Video: Busdrywer geskors oor video

Die busbestuurder het op ’n sperstreep by twee vragmotors verbygegaan.

Die busmaatskappy Intercape het ʼn bestuurder geskors nadat ʼn video wyd in die sosiale media gedeel is van waar hy op ʼn sperstreep by twee vragmotors verbygaan.

Die bus was op Donderdag 13 Desember onderweg van Kaapstad na Durban toe ʼn passasier, Kiewiet Pretorius, wat voor in die bus gesit het, die 25 sekonde lange video geneem het. Daarop kan duidelik gesien word hoe die bestuurder op ʼn draai by twee vragmotors verbygaan.

Intercape het die bestuurder intussen geskors hangende ʼn tugverhoor, terwyl klagte van roekelose en nalatige bestuur by die polisie in Durban teen hom ingedien sal word, het die veldtog Arrive Alive op sy webwerf gesê.

Die maatskappy se woordvoerder was nie Dinsdagmiddag beskikbaar om kommentaar te lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

76 Kommentare

MJ ·

Onverantwoordelik verby! Ongelukkig is hy een van die hordes mense vir wie so ‘n bestuurstyl heeltemal normaal is!

D P ·

Ken die kommetaar lewers werklik die padordenansie so goed om aannqmings te maak?

francois ·

Intercape is regtig simpel..ek het n ruk terug met hul bus gery..ek het naderhand n complaint gele maar niemand het gereageer nie

Spikkels ·

Dankie tog hul doen iets. Maroela kyk net dit is
Kiewiet Pretorius en nie Pretoria nie

Sune van Heerden ·

Dagsê Spikkels

Dankie! Ons het die berig gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Marisa ·

Ek dink die persoon wat die video gemaak het het sekerlik skoon onderklere nodig gehad – ek sou verseker!

Nettie ·

Dis net daar waar ek so ‘n kabaal opskop op daai bus, vir die drywer om ONMIDDELLIK stil te hou, dat hy geen ander keuse sou gehad het as om stil te hou nie. Ek sou hom so sleggesê het dat die see hom nie kon afwas nie en dan onmiddellik die nommer agterop die bus geskakel het en hom gerapporteer het.

andre ·

dit sien mens baie gebeur…hulle jaag om by hul tydskedule te hou….want die baas soek sy geld

Passasier ·

Presies. Om op Suid-Afrikaanse paaie by jou tydskedule te hou, is nie altyd so maklik nie. Ja, hierdie was beslis uiters roekeloos en totaal onaanvaarbaar, maar die pennie het ook ‘n ander kant. Die tyd wat jy by die potholes verloor, moet êrens anders gewen word…soms ten koste van vele onskuldige lewens.

Andries Visagie ·

Snert. Dis hoegenaamd nie ‘n verskoning of rede nie.

koos ·

Dan moet julle maar ophou vlieg ook. Julle sal geskok wees oor die kortpaaie wat lugdienste neem, en die skokkende druk wat hul op hul “mechanics” en “engineers” plaas om so gou as moontlik te kan vlieg. Dit begin by klein goedjies soos ‘n seel wat 1mm nouer is as wat hy moet wees omdat daar nie tyd is om te wag tot die korrekte seel 3 ure later kom nie. En daai een seel laat val daai vliegtuig.

Kobus ·

Maak jy nou verskoning omdat JY self ook so ry? Probeer jy dit nou goed praat?

Etta van der Merwe ·

Andre en Passasier, geen bestuurder het die reg of angstigheid oor ‘n tydskedule wat nagekom moet word om twee trokke op twee dubbelstrepe verby te gaan nie. Dit is onaanvaarbaar nalatig en arrogant – daar sal ook geen verskoning kan wees wat die bestuurder kan aanbied nie behalwe dat hy met sy eie lewe asook sy passasiers sn gedobbel het. Die passasiers is prioriteit. Onverantwoordelike optrede

Anet ·

Dis uiters onverantwoordelik! Met hoeveel menselewens het hy nie gespeel nie? Ek hoop hy sal nooit weer ‘n bus mag bestuur nie!

Penellope Jones ·

Lyk asof die bestuurder geen idee het waarvoor daar dubbele sperstrepe geverf is nie.
Sou hy geweet het, sou hy dit mos gehoorsaam het. . . . . . .

My hare rys as gevolg van die wete dat daar passasiers in die bus is!!

D P ·

Ken die kommetaar lewers werklik die padordenansie so goed om aannqmings te maak?

Wim ·

Wat probeer jy sê dp. Ek glo enige person met so ‘n klein bietjie grysstof kan sien dat padreëls blatant oortree word en dit ten koste van passasiers en ander padgebruikers.

Cliff Duncan ·

Wat my verbaas is nie so seer die oortreding maar die getal mense wat dit goedkeur. Blyk dat wetteloosheid as die norm aanvaar word.
Dankie Interkaap vir die optrede, wie weet dalk spaar julle n klomp lewens daarmee.

Papa G ·

Ek kan nie insien dat dit so baie mense ontstel nie. My volksgenote met hul Fortuners en Hilux-bakkies doen dit daagliks. Net gister het ‘n dame met jong kindertjies in die Fortuner my van die pad af in die noodbaan in forseer. Ek ry baie; die taxi’s, busse en vragmotors is beslis nie die haastige te, mees roekelose bestuurders wat ek teëkom nie.

Heidi ·

Stem 100% saam. Nie net Intercape en taxi’s nie; wetteloosheid deur wye spektrum.

Juistement ·

Dis waarom daar dag vir dag afskuwelike botsings plaasvind, en menige onskuldiges sterf of word vermink. Ek wil doen wat ek wil doen, daarom SAL ek hier verbysteek al is daar ‘n draai of ‘n sperstreep… En so word ek die moordenaar van ‘n onskuldige ouer of ‘n kind of albei. Behalwe dit, speel dwelms en drank natuurlik ook hul eie reuse bose rol in die onbeskryflike droefheid op ons paaie. Ironie is dat die versigtige bestuurder en sy passasiers dikwels die gruwelike prys moet betaal.

Domvraag ·

Paga G ek weet nie wie jou volksgenote is nie, maar myne ry nie so roekeloos nie. Lyk eerder vir my asof jy deel is van die wat nie die padreëls nakom nie, want jy kan dan nie verstaan dat die gedrag so baie mense ontstel nie.

D P ·

Ek stem saam met Domvraag. Hoeveel van bestuurders ry met hulle selfoon in die hand nie en gesels oor die foon vir ure nie??? Neem hulle brstuursvernuf nie af nie???
Ken die kommetaarlewers werklik die padordonasie so goed om al hulle aan names te regverdig?????

Wim ·

Ai ou papa G is jy nou weer jaloers smag seker ook om n Hilux of n Fortuner te ry.

Nettie ·

Julle, DP sukkel nog om te leer om te spel – hoe kan julle nou verwag dat hy padordonansies en -reëls verstaan?

Hennie ·

Gladnie ‘n isoleerde geval nie maar ‘n algemene gedragspatroon van sekere bestuurders, wat ook die rede is vir die talle ongelukke waarin ‘n groot hoeveelheid mense daagliks omkom. Dis hoogtyd dat die hordes verkeersbeamptes wat hulle skofte onder koelte bome deurbring begin om hulle eie mense te dissiplineer.

Nettie ·

DP – ons vergewe jou – ons weet jy spel maar moeilik en so aan. Net om uit te klaar: twee lang, aaneenlopende lyne, gepaardgaande met ‘n gebroke stippellyn in die middel, beteken dat geeneen van die aaneenlopende lyne gekruis mag word nie, m.a.w. JY MAG NIE DAAR VERBYSTEEK NIE.

Plus: normale, gesonde verstand sal jou ook in staat stel om te wéét dat mens NIE verbysteek wanneer jy nie behoorlik kan waarneem nie, m.a.w. teen ‘n blinde hoogte uit of rondom ‘n draai in die pad nie.

Verstaan jy nóú, ou DP-vriend, waarom mense die aanname maak dat daar ONVEILIG bestuur is en dat die mense wel die padordonansies goed genoeg ken, dus, om aannames te kan maak?

Woudakom ·

As taxi passasiers nou net begin videos neem kan dit lei tot drastiese vermindering van verkeersoortredings – as hulle die sondebokke dienooreenkomstig begin vervolg, bygesê.

Dewi ·

Taxi passasiers is te bang om hul oe oop te maak never mind videos te maak

Susan ·

Skokkend en asjy di pad reels nakom is jy verkeerd. Sal di bestuurder ni gesuspend het ni hy sou op di plek gefire geweeshet soos di engelse se en asdaar nou n vragmotor van voor gekom het?

Okkert van den Berg ·

Welgedaan Mnr. Passasier…daar MOET beslis meer sulke materiaal geplubiseer word met GENOEGSAME bewyse en getuienis sodat hierdie “tipe / soort” bestuurders suksesvol vervolg en afgedank word. GEEN veskoning vir die gedrag.

Piet Smit ·

Dan sou die vragmotor of motorbestuurder maar gedwing word om in di noodbaan (geelstreep) te ry. Hulle doen dit mos daagliks

Andrea ·

Gister wag ek by baie besige kruising vir flikkerpyl sodat ek regs kan draai. Robot is rooi vir my. n Landsgenoot sit in die baan langs my met kar vol kinders. Toe daar nie n kar van voor kom nie – met robot nogsteeds rooi vir ons – laat waai hy. Sy volksgenoot agter my is toe woedend omdat ek nie ook teen die rooilig wil draai nie. Geen dissipline. Dis waar dit begin.

Bernard Hellberg ·

Moenie vergeet om die “spoedvraat” kaart te speel nie.

Annelize ·

Ek het ook n nagmerrie-rit op n InterCape bus beleef 3 jaar gelede. Het bo gesit aan die voorkant. Middernag terwyl meeste mense slaap, het ek gesien hoe die drywer op n sperstreep twee lang trokke verbysteek! Nooit ooit weer ry ek met InterCape nie!!

Bekommerd ·

het lank gelede met volksgenoot gery wie ook op blinde plekke verby gegaan het. toe ek hom daarvoor aanspreek was sy antwoord dat hy die pad baie goed ken. verbeel jou

TinRSA ·

Dit is nie net taxis en landsburgers wat so bestuur nie. Amper almal verontagsaam padreels insluitend wit mans en vrouens met luukse 4×4 bakkies en vinnige motors. Het ‘n paar dae gelede van die Kaap af teruggekom en dit was erg hoeenae jaag, verbygaan op baie gevaarlike plekke en dan vir jou ‘n vinger gooi as jy nie pad wil maak nie. Want hulle kan mos bestuur! Of so dink hule

Katerina ·

Ja ek moet regverdig wees – dis gewis nie net taxi’s,vragmotors en busse nie- die wetteloosheid op die pad kom van wit en swart en almal tussen in. My man se dis n totale gees van wetteloosheid wat ingesypel het by alle etnisiteite in die land die afgelope 25 jaar. Ek dink ook so.

Luister ·

Stem beslis saam! Mens voel raadop. Die ergste is dat ons kinders moet grootword met al hierdie slegte voorbeelde.

IK ·

Verlede week kom hy by my verby en sien hy gaan dit nie maak met aankomende verkeer en ry sommer regs af vd teeroppervlakte!

Ralph ·

Intercape, nou hoekom skaam om sy /haar naam en gesig bekend te maak. Hoekom so beskermd teenoor die padvarke en kriminele?

Ralfie ·

@Ralph, vra vir MM hoekom plaas hul nooit n foto van plaasmoordenaars nie, maar 9 van die kfc, doodkis manne…

Anoniem ·

Stel slmal se lewens in gevaar op daai bus so ook sy eie lewe!!!!

Gemaskerde Sopbeen ·

‘n Ds en ‘n InterCape busbestuurder kom gelyk by die hemelpoorte aan. Die Ds word weggewys en die InterCape busbestuurder ingelaat. Toe die Ds navraag doen aangaande die situasie kry het die volgende antwoord: Terwyl jy gepreek het, het mense geslaap. Terwyl die InterCape busbestuurder mense rondgery het, het hulle leer bid!!!

Nettie ·

@Gemaskerde Sopbeen, ai – nou het jy my dag opge-“cheer”, baie dankie!

ella ·

self met intercape gery. nagmerrie rit gewees.tot n passasier die bestuurder gaan aanspreek het.

Prakties ·

Ek het lankal gedink bus en vragmotor bestuurders (en nou dat ek daaraan dink sommer taxi bestuurders ook) moet in ‘n klein glas kassie onder aan die punt van die voertuig sit en bestuur. Dan sal mens sien hoe versigtig hulle ry … :)

jac ·

Daar is nie n meer useless bus maatskappy as Interkaap nie
USELESS

Glouna ·

Dalk moet jy maar feite by jou stelling voeg, jac. Dan het jy grond onder jou voete.

J. van Rensburg ·

Sulke roekelose bestuurders het seker nie iemand soos my oorlé pa gehad wat ‘n absolute tiran was wanneer dit by padveiligheid gekom het nie – lang storie wat baie, baie jare teruggaan, maar toe ek nog bestuur het (ek is nou al diep in my tagtigerjare, dus het die KINDERS besluit Ma moet nou op ander staatmaak om van A na B, C, ens te kom), en ek is dankbaar vir daardie lesse wat ek by pa in my jonger jare – eintlik jeug-jare – geleer het… glo my, my hare wil elke keer rys wanneer ek sien hoe sommige “BESTUURDERS” vandag die indruk probeer skep: “Ek het die pad saam met my voertuig gekoop, dus kan ek daarop ry soos EK wil….” Soos die Amerikaners dit uitdruk: “Nuff said..”

sus ·

Ek ry maar ‘n ou golfie, maar wragtig, die nuwe karre kom nie uit met “indicators” nie en die bestuurders het nie een maniere nie! Ry op jou gat, draai voor jou in …. die lys is eindeloos … hierdie bus bestuurder is nie alleen skuldig nie ….

Janet S Calitz ·

Weet julle wat ek gaan die bestuurder nie veroordeel nie want doen die meeste bestuders in hierdie land met taxis of hul eie karre nie maar almal presies dieselfde nie, vat kanse met klein kindertjies in n motor op presies dieselfde manier, nou word hierdie bestuurder afgeneem en gaan dalk sy werk verloor, waarom?! Mense kan baie vinnig n ander blameer vir n fout wat hulleself ook doen ne! Agge nee wat ek kan nie die rede hiervoor insien nie, die pad was skoon en die vragmotor bestuurders sou die busbestuurder tog gewaarsku het indien hulle n aankomende motor sou sien. Ja die padreels is oortree maar ALMAL doen dit en klaar, GEEN uitsondering nie!

Pietie ·

Ek raak skoon koud. Kan n mens so onverskillig wees. Hy moet nooit weer n bus bestuur nie. Genadiglik was daar geen aankomende verkeer nie

Pietie ·

Is so dankbaar daar was nie aankomende verkeer nie. Ek raak yskoud as ek dink wat kon gebeur het. Uiters onverskillig. Die bestuurder moet eerder nie weer n bus bestuur nie. Kan nie dink n mens speel so met ander se lewens nie.

bgj van der westhuizen ·

wel as die verkeers beamtes hulle werk doen heel jaar en nie net in desember nie en meer op die pad is dat mense hulle kan sien en hulle die pad wet meer toe pas sal dit baie minder gebeur wand almal ry net soos hulle wil van af moters tot busse en vragmoters wand daar is geen wet toe pasing in suid afrika nie

Wilma ·

Mooi Kiewiet Pretorius, maak voorbeeld van so bestuurder hy stel almal se lewens in gevaar.

SjN ·

Met hedendaagse tegnologie kan hul dit nie verpligtend/wetgewing maak dat alle voertuie wat gebruik word teen betaling om diens te lewer as vereiste te stel om toegerus te word met n dash kamera wat per sateliet gemonitor kan word, die verkeersbeamptes hoef dan nie onder n boom te sit nie. Sein kan bv gestuur word as die snelheidsperk oorskry word ens.

madels ·

Uiters uiters, skokkend!! Mag hy sommer sy bestuurslisensie ook verloor!

LP ·

En hier sit 70% van jul, wat of tik of bel terwyl julle bestuur, dan slinger jul “taxis” so rond soos wat ou oom Jan geblameer word.

E.K. die eerste ·

Aan Gemaskerde Sopbeen – jy het nou my dag gemaak! Waaroor hier berig is is baie erg maar dankie tog vir jou grappie, dis vreksnaaks!

Intercape Passassier ·

Die bestuurder het beslis verkeerd gedoen en die reels oortree en ek stem 100% saam met die skorsing, ens. Almal moet die reels gehoorsaam.

Maar ek dink hy het hoog genoeg gesit om te kan sien daar kom nie verkeer aan nie. Reeds voor hy begin verby steek het. Onthou, dis nie ‘n gewone voertuig nie.

Ons het al baie positiewe ervaring gehad van Intercape. Hulle diens op Beitbrug (as jy Zimbabwe toe ry) is puik en hulle videomateriaal is gesinsvriendelik.

Ander busse maatskappye wys immorele videos wat jy nie eintlik kan help om te moet kyk nie, onaanvaarbare musiek en so meer. Het ook al van hulle gehad wat in “agterstrate” stop om mense op te laai – waar daar nie busstoppe is nie.

En die druk om betyds op plekke te kom, is erg. As hulle opgehou word op Beitbrug kry hulle verkeersboetes, want die verkeersowerhede laat hulle net in sekere tydgrepe op sekere paaie toe. Dit het ons ook self beleef.

Weereens, die reels moet gehoorsaam word – ongeag daardie druk.

Nog 'n Interkaap-passasier ·

Stem saam. EEN werknemer het uiters onverantwoordelik opgetree, nié die hele maatskappy nie. Hy sal sy straf kry en dra. Dis egter uiters dwaas om nou hier die baba saam met die badwater uit te gooi. Interkaap Busdiens lewer reeds vir baie jare ‘n ongelooflike diens aan die inwoners van verskillende lande. Ek haal my hoed vir hulle af, want dit is geen klein taak nie. Aan my en my familie het Interkaap nog net uitstekende diens gelewer wanneer ons hulle ook al nodig gehad het. Hierdie spesifieke bestuurder is beslis skuldig en dit is baie goed dat dit aan die lig gekom het voordat ‘n ongeluk deur sy toedoen plaasgevind het. Dit sê egter nie nie al Interkaap se bestuurders is roekeloos nie. Behalwe roekeloosheid en nalatigheid is daar ook menslike faktore wat geld vir enige een van ons. Ek sal steeds slegs met Interkaap ry, want wat Intercape Passasier hier bo sê, is waar. Dankie Interkaap Busdiens vir julle goeie diens aan ons vir langer as 20 jaar.

Pieter ·

Swaarvoertuigbestuurders doen dit daagliks, nie net op aankomende dubbelbane nie, maar ook waar daar geen wegkomkans vir aankomende verkeer is nie. Dit behoort as poging tot moord deur te gaan.

GM ·

Gemaskerde Sopbeen – Ek geniet altyd jou skerp kommentaar en grappies :-) ??

Poot ·

@DP
Wat is dit met jou en die “padordonansie”? Genade man het jy ‘n nuwe woord geleer op google? Gesonde verstand gaan mens te bowe. Dit wil vir my voorkom of die twak wat jy rook van hoogstaande gehalte is.

Ken van ·

Dit is die bestuurder wat jy kry wanneer jy onderdane verskrik met ek skud net die boom dan val daar duisende uit. Maar nouja dit is gewoonlik net die vrottes wat afval

Joan Strydom ·

Alles goed en wel, maar ek kon die voertuig gewees het wat van voor af gekom het.

Piet Pompies ·

16 Desember, N4 in die Westelike rigting, net na Millies. Intercape bus ry volspoed teen afdraende… sukkel sukkel ten die berg op… ry oor die lyne…. sydeur van bus links voor was heeltyd oop gedurende die rit……..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.