Video: Boewe kom tweede toe ‘Rambo’ mes uitpluk

ʼn Video wat wys hoe ʼn man desperaat baklei om vyf vermeende boewe van sy motor weg te keer, het Woensdag talle kommentare op sosiale media uitgelok (Foto: Skermskoot)

ʼn Video wat wys hoe ʼn man verbete baklei om vyf vermeende boewe van sy motor weg te keer, het Woensdag talle kommentare op sosiale media uitgelok.

Die vrou wat die video geneem het, het aan Maroela Media vertel hoe haar hande gebeef het van vrees terwyl sy die video neem.

Die video wys hoe die onbekende man ʼn mes na vier mans rondswaai en hulle probeer wegkeer toe hulle hom by sy motor in die middestad van Klerksdorp nader. Dan storm hy op een van die aanvallers af en hulle laat spaander. Die man se vrou sit binne die motor terwyl die toneel hom afspeel. Talle sosialemediagebruikers het die onbekende man intussen as “Suid-Afrika se Rambo” gedoop.

Die voorval het net ná 09:00 in die middestad van Klerksdorp afgespeel.

Thato Ledimo het die voorval op kamera vasgevang en die video op sosiale media gedeel.

“Ek het in die motor vir my man gesit en wag terwyl hy in die kantoorgebou van binnelandse sake was. Ek het die motor se sitplek teruggeskuif om bietjie te lê toe ek harde geluide van die straat af hoor,” vertel Ledimo aan Maroela Media.

“Ek het by die venster uitgekyk en gesien hoe vier mans die man – wat net by binnelandse sake uitgeloop het – oorval. Hulle het hom tot by sy motor gevolg en die voertuig omsingel.”

Ledimo het haar selfoon gegryp en die voorval op kamera vasgevang.

“Dit lyk nie of die mans enige wapens by hulle gehad het nie, ek vermoed hulle wou die man net intimideer. Hulle het egter op hul neus gekyk toe die oom ʼn lang mes uitgeruk het.”

Ledimo sê sy was geskok om te sien dat die omstanders nie probeer het om die man te help nie.

In die video kan gesien word hoe die mans ná ʼn ruk die aftog blaas.

“Ek was so bang op daardie oomblik, my hande het gebewe.

“Ek het ook hulpeloos gevoel, want ek wou nie die motor verlaat om my eie lewe in gevaar te stel nie. Ek kon ook nie my man bel nie, want hy het sy selfoon in ons kar gelos.”

Ledimo het kop gehou en besluit om die mans se gesigte op video te probeer vasvang. “Ek het gedink indien die man dalk ʼn saak aanhangig wil maak, kan die video as bewysstuk gebruik word.”

Ledimo sê sy hoewel sy nie weet wie die man is nie, het sy die video op sosiale media gedeel om bewusmaking van die toenemende misdaad in Klerksdorp te skep.

“Hierdie soort voorvalle gebeur op ʼn daaglikse grondslag in ons dorp en mense besef dit nie. Mense moet sien Klerksdorp – soos die hele Suid-Afrika – is nie meer veilig nie. Daar moet iets aan misdaad gedoen word.”

Ledimo is self verlede jaar in een van die buurte in Klerksdorp beroof.

Talle sosialemediagebruikers loof die man in die video en sê hy was baie braaf, maar kla ook oor die toenemende voorkoms van misdaad landwyd.

Ook Ledimo meen die man is ʼn held.

“Hy het geveg tot aan die einde toe. Ek sal graag met hom kontak wil maak en dit self vir hom sê.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Piet ·

Een van die dae lees ons van lisensiering van die dra van messe. Hierdie land beskerm kriminele, nie burgers wat die ligte probeer aanhou nie.

Suzette ·

Welgedaan Meneer !!!- ek is bly julle het ongedeerd uit die situasie gekom.

Swerwer ·

Wonderlik, Rambo jy ‘n held! Lankal tyd dat die EFF/ANC besef ons is keelvol vir hul skrikbewind wat hul probeer saai en dat Hoed sien ons is in staat om sy kader op hul plek te sit as hy te lamsakkig is!
Dankie Ledimo, jy is net so ‘n groot held om die video te kon neem en deel met die res van ons.! Waardeer dit uit die diepte van harte!

M ·

Stem 100% saam ….Me Ledimo verdien ook erkenning !!! Trots op haar.

Nettie ·

Die man is ‘n held, hy het sy vrou suksesvol verdedig. 10/10!! Die omstanders is lafaards! Dankie vir die video se neem en deel, Juf Ledimo.

Pietertjie ·

“daar moet iets aan misdaad gedoen word”. Dis baie maklik, dame: begin by die stembus!

Pietertjie ·

Sal beter regering, met beter wetstoepassing, geen kader-ontplooiing, geen staatskaping, en beter afskrikmiddels soos doodstraf teweegbring. Dit alles begin by die stembus, nie by mense wat net kla dat iemand anders iets moet doen nie.

Misky ·

Hierdie word nou alledaagse ding en die skurke hardloop nie eens meer weg nie. Tart behoorlik mense uit!!!!

ES ·

So 10 jaar terug het hul my oorlede oom by ‘n kitsbank in Klerksdorp van sy beursie beroof. Die misdaad daar is al vir ‘n hele paar jaar ‘n probleem.

Louis ·

Ons het ‘n nasie van swakkelinge geword. Daar is min trots in die naam Afrikaner. Wie het die man gelos dat hy maar klaarkom teen 5 terroriste terwyl hulle eenkant staan en loer. Die dame se sy was geskok dat niemand gehelp het nie.

Lourens CFG ·

As hy een van hulle raak gesteek het, was hý ge-arresteer en het eff getoi-toi.

Alma ·

Ja dan het ons weer net die EEN kant van die storie gehoor. Mal man in middestad bestorm omstanders met jagmes… of so iets.

melaney ·

Welgedaan Meneer! Ons het meer van U op straat nodig. Nie ‘n bang haar op jou kop nie.

Rooikopheks ·

Ongelooflik, hulle hardloop nie eers weg nie, stap net rustig weg.

Hasie ·

Hy Gaan aangekla word vir aanranding omdat hy durf waag het Om die skermunkels aan te vat! Hoed waar is jou polisie Nou of gaan jy ook skree Shud up !

Andrew ·

Omdat ons mense in daai gedeelte nog “home affairs” toe moet gaan, dink daar was al n paar robberies. Elke home affairs en munisipaliteit, is n nagmerrie vir n wit persoon wat net engels en afrikaans magtig is. Ek stel voor die buurwagte begin a “saamloop” dag. As mense in nommers opdaag, met dan n wag of twee buite, en ook sommer die bejaardes oplaai en saamvat, dan sal daar minder intimidasie en die soort van goed wees. As daar moeilikheid is met die “slim cashiers” , bly daar seker erens n prokereur ook in die buurte wat kan kom help. Iets soos elke 2de woensdag vd maand , hang af die samewerking.

SjN ·

Knap gedaan Mnr, kom altyd soos n klomp roofdiere, hul teiken nou Land Cruisers in Klerksdorp, die belhammels moet net met geweld uitgehaal word, dit is al taal wat hul verstaan.

Marthina79 ·

Dis ongelooflik dat die aanvallers net bloot weg stap asof niks gebeur het nie. Dis die toestand wat ons land beryk het. Hulle is nie eers bang hulle word aangekeer nie.

Di ·

Hierdie SKUIM moet ligloop! Een van die dae probeer hulle iemand met ‘n vuurwapen aanvat dan gaan die poppe dans. Hierdie goed is SO arrogant, seker EFF lede

Toy ·

Jy het goed gedoen, so bly julle is veilig. Dit is absoluut belaglik nooit gedink in my lewe dit sal so gaan in hierdie eens mooi land nie. Kom soos ‘n klomp wilde diere op hom af.

Schalk ·

Net weer ‘n bewys dat kriminele lafaards is, Let op hoe hulle kamma onskuldig wegstap,

Elene ·

Skokkend hoe mens jou foon kan uithaal, kamera gereedkry, regte skoot inkry en dophou hoe ‘n medemens aangeval word, en niks doen nie. Ons moet vir mekaar begin opkom en hulp verleen. Maak ‘n bohaai, druk hooters, trek aandag, help!

isabelle ·

en so gaan dit daagliks…..en die kriminele lag die onskuldiges uit,want hulle kom weg met hulle dade

Jr ·

As hulle gesteek was dan was hy gearresteer en saak teen hom gemaak. Ek is jammer gaan hom skiet en later die gevolge hanteer. VERTEL HOED “EK SAL MY FAMILIE EN MYSELF VERDEDIG. EN AS JY DIT NIE VERSTAAN SAL EK JOU N PRENT TEKEN OF JY MOET SHUT UP

Veronika ·

Hulle kom in 3e om een mens aan te val!! Stap weg of niks x gedoen het nie!! Mooi meneer!!

Karina ·

Wel gedaan! Jy het die moed gehad om hulle op hul neuse te laat kyk! Kyk net hoe spaander hulle! Jy verdien ‘n medalje!!

Dries ·

Die skuim is altyd hier tussen ons. Ons moet elke oomblik waaksaam wees.

JohanR ·

Tazer werk net soe goed. Hy doe die ritteltit daar op die pad en maak sy broek vuil!

Sandra ·

Gemors, elke enkele een van hulle. Dat mens nou so vir jou lewe moet veg. Het hy een raakgesteek dan was die hel los. Dit is baie braaf van jou om jou kop te hou meneer.

Groen-oog ·

Hierdie land het mos baie geld om te spandeer. Laat die slimkoppe n kar ontwerp wat op “handprints” van die eienaar en gesin werk.

Enige iemand wat nie “geprint” is moet so hard geshock word as hy aan daai kar raak dat hy sy oerouma hoor vetkoekies bak in die hel.

Miena ·

die 1e keer toe ek die video kyk toe dog ek ek kyk na n opvolg fliek van The Purge… in hierdie video het net die klankbaan kortgekom dan sou dit behoorlik n toneel in die fliek gewees het.

Wanda ·

….en dan doodluiters wegstap…en dis nie ‘n movie nie.

Cathy ·

Dit is absoluut skrikwekkend dat hierdie goed oop en bloot in die middel van die dag gebeur! Kyk hoe nonchalant stap hulle weg! Weet verseker hulle kom weg met misdaad. Alhoewel hierdie man ‘n medalje verdien vir sy dapperheid, is die droom dat hy nooit in so ‘n situasie moes wees nie. Ai …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.