[Video] Baba uit puttoilet gered

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn Vrou is in hegtenis geneem nadat ʼn pasgebore baba Sondag uit ʼn puttoilet naby Louis Trichardt in Limpopo gehaal is.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê een van die inwoners van die Nthabiseng informele nedersetting het die babadogtertjie in die puttoilet hoor huil en die polisie ontbied. “Die polisie het paramedici na die toneel ontbied, terwyl hulle die babatjie gered het,” het Otto gesê.

“Die baba is na die Botlokwa-hospitaal in Polokwane geneem en sterk tans goed aan.” Die ma (44) is tans ook in die hospitaal onder polisiebewaking. Sy sal in die hof verskyn sodra sy uit die hospitaal ontslaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

7 Kommentare

Jo ·

Sluit haar toe en gooi die sleutel weg. Sy verdien nie n lewe nie. Daar is soveel vrouens wat graag n babatjie wil hê en nie een kan kry nie. Sies!!!!!

Ek ·

Soveel mense wat nie kan kinders kry nie… Dan doen ander wat wel kan dit! Dis n skande!

Heidi ·

Kan ons nie die babatjie aanneem?? Ons wat nie kan kinders he, soek so graag ‘n babatjie om lief te he!! En mense wat hulle kan kry, soek hulle nie!:(

Bella ·

En wat gaan die hof doen? Hoor baie sulke strories maar hoor nooit wat van die moeders word nie! Wat is hulle straf vir kinders weggooi?

BoereBikerBaby ·

Ai hoe kan mens die hart he om so iets te doen! Los die kind eerder voor iemand se voordeur as om dit te doen. Flippen onmenslik! Ek sal dit nie eens aan diere doen nie!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.