Die N3 naby Mooirivier in KwaZulu-Natal is Donderdagoggend gesluit nadat sewe vragmotors vroegoggend op dié pad deur betogers aan die brand gesteek is.
Zinhle Mngomezulu, provinsiale verkeerswoordvoerder van KwaZulu-Natal, het gesê verkeer hoop op in albei rigtings nadat vyf vragmotors in die verkeersbaan in die rigting van Johannesburg aan die brand gesteek is en twee in die teenoorgestelde baan in die rigting van Durban.
“Verkeer word na die R103 herlei,” het Mngomezulu gesê.
Lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die betoging het kort na middernag opgevlam.
Zwane het verduidelik ʼn groep mense het die bestuurders van dié vragmotors aangesê om uit hul voertuie te klim waarna hulle die vragmotors aan die brand gesteek het en toe vort is. “Die pad is nog in albei rigtings gesluit,” het Zwane bevestig.
Volgens Zwane is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en ʼn saak van openbare geweld is by die Mooirivier-polisiestasie aanhangig gemaak.
Die polisie was op die toneel.
Dié geval is nie die eerste van sy soort naby die besige Mooirivier-tolplaza op die N3 nie. Gewelddadige betogings vlam gereeld in dié area op met die onlangste voorval wat die afgelope Sondag aangemeld is.
In Mei verlede jaar is 32 vragmotors op dié pad aan die brand gesteek en nog ander geplunder.
https://youtu.be/V_8cxwK5Dbs
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
38 Kommentare
Nog ‘n vreedsame flippen betoging. En die polisie staan seker en kyk….
Anargie
Waar is Wet en Orde ??
Dit is tyd dat die mense wat enige iets brand of plunder tydens betogings in die tronk gegooi word! Dit is ‘n gewoonteg wat onmiddellik in die kiem gesmoor word! Dit is onaanvaarbaar!
Gedagtig aan n klousule in die GRONDWET dat ek myself, my geliefdes en my eiendom mag beskerm, wil ek graag weet !
Watter optrede mag ek volg wanneer ONWETTIGE OPTREDE soos brandstigting gedurende n wettige of dalk n ongemagtigde betoging betogers dreig om my eiendom te beskadig, wil beskerm?
Kan iemand my van n antwoord voorsien asseblief.