Die VF Plus se reaksie kom na berigte die naweek dat minister Zokwana se beeswagter R800 per maand of sowat R26 per dag verdien. Hy werk glo van Maandae tot Sondae. Sy loon gaan glo aangepas word tot R1 400 per maand.
Dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se woordvoerder oor landbou, sê toe boere in die Wes-Kaap seisoenwerkers R69 per dag betaal het, het Tony Ehrenreich van Cosatu, na hulle as ‘slegte, rassistiese boere’ verwys. “Hoekom is Cosatu en Ehrenreich nou stil? Die feit dat hulle niks sê nie, is bewys van dubbele standaarde omdat hulle net wit boere teiken en altyd uitkryt as sleg.”
“Dit is boere soos Zokwana wat veroorsaak dat mense die indruk kry dat boere hulle plaaswerkers swak betaal en dan veralgemeen wat vêr van die werklikheid is. As minister van landbou stel Zokwana ‘n swak voorbeeld en is hy die boere van Suid-Afrika ‘n verskoning verskuldig,” het Groenewald gesê.
dit is goed gese, bly dat sulke mense soos die VF Plus teen woordig is. Wonder wat is die kometaar nou?
Dr.Groenewald, sou u dit nog gesê het as dr Mulder steeds die adjunk van landbou was? Ek vra maar net want dit was baie stil van VF+ se kant, toe Tina Joemat Petersen se gifpyle die Wes Kaapse boere meedoënloos getref het.
Ja, Dr. Groenewald sou….duidelik weet jy niks van minimum loon af nie. Dit is wat hulle betaal was daai tyd. Word wakker!!