Vicki Momberg se appèlaansoek misluk

Vicki Momberg. (Foto: ANA)

Vicki Momberg se aansoek om verlof tot appèl teen haar skuldigbevinding en vonnis is in die hooggeregshof in Johannesburg van die hand gewys.

Momberg is in Maart 2018 tot drie jaar tronkstraf gevonnis, waarvan ʼn jaar opgeskort is, ná ʼn rassistiese tirade twee jaar tevore. Sy is aan vier klagte van crimen injuria skuldig bevind.

Die hofsaak teen haar spruit uit ʼn voorval in Februarie 2016 toe Momberg ná ʼn rooiligrooftog die polisie geskakel het. Sy het die operateurs en die polisielid wat haar wou help, herhaaldelik die k-woord toegesnou.

Regter Thifhelimbilu Mudau het Vrydag Momberg se borgtog verleng en aan haar verduidelik dat sy 30 dae het om ʼn aansoek om verlof tot appèl by die appèlhof in te dien.

Sou sy versuim om dít te doen, moet sy haar aan die klerk van die hof gaan oorgee om haar vonnis te begin uitdien.

Momberg het haarself in die jongste aansoek verteenwoordig nadat sy vroeër haar sesde regspan afgedank het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

77 Kommentare

Neville ·

VIR MY BLYK DIT DAT SY GEBOELIE WORD DEUR N REGSTELSEL WAT DISFUNKSIONEEL IS

Colleen ·

Presies. Die hele spul aan bewind van die land is disfunksioneel!

Barries ·

Sy was van dag 1 af skuldig. Daar was oorgenoeg bewys daarvan, Sy het tot vandag toe geen berou getoon nie. Sy het haar verskeie regspanne met dieselfde minagting behandel.
Daar was geen fout met die aanvanklike uitspraak nie en appel was net ‘n mors van tyd. Niemand behalwe sy self het gevra vir ‘n appel nie. Watter ander uitslag het sy nou verwag? Niemand word geboelie nie.

Kiepie ·

Barries, 100% (Maroela, waar is die “like” knoppie?) . Vicki Momberg het haarself deur hierdie hele proses van dag een af telke male in die voet geskiet, Geen simpatie met haar nie.

Haan ·

Barries en Kiepie, dit gaan nie oor Momberg se oortreding op sigself nie, maar oor die presedent wat geskep word. More is dit dalk een van julle wat in die beskuldigdebank staan. Sy was verkeerd, maar haar saak word absoluut buite proporsie geruk om gedagtepolisiëring by blankes af te dwing.

@Baries....Ai ·

Vir n rassitiese uitsprake 3 jaar ???Nie n moord dreigement nie of komplot teen die regering nie maar n belaglike woord .Dit is duidelik die Anc wil wys hul sal die vloer vee met die blanke en sy regte, hul is uit om n punt te maak al hoe pateties belaglik?? Hoe de kees werk jy dit uit??? Jy se nooit daai woord as jy kwaad word nie huh???Jy het dit nog nooit gese nie Barries kom wees eerlik??. Hipokrate en nogmaals gebreinspoelde hipokrate maak my broekie vuil oor die doek wat hul oor jul blankes se koppies trek Karakterlose hipokrate julle is as jy vir my se jy het nog nooit daai woord gebruik nie en haar Vicky nou wil kom veroordeel!! Ek hou niks van haar nie maar ek kan sien wat aangaan daar… Maar hond sal hond eet…Broeder Judas sal jou verraai en sy eie uit verkoop ..So is die natuur van die blanke Afrikaner…En die Anc giggel in sy mou vir die Afrikaner…

Maljan ·

In Al my lewe, hoor ek 99/100 daardie woord uit n voorheen benadeeldes se mond kom. Dan veroorsaak dit geen pyn en lyding nie. Kinderagtigheid!

Enna Burger ·

Vriende julle vergeet?? Sy is beroof inbegin en in skok toestand het sy die polisie gebel vir hulp, het sy dit gekry nee. Dan sal ek ook vloek dat die aarde bewe, ons vroue word nog steeds uitgelok sodat jy onskuldig aan jou hare van jou kop polisie selle toe gesleep.groete

Gert van Wierdapark ·

Sy moet miskien by die Speaker ‘n paar wenke kry hoe om vir jare weg te kom oor n ou diere-probleempie naby haar plasie op Potch!

Andre P ·

Barries, Kiepie en ander wat so gou is om hulle uit te spreek oor die vrou. 3 Jaar tronk straf vir die K woord. My skoonseun se moordenaar het 4 jaar gekry, my kleinseun moet sonder ‘n pa grootword. Mense word wakker aseblief as jy wit is, is dit klaar ‘n oortreding.

aj ·

Volksmoord!

Die regstelsel is gekompromiteer!

As daar ‘n INTERNASIONALE regsopsie beskikbaar is moet sy dit eerder volg.

In SA gaan sy geen regverdigheid vind …. omdat sy WIT is.

En dit geld vir die res van die Wittes ook in hierdie DONKER land.

Dries du Toit ·

@Ai. Dit is presies soos jy daar se. Hierdie Hipokratiese skynheiliges sal ook nog daarvoor boet. Ek is al deur my buurman vreeslike dinge genoem wat erger is as die k,, woord. Moet hy nou in die tronk gaan sit daaroor

HM ·

Jip sy word geboelie. Onregverdig. Ons is ook moeg daarvoor vir beledigings.

Lou ·

Dit is waar, maar mens moet darem ook nou nie op jou eie stoep vuil maak en dan verwag iemand anders moet jou kom red nie. Sy het haar 6 de regspan afgedank ??

PJC ·

Solank as wat die howe dieselfde bevindings maak vir dieselfde oortredings en dan dieselfde straf uitdeel vir almal het niemand ń probleem daarmee nie maar baie duidelik is dit nie tans die geval nie.

Hendrik ·

Sy’s wit, daarom word daar ñ voorbeeld van haar gemaak, as dit anders om was, dan was daar nie eens ñ saak geopen nie.

Heksie ·

Sy’s arrogant en moet kry wat haar toekom.

6 regspanne wat pro bono optree jaag sy weg!

As sy dan soveel beter weet as die regsgeleerdes moet sy maar vir haar kry!

Jean ·

Heksie al jul galbraker blanke blinde oë mense hier onder passop jul is blank en in Suid Afrika sal jy as blanke baie baie lig moet loop..Daar is erge dubbelstandaarde en die wiel draai.Jul kraai nou lekker ne maar passop more is jul aan die ontvang kant van miskien n rassitiese nie blanke polisieman of verkeersbeampte en snou hom miskien its toe soos julle daar gewoonlik doen maar net meer skelm sodat niemand dit hoor nie en dan wil julle kom preek soos die tipiese hipokraat….Moet jouself net nie aan die verkeerde kant van daai dubbelstandaard regering kry nie want ons sal dan sien hoe jul reageer op al die onregverdigheid teenoor blankes wanneer jul tyd van aan die ontvang kant kom……

Anon ·

Maar BLF en EFF kry nie wat hulle toe kom nie, doen hulle Heksie? Hoekom moet sy berou toon? Dis in orde as nie-blankes op sosiale media mekaar aanhits oms ons vrouens en kinders te verkrag. Dit is in orde vir dat nie-blankes ons noem net wat hulle wil en géén berou het nie. Maar Vicki Momberg moet berou hê. So verkeerd as wat almal haar woorde vind so braaf is sy om NIE te buig vir die spul smartvrate wat tog só liggeraak deur die k woord is. As die woord swart oor nou ‘n skelnaam word, wonder ek wat ons as wittes moet dat as ons whites en pienkies genoem word. Ek meen regtig, dan kom dit ons seker toe om verkrag en vermoor te word nê?

Johan ·

Ek voel regtig jammer vir haar. Daar is swartes wat BAIE erger dinge kwytraak in die openbaar en openlik haat en geweld teen blankes aanmoedig, maar met hulle gebeur niks. Bloot omdat jy nou ‘n “vreeslike verbode” woord gebruik het (terloops nadat jy sopas die trauma van nog ‘n swart op wit misdaad beleef het), moet jy TRONK toe gaan daarvoor? Dit is ABSURD!

Philip ·

Sy is wit. Kan ons enige iets anders verwag van die korrupte onbevoegde regstelsel. Gerrie Nel moet haar bystaan want hy sal daai klomp vasvat.

Varkie ·

As ek sy is stop ek die appèlery en begin net die vonnis, dis duidelik nie een van hulle gaan haar help nie en sy is net besig met die verlenging van die onvermydelike

piet piet ·

Sy gaan verkeerd te werk sy is nie vertroud met die hof prosesse en ek glo nie sy is n regsgeleerde nie so kry n goeie regspan wat duur gaan wees maar ten minste het sy n goeie kans.

Wie is eintlik die boelie? ·

Hierdie dame is arrogant en onbeskof. Sy is die boelie en die een wat disfunksioneel optree. Niemand boelie haar nie.

Oujongvrou ·

Ek het lanklaas so n arrogante mens teegekom. As regsmense nie met jou kan regkom dan is daar groot fout. Sy moet maar gaan sit en 48 keer haarself vloek. Want dis hoeveel keer sy in die openbaar n ander sleggese het. Ons word almal kwaad, en dan sou een of twee keer seker verskoon geword het. Maar wraggies. En soos jy se Barries, tot vandag nie verskoning gevra nie

Hb ·

Ek stem saam met jou. Ek word ook vreeslik kwaad en eks maar kort van draad, maar ek hou my maar in, en dit verg baie energie om mysself in te hou. Maar ek doen dit en ek passop wat ek se. Ons weet mos nou by hierdie tyd hoe dinge verander het. So as die mense inni openbaar “verbode” dinge se en dit ook op sosiale media sit dan mut hulle maar di gevolge dra. Alles is onregverdig. Ons weet dit. Deal with it

Francois ·

Sommige mense probeer hierdie dame se onbeskaafde gedrag en houding goedpraat/verdedig en/of regverdig. Maar as ‘n mens ander mense met disrespek behandel gaan jy ook met disrespek behandel word. Hierdie lewe is niks aan enige iemand verskuldig nie, verwaandheid en arrogansie strek geensins tot jou voordeel nie. Veral nie as jy in ‘n situasie is soos waarin sy is nie, wat sy oor haarself gebring het. Sy moet bietjie aan die welstand van haar eie mense en familie ook dink wat deur hierdie onaangename situasie geraak word.

Anon ·

Niemand praat dit goed nie, dit is waar jy die fout maak. Wat wel nodig is om gesê te word is wanneer word die nie-blankes tronkstrawwe opgelê vir hulle blatant arrogante belediging van blankes? Die blote feit dat jy dit goedkeur dat sy vervolg word en jy góéd weet dat daar nie-blankes is wat herhaaldelik, sonder berou erger dinge kwytraak laat my wonder wat jý van respek weet.

Cherokee ·

Francois, net soos Anon bevraagteken ek ook jou motiewe. Liberalisme ten spyt, hulle sien ook op julle neer.

Geregtigheid ·

So hoekom betaal Agrizzi net n boete en loop dan vry weg…. Nou moet daar van n vrou wat in n lewensgevaarlike posisie was wat en heel moontlik buite haarself was ten tye van die traumaties rooftog n krimineel gemaak word. Regtig. Gee die vrou n boete of gemeenskapsdiens. Hoekom n krimineel van iemand prober maak wat nie een is nie. Regtig.

Yvette ·

Francois ek stem saam. Grootste probleem in hierdie land is die gebrek aan respek. As ons almal net respek kan toon Sal Als beter gaan. Maar mense toon net geen respek Meer nie. Maak nie saak Wie of wat skuldig is of wat in land aangaan ons moet almal respek aanleer. Dis n totale gebrek aan respek van alle kante Wat AL hierdie probleme veroorsaak.

Marita ·

Hierdie dame is arrogant en nie onskuldig nie. Sy kom met niemand reg nie.

Koos de Meyer. ·

Die wat op die wal staan het gewoonlik die grootste monde. Hoekom is daar altyd mense wat ander afkraak en kritiseer.

Vicky dink asseblief oor jou toekoms ·

Hierdie vrou is arrogant en onbeskof en sy dink of glo seker die leuen dat haar velkleur haar meer spesiaal of superieur as ander mense maak. Sy moet eerder probeer aangaan met die lewe. Sy is nog redelik jonk en kan na hierdie petalje verby is nog ‘n positiewe, gelukkige en vol lewe hê maar dit hang van haarself af. As sy haar nare houding verander en berou toon sal menige gebalanseerde en gematigde mens van watter velkleur watookal haar vergewe en selfs ook ondersteun.

anton ·

Hierdie land is so in sy maai in!!!
Ek kan haar punt verstaan wat haar regspan/ne betref.
Daar is deesdae baie onbevoegde prokureers en dit is gewoontelik hulle wat jou bystaan as jy nie n goeie prokureer kan bekostig nie.
Mense wat dink alle prokureers is goed, weet duidelik niks.

Ai ·

Waar in jou lewe sien jy jy word in tronk gegooi vir drie jaar omdat jy n belediggende woord gebruik??? Regtig mense…Kan jul nie sien hoe belaglik dit is nie!!! Dit was woorde wat sny maar jy kan dit nie vergelyk met verkragting,of molestering of diefstal nie of moord nie.N boete is dit dan moet maar tronkstraf????n party lande is dit n reg van spraak… Kyk ek hou nie van haar of haar keuse van woorde nie maar tronkstraf en dit terwyl malema en kie mag se maak dood die blanke diewe en vry loop…Jul kyk verby die onregverdigheid en dubbelstandaarde mense word wakker more is dit julle blankes…

Johann M van Heerden ·

Ek dink sy was verkeerd. Jaar DRIE jaar tronkstraf. En wat van die amptenare en EFF se uitsprake. Dit is nag donker vir ons mense in die land.

johan ·

Ek kan nie glo wat so nonsend party mense praat nie.Geen wonder ons blankes is waar ons is nie.

Elvira ·

Baie ander het dieselfde gese, maar geld praat. Ek skud maar net my kop oor hoe dit in hierdie land gaan.

Michael P ·

Kan iemand my se waar is die kriminele wat haar geroof het?

Anoniem ·

Ek dink sy is bitter onregverdig gestraf. Sy het nie tronkstraf verdien nie. Hoekom kon sy nie ook boete betaal het of gemeenskapsdiens gedoen het nie?
Al daai swart mense wat blankes so vloek en se hulle gaan ons vermoor – waar is hulle tronkstraf????

Rassisme is verkeerd ·

En dit is presies waraan sy haarself skuldig gemaak het sonder enige berou of verskoning. Maar sy hou vol met haar arrogansie en onbeskoftheid, wat haar nie sal of gaan help nie. Jou velkleur maak jou nie meer spesiaal as ander mense nie . Inteendeel.

Ai.. ·

Ja en ek lees en ek kan sien hoekom die Afrikaner verdoem is in Suid Afrika..Dat die Anc jul so verblind en aan julle se neuse lui en julle skree vir nog meer…Ek meen wie hou van n rassis maar sien net wat aan die gaan is! Die blankes word so Anc gekondisioneer dat julle lafhartig raak en begin ja baas nee baas se en self rassities gehanteer word en al so na die Anc se pype dans sonder jul weet wat rondom jul aangaan…Mooi mense mooi man ek wil vir julle net se sterkte daar..

sweis ·

Rasisme is verkeerd sê jy daar is wette in SA wat diskrimineer teen witmense soos die swart bemagtiging en BEE en kwotas in sport en dit is gebaseer op velkleur wat sal jy dit noem.

Haan ·

Sy was verkeerd. Ja, sy is onbeskof. Ensovoorts ensovoorts. Maar sien julle nie dat haar saak n presedent skep nie? Klomp leunstoel-regters hier wat nie die vaagste benul het wat die implikasies van tronkstraf vir WOORDE inhou nie.

ZAR ·

Haan ek is stomgeslaan oor ‘n paar kommentare hier. Wie in hul regte verstand sal glo dat woorde 3 jaar tronkstraf verdien. Die mense is mal! Haan, ons sal maar moet red wat nog te redde is, want ek sou nooit kon glo dat mense dit sal goedkeur nie.

My mening ·

Maar die “voorheen benadeeldes” kan sê en doen net wat hulle wil en daar kom niks van nie.

sweis ·

En die huidige benaadeelde minderhede moet dit net aanvaar bedoel jy.

GM ·

Of sy nou reg of verkeerd was met haar optrede, is irrelevant. Dit gaan hier oor velkleur. As anderskleuriges sê ons kinders moet as bemesting gebruik word en die vroue en kinders moet verkrag word ens., dan kan hul net om verskoning vra en als is vergete (en hoeveel aanvalle/ moorde vind nie gewoonlik plaas na so ‘n uitspraak nie?). Maar vir ‘n woord, moet dié vrou nou in die tronk gaan sit en ‘n boete betaal. Ek keur glad nie haar gedrag goed nie, maar wat goed is vir die een, is goed vir die ander.

Honourable member ·

Hierdie vrou word so gejag maar swartes kan praat soos hulle wil.

Foxi ·

Man….sy vat nie nonsens nie! As die regsgeleerdes nie hul werk kan reg doen nie, wel…dan moet hulle skoert. Hoekom bekhou? Sy veg seker vir oorlewing. Net soos sy het ons almal nou net genoeg gehad. Ek is nie n ‘fan’ van haar nie, maar ek dink ek verstaan nou hoekom sy so optree. Sy is onregverdig behandel en ek sal miskien ook so opgetree het oor onregverdigheid! Sy is kwaad en sy gaan nie dit daar los nie. Wat van die klomp skurke wat net met n ‘sorry’wegkom? Nee wat Vicki, moenie gaan lê nie!

hanlie ·

Ek is eintlik te bank om iets te se, want se jy iets is jy ‘n rassis. Hoekom is die “K-word” verban maar die EFF mag ons “White Bastards” noem? Daai kloutjie by die oor kry ek nie.

Hello ·

Vicky voel Virseker baie kwaad, alleen en eensaam. Ek sal haar nie oordeel nie, die hof sal net soos die hof ook vir Steve sal oordeel! Plaas het sy hulle kaders genoem, dan sou niks gebeur het nie!

Cherokee ·

Miskien is dit juis wat sy gesê het en met opset verkeerd gehoor.

Koos ·

Ek het nie geweet “rassisme” is ‘n gedefinieerde of strafbare oortreding in terme van die strafproseswette nie, nog minder dat die k-woord as ‘n spesifieke oortreding genoem word in enige wetgewing nie. So dis waarom ek wonder op watter gronde die hof haar optrede as ‘n misdaad beskou en dan volgens welke skedule of jurisdiksie is sy tronkstraf opgelê.
Wanneer ek so kyk na die regters en landdroste se name, dan wil dit my voorkom asof daar dalk persoonlike vooroordeel en selfs wraakneming betrokke is by die uitspraak, net soos in die geval van die Lichtenburg”moord” en daai doodskis saak met die kamtige “poging tot moord” bevinding

ZAR ·

Jinne Koos, kan jy glo daar is mense op hierdie kommentaar wat glo dis reg? Ek kan dit werklik nie glo nie. Hoe sit jy iemand in die tronk vir woorde? Nou is hier mense wat sê sy’s ‘n vieslike mens en verdien die straf. As die mense tronk toe moet gaan vir woorde en oordat hulle onaangename mense is, dan was daar niemand op aarde vry nie.
Dis belaglik. Ek stem saam met jou oor die Lichtenburg en doodskis sake. Hiérdie is die maniere wat gebruik word om witmense bang te maak sodat hulle nie in opstand kom nie.

wet ·

ja, as die doodskis storie poging tot moord was dan moet daar baie studente met kriminele rekords sit as mens in ag neem wat hulle aan die 1st jaar studente gedoen het

aj ·

Vicky Momberg was in ‘n staat van histerie nadat sy beroof is … en het in haar histeriese toestand die k woord herhaaldelik in magtelose woede uitgegil.

Die polisieman wat die ‘histeriese uitbarsting’ aangehoor het moes PROFESSIONEEL oogetree het deur Vicky te kalmeer! Sy opleiding en ervaring behoort hom in staat te stel om histeriese mense te hanteer.

In plaas daarvan om Vicky te verwys na ‘n berader misbruik die polisieman ‘n histeriese roofslagoffer se uitbarsting om SY EIE PERSOONLIKE SWART AGENDA te bevorder.

Die hof amptenare doen dieselfde as die Swart polisieman.

Hulle misbruik ‘n weerlose roofslagoffer (Vicky) se histeriese uitbarsting om hulle persoonlike EN KOLLEKTIEWE rasse agenda te bevorder.

Geen professionele diskresie te bespeur by die SWART polisieman en regsamptenare nie.

Net rassehaat en wrede vergelding vir ‘vermeende’ onreg!

Gaitsigubib ·

….. en bo steun die mense die staat in sy wraaksugtige waansin. Ek slaan my hande saam in ongeloof!

CHAPPIES ·

Hou maar eeeerder jou mondtjie en jou ou humeurtjie intoom…ini nuwe SA…so nie gaan jy boet ini tjoekie..

Keelvol ·

Ek was ook toe gesluit en in die hof omdat sekere persone kom moeilikheid maak by my huis en ek myself verdedig, en na 8 maande sê die staats aanklaer ek moet hulle betaal en toe ek weier word ek gewaarsku die judge is rasisties.?????

Adam ·

Momberg het haarself aan ‘n misdryf skuldig gemaak, maar haar vonnis is onvanpas. Dit is duidelik nie ‘n geval van “the punishment must fit the crime” nie. Nog meer ontstellend is die feit dat die reg nie konsekwent toegepas word nie en selfs meer onstellend is die versuim om vervolgings in te stel teen mense wat hulself aan dieselfde vergrype skuldig maak. Dit is hoog tyd dat die SAPD, die NVG en die regbank regspleging op ‘n konsekwente wyse toepas.

nic ·

dit bly maar n feit swartmense kan blankes noem wat hulle wil maar andersom maak dit nie saak nie . sterkte vicky

A ·

Om die k woord 48 keer te gebruik is ook bietjie oordoen al is jou hoe kwaad. Almal weet as jy wit is gaan jy geteiken word.

Zyvetto ·

Vicky was tog in skok. Sy is pas beroof en niemand het haar gehelp nie, veral nie die wat betaal word om dit te doen nie. Wanneer ñ persoon in skok is, word ñ klomp adrenalien afgeskei en reageer sy instinkmatig, sonder om te dink. Dit is waarom jy oor ñ hoë heining kan spring; indien sy op daardie oomblik kon dink, sou sy tog nooit nog ñ woord wat deur gedagtepolisiëring verbied word, gebruik nie. Sy is dalk styf van rug, maar beslis nie dom nie.

m.d.r. ·

Dit gaan eintlik hier oor die K…woord. Kwetsend ,ja……maar die gevolge is hoogstens ‘n gekweste ego.
Daar is egter ‘n ander K..woord wat deurentyd deur die Swartes se haat brigade gebruik word. Dit is die woord Kill….kill the boer, kill all whites ens. Dat dit aanhitsing tot die ergste misdaad –die neem van ‘n lewe—denkbaar is . Hoe vergelyk dit met die K–woord van iemand soos Vicky Momberg…? En laat ons nooit vergeet nie….die gevolge van die die Kill woord is deurentyd swart-op-wit geweld……!

Gaitsigubib ·

Kiepie, Barries, Heksie, Marita, ens, ek dink julle behoort julle te skaam wanneer julle Vicky Momberg en geregtigheid in een sin wil gebruik. Skuldig was sy wel, maar van geregtigheid was daar geen sprake nie. Hierdie vrou was n rekord hoe (reeds oordrewe) boete opgele maar volgens julle was dit nie genoeg nie. Ek bevraagteken jul oordeelsvermoe.

Dries du Toit ·

Die grootste tragedie is hierdie mense wat nou vir Vicky so vervloek. Dit is hierdie selfde mense wat die k. Woord gebruik as n taxie voor hulle inry

ANC ·

Geniet die tronk Vicky, hopelik leer ander uit jou foute. Ons duld nie meer daardie woorde! HOORT IN DIE PAST SAAM APARTHEID!

ANC ·

Ek en my volk! Die eienaars van Afrika, sluit jouself in of uit. Ons verneder nie mense, of klassifiseer nie mense op grond van kleur nie. Dis hopeloos te ver onder MY!

Jerry ·

Een van die kommentators se dat die vervolging van Vicky daarop gemik is om witmense bang te maak om in opstand te kom. Ek dink dit is dalk reeds die geval want daar is niemand wat haar in die saak of by die hof ondersteun nie, ook nie Steve, Afriforum, Solidariteit of VF nie, duidelik is hulle ook of bang of niemand wil hulself met die k-woord of met rassisme assosieer nie en indien dit die geval is dan moet witmense vinnig begin besef dat die streep getrek is en dat bekgeveg konflikte ten alle tye vermy behoort te word, want se jy iets verkeerds soos Steve of iets rassisties soos Vicky, dan is jy op jou eie! Ons is dus of bang, of eweskielik almal anti-rassisties, terwyl jy wie nie n wag voor jou mond wil plaas nie, op jou eie is! Soos Steve se, “sit dit nou in julle pyp en rook dit”!

Cherokee ·

Jerry, ek het jou kommentaar deur al my filters gestuur en ieder en elk kom positief terug. Ek hou van wat jy skryf en dit is verdomp raak gesê. Jy kon dit gezip het onder die naam ‘watchout’ maar ek hou van wat jy sê en hoe jy dit sê. Ek laaik natuurlik nie die realisme daar ìn nie maar ek laaik steeds jou realistiese skrywe. Wat beteken dit? Wel, vir die oomblik, slegs dit: Die wiel het gedraai!

Gaitsigubib ·

Nee daar is jy sowaar in die kol Jerry, as jy se jy bevind jou op jou eie in so ‘n geval. Niemand wil betoog nie want in beginsel sal selfs ‘n wit wolf nie kan stry dat sy wel skuldig is aan crimen injuria. In ‘n land waar die wet nie saam met die riool water uitgesmyt word nie sou mens natuurlik, ter versagting, haar situasie in ag geneem het. Die groot probleem hier is die miskraam van geregtigheid wat hom hier afspeel in terme van die straf. Selfs die president mag se “gryp n masjiengeweer en skiet die boere dood want hulle is verkragters” en daar word nie ‘n woord gerep nie ( ANC hier het ook niks daaroor tese nie -uiteraard). Volgens wet moet jy binne n gegewe raamwerk straf uitdeel. Waar is hierdie raamwerk, of kan ANC dalk vir ons lig daarop werp? Daar is geen wetgewing of straf in plek teen rassisme nie. Word mens in die piesang republiek eers gestraf en dan word die wet geskryf? Blykbaar ja.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.