Video: BLF-leier herhaal rassistiese uitlatings buite hof

Andile Mngxitama, leier van die BLF, buite die hof.

Andile Mngxitama, leier van die BLF, het vanoggend verskeie rassistiese uitlatings buite die gelykheidshof in Johannesburg gemaak waar ’n haatspraaksaak teen hom moes begin.

Mngxitama se regspan het uit die staanspoor laat blyk dat hulle nie gereed is om met die saak voort te gaan nie.

’n Kwessie oor media-instansies wat nie ’n behoorlike proses gevolg het om aansoek te doen om die hofverrigtinge te mag verfilm en uit te saai nie, asook in gebreke gebly het om die partye van hul aansoek in te lig, het ná ’n meer as twee uur lange gesloer daartoe gelei dat die saak tot 18 en 20 September uitgestel is.

Landdros Nishani Beharie het ingestem dat daar nie met die verrigtinge voortgegaan word nie sodat die media die regte aansoekproses kan volg.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het in Desember 2018 klagte teen Mngxitama ingedien nadat hy in ’n toespraak in Potchefstroom moord op wit mense aangehits het.

Hy het toe onder meer gesê: “We’ll kill their children. We’ll kill their women. We’ll kill anything that we find on our way … We’ll kill their dogs. We’ll kill their cats. We’ll kill anything that comes before us.”

Mngxitama het buite die hof gesê hy het die uitlatings gemaak in reaksie op ’n toespraak van die sakeman Johann Rupert. Mngxitama het toe aangevoer dat sy organisasie (BLF) vyf wit mense sal vermoor elke keer dat ’n swart mens in Suid-Afrika vermoor word.

Hy het dié uitlating vandag herhaal en ’n skreiende aanval op wit mense, boere, die Ruperts en Oppenheimers gedoen. Hy het AfriForum daarvan beskuldig dat die organisasie apartheid verdedig en gesê hulle is Hollanders en gronddiewe wat nie in die land hoort nie.

Hy het buite die hof gesê die plek “ruik na Holland” en soos ’n “Boerestad”.

Ernst Roets buite die hof.

Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie, wat tydens dié hofsaak as ’n deskundige getuie sal getuig, het met verwysing na Mngxitama se uitbarsting en haatspraak buite die hof gesê dit is presies daarom dat AfriForum die hofaansoek teen hom ingedien het sodat hy uiteindelik tot verantwoording geroep kan word.

Solidariteit se saak teen die BLF se rassistiese en hardvogtige uitlatings oor die slagoffers van Hoërskool Driehoek word intussen môre in die Johannesburgse hooggeregshof, wat in hierdie saak as die gelykheidshof optree, aangehoor. Volledige argumente van albei partye sal aangehoor word.

Solidariteit het op 14 Februarie 2019 ’n klag by die SAPD asook by die gelykheidshof teen die BLF-woordvoerder, Lindsay Maasdorp, aanhangig gemaak nadat hy die dood van vier leerders in die Driehoek-skoolramp gevier en wesenlik gesê het dié tragedie is ’n gepaste straf vir wit mense en hul kinders.

Volgens Anton van der Bijl, hoof van arbeidsregsdienste by Solidariteit, het Mngxitama in sy eedsverklaring aangevoer dat Maasdorp se uitlating beskou moet word in die lig van die pyn wat swart mense daagliks beleef weens die voordeel wat elke wit mens op grond van kolonialisme ontvang het.

“Dit is hoog tyd dat die gemaklike verweer dat swart mense nie rassiste kan wees nie die nekslag toegedien word. Maasdorp en Mngxitama sal vinnig die teendeel besef, en ons glo hulle sal die volle mag van die gereg voel,” het Van der Bijl gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

lee ·

Draai hom met die Oranje-blanje-blou toe wat nou verban is –
Dis mos seer!
Teistering
Is hy UNTOUCHABLE of wat ?
Skande !!

Hendrina ·

Vir sy uitlatings teen witmense moet hy ten minste lewenslank tronk toe gaan. Penny Sparrow het n stywe boete gekry oor uitlatings dat duisende swartmense op die strand soos ape is. n Ander wit dame (kan nie naam onthou nie) het tronkstraf gekry vir gebruik van die d k-woord.

Rina Wenhold ·

Hy behoort lewenslank agter tralies, ook vir aanhitsing wat lei tot plaasmoorde
As dit ‘n blanke persoon was, wat sou die uitslag dan wees? Is die regter retig bevoeg? Aan wie se kant is hy, moord en doodslag of gelykheid of diskriminasie?

Koos B ·

As ‘n blanke sulke uitlatings gemaak het was die persoon toegesluit en ‘n ma se boete gevonnis.Hierdie perd kan maak net wat hy wil en hy sal niks oorkom nie.Hulle is nie eens ‘n politieke party nie maar was op die stem briewe .

Pensioenaris ·

En so stoom hy voort en saai al hoe meer haat. Is dit nie haatspraak hierdie nie? Dubbele standaarde by uitstek….

Jerry ·

Hierdie perd van n ander kleur het die keuse gemaak om n slagoffer te wees van sy eie boosheid! Afriforum moet nie swart rassiste aankla en daardeur vir hulle media dekking gee nie. Afriforum moet die MRK en Mandela stigting aankla wie versuim om teen swart rassiste op te tree. Ontbloot hierdie organisasies se rasgedrewe diskriminerende motiewe en brandmerk hulle as ongeloofwaardig en afhanklik van rasgedrewe ANC agenda teen witmense. Dit is dieselfde soos wanneer die polisie versuim om teen die BLF op te tree wanneer die BLF die wet oortree, dan maak jy n saak teen die minister van polisie!

EBG ·

God se woord se ons stryd is nie teen vlees en bloed nie maar teen die die owerhede teen die magte teen die wereldheersers van duisternis van die eeu teen die bose geeste in die lug
Geen wonder die ou vlag en volkslied is verban nie dit was tot eer van God !!!???
Ons nuwe volkslied roep voorvader geeste op en gee geeste eer
Rerig ons moet bid en God se hulp vra
Die bybel se tog al die dinge vir ons
Onnodig om opgewerk te raak oor uitlatings daar uitlatings aan beide kante
Bid dat God ons vergewe ons sal genadig wees en ons red van die bose dinge

Susan vl ·

Sluit hom op… beboet hom… hys uitdagend en handhaaf geen respek vir ons …..

Nic du Plessis ·

Die rassis kan sulke uitlatings maak omdat hy staan vir SLEGS swart ondersteuners (lede), maar sou iemand wat wit is durf sulke uitsprake maak, was hy vandag toegesluit, maar nou ja, so bou ons nasie….

Bettie van Aswegen ·

Afriforum moet ‘n verklaring uitreik dat hulle nie weer enige saak hof toe gaan sleep teen “haatspraak, apartheid bewerings ens nie.
Witmense is nie so kleinsielig oor sulke nuttelose opruiende toesprake (wat altyd in Engels gedoen word sodat almal kan verstaan) soos wat swartes is oor die k-woord nie. Beweeg aan, spandeer daardie geld om die boere en werkers toe te rus met koeëlvaste baadjies, selfverdediging en beveilig liewers ons plase. Kry rommeltuie om die drade te patroleer, en huise te beveilig.
Wat die vlag aanbetref, jammer ek het geen sentiment daaraan, want die Union Jack is ook teen ons wense daarop aangebring. Selfs die volkslied kan hulle met liefde die Afrikaanse gedeelte uithaal, want dan kan ons uit trotse volle bors na elke vertoning die STEM SING! LOS NET ONS SPRINGBOK UIT!!

De Villiers ·

Jy kan nie hierdie tipe ouens net los sodat hulle kan aanhou met hulle opruiende uitsprake nie. Dan lyk dit of ons skuld erken. Die volgende wat jy dan sien, is iets soos volksmoord. Nee wat, vat hulle aan, laat hulle betaal en gebruik daardie fondse om sake soos grondonteiening sonder vergoeding teen te staan.

Joke! ·

Hul gaan die blankes stuk vir stuk uit die geskiedenis boeke in Suid Afrika haal insluitend jou geliefste Bok wat alreeds af gegly het na die ander kant..

CB ·

Hoekom word daar nog onderhoude aan hom toegestaan? Hy word aangehuts deur die media. Bell Pottinger tegniek!

Philip ·

Man sal ek daarvan hou as iemand hom uit die samelewing kan verwyder. Hy is ongeletterd, arrogant en en en…. Weereens sal die reg stelsel in hierdie land tot sy redding kom soos ons SA vlag, wat ons op trots is, nou van ons ontneem is in die openbaar maar in ons huise bly dit ons trots.

Vra maar net ·

Bla bla bla bla en ja daar klim hy alweer op sy donkie,shame en meeste wit mense glo wat hy sê,mense hy het meer blaf as byt meer bek as binnegoed goed,as hy alleen is is hy so maklik soos ‘n lammetjie maar sy bek is groot nou want sy aanhitsers is saam met hom sonder hulle is hy niks en in elkgeval hulle is so min dit is ni eers nodig om van hom notisie te neem ni hy soek net sensasie

Francois ·

Moenie tyd mors met Andile nie. Daar is baaaie belangriker goed; soos daai verskriklike oranje, blanje, blou lap (mag hom seker nie meer ‘n vlag noem nie)…

leser ·

ek het nog nie eers die laaste r van die k woord gese nie dan is ek toegesluit, wat gaan aan met die polisie, regstelsel, is hulle te ruggraatloos om so iemand in die tronk te kry
slapg.t as jy hulle wil noem

Emma ·

Ek wil nie langer in sy gesig vaskyk nie.Opstoker en rassis

Opstoker en rassis

Hannes ·

Kyk het arme Steve deur geloop wat volgende is hy verhewe bo die wet

Sarie ·

Jy is volkome korrek CB, maar die “media” hou nie van my kommentaar nie, omdat dit die waarheid is, en word summier verwyder. Vryheid van spraak is dus net vir sekere mense beskore!

Koos de Meyer. ·

Hoe sê die spreekwoord, give him rope he will hang himself. Hy is in elk geval te groot vir sy skoene.

Johnny ·

Hi shame hoe skrik ek vir sy tantrom arme onvolwasse mannekie laat my lag onopgevoed

EBG ·

God se woord se ons stryd is nie teen vlees en bloed nie maar teen die die owerhede teen die magte teen die wereldheersers van duisternis van die eeu teen die bose geeste in die lug
Geen wonder die ou vlag en volkslied is verban nie dit was tot eer van God !!!???
Ons nuwe volkslied roep voorvader geeste op en gee geeste eer
Rerig ons moet bid en God se hulp vra
Die bybel se tog al die dinge vir ons
Onnodig om opgewerk te raak oor uitlatings daar uitlatings aan beide kante
Bid dat God ons vergewe ons sal genadig wees en ons red van die bose dinge

Johann cb ·

Hy moet eenvoudig dieselfde strafregtelike gevolge dra as ander rassistiese oortreders voor hom! Hoekom ‘n uitsondering maak?

Karlahari ·

Snaaks die mannetjie dra Europese klere en nie n stert riem nie…..

Liendempers ·

Kalahari, ek stem. Dis vir my amazing dat alles van die “colonialism” nie sleg is nie. Huise, motors, klere ens word vryelik gebruik. Ek sien nie dat hy in n modderhut bly en donkiekar ry nie? Net so met die troues. Spierwit rokke, koeke, ens. Dit is mos colonial of hoe? Hoekom is net sekere dinge onaanvaarbaar? Dit is so lagwekkend. Ek het vandag in my kantoor gesê na n insident gister, feit van die saak bly staan. As jy wit gebore is, is jy wit. As jy swart gebore is, is jy swart. Jy kan op jou kop staan en Tom Dooley deur jou gai fluit, dit gaan nooit verander nie. Punt.

Stonk ·

En….
Hy praat die taal van die Queen of apartheid.

Hy laat my dink aan wat bly in die bees kraal agter …nadat die beeste uitgelaat is

Koos ·

Wat die ergste is die sg leiers se dom volgelinge glo hulle en doen wat hulle sê.

Meisie ·

Sug… Ag ou Andile… jy is soooo yesterday…. soek tog net ‘n bietjie aandag na jou verkiesingsflater. Bly om te hoor dit ruik darem vir jou na Holland en nie na ‘n Afrika stad, dan is daar nog hoop!

Gert van Wierdapark ·

Die outjie van die Bfl moet sy goedjies vat en sjoe-sjoe na sy “backers” toe!!! Ons moenie bollie van kabouters vat nie!!! Finish en Klaar!

JohanR ·

Dink net….as Steve more ‘n nuwe CD uitbring, is hy vroeg volgende week bo aan die treffers parade, en die geld rol in. Weet jy miskien Hannes waar Steve se volgende konsert is? Ek will soe graag weer na die volle gesingde Stem luister.

Nick ·

Jis as ek darm maar hier lees het ons n paar tawwe tienies wat net kan tjank maar het geen byt nie, andile sit ons ore aan lol!!!!!

JR ·

Geld wat stom is maak alles reg wat krom is seker omkoop geld wat hom uit die tronk hou

Piet kokewiet ·

Hy kan mar die land vat mar dan moet hy reel dat elke wit mens in n ane land gan bly

Michelle ·

Hy soek baie aandag en hy gaan dit eendag kry. Hy voel klein en ‘n nikswerd het ‘n identiteitskrisis.

madels ·

As ons “wit mense” net wegdraai van die man se uitlatings en NIKS se nie, en ophou om vinnig op ons perdjies te spring oor elke rassistiese woord wat teen ons gespreek word, sal ons miskien die wiel sien begin draai! Mense! Ons is net so uiters fyngevoelig! Die punt is!!!!!! Wat is WAAR??? Het julle al ooit julself afgevra wat die WAARHEID IS? Het ons swartes se grond gevat? Haat ons swartes? Is ons wit koloniste? Indien die antwoord NEE IS moet ons begin in die TEENOORGESTELDE GEES optree! Ons moet hulle IGNOREER! as ons hulle totaal ignoreer en nie omgee wat hulle van ons se nie, sal hulle nie ons so die heeltyd uitdaag nie. Die BLF is boelies! Die Mr Andile moet GEEN MEDIA DEKKING KRY NIE! Die enigste rede hoekom hy so vinnig media dekking kry is omdat hy aanhou om ons verbaal te boelie en siestog ons reageer tog so vinnig en kinderagtig op sy uitlatings! Ons moet nou grootword mense! En net heeltemaal STILBLY as hulle so aangaan sodat hulle nie meer klippe het om ons mee te gooi nie. Dis juis omdat ons die heeltyd reageer op kinderagtige uitlatings soos kinders, dis hoekom die spul wegkom daarmee. Ons moet SOOS GROOT MENSE begin optree asb. Laat hulle maar hul tantrums gooi! As ons ophou reageer en nie petrol op die vuur sit nie en hulle laat lekker lag oor ons fyngevoeligheid nie sal dinge beter gaan.

Foxi ·

Ag asseblief man…..as jy maar net weet wat daar van jou gedink word Andile. Jou tong is besmet!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.