die COVID 19 Fondse.
Ek was baie geskok toe dit gebeur het..
Na my mening moet elke Staats Amptenaar opgelei word in Finansiele bestuur. Hulle het almal nie n vaagste idee
Oor hoe om met Staatsgeld om te gaan nie.
“Only fools rush in”. In 1994 was dit presies wat gebeur het. Hulle het onmiddelik die vorige regering se kwitansie boeke wat gekoppel en uitgereik was met Series nommers, ontrek. En Kwitansie boekies by CNA gaan koop. .Elke Jan Rap en sy maat kon geld ontvang.en dit in sy sak druk.
Dit is die goddelike waarheid. Ek was n Asst Direkteur in die Staat en kon die hoë kaders nie stop met hulle absurd idees nie. Ek was ongewild en n probleem vir hulle om voor te stel dat ons eers moet voort gaan met die ou bestel se kwitansie boeke totdat daar nuwe kwitasue boeke gedruk word. Dit was die begin.van n sirkus….
Wat rampspoedig was

Magda ·

ANC MOET VERWYDER WORD, DAN SAL DAAR GEEN KORRUPSIE WEES NIE, SOLANK AS WAT HULLE HUL EIE SAKE ONDERSOEK EN AAN KLAGTE DOEN, SAL NIKS DAARVAN KOM NIE. ALLE KORRUPSIE KLAGTES MOET PRIVAAT ONDERSOEK WORD, MET GEEN POLITIEKE PARTY TEENWOORDIG NIE, DAN GLO EK SAL DIT N EERLIKE EN VOLLEDIGE ONDESOEK WEES EN VERVOLGING VIR DIE SKULDIGES.

Nicki ·

Die kabinet self is korrup, hulle is het ooreenkomste met pharma maatskappye gemaak en toegelaat dat daar ekonomiese bloed vergieting was by die klein tot medium besighede terwyl clicks en dischem en die labs gevees het. Sluit hulle almal op!

Waarnemer ·

Begin by nr 1 self,saam met sy lakei ,kopdoek en hasr seun.8

Fanie ·

En g’n niks gaan gebeur met die senior ANC kaders agter dit nie. Sal miskien ‘n paar juniors weer die “rap” laat vat vir oëverblindery. Heel waarskynlik hulle skors MET volle betaling want dit mos maar hoe hulle dit doen. Tipiese Afrika kultuur, hulle verryk hulself ten koste van die land en sy mense, kyk maar regdeur Afrika.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.