Video en foto’s: Doodskis-video: Twee bly agter tralies

Oosthuizen (links) en Jackson (regs) tydens hul hofverskyning. Foto: Phillip Bruwer

Oosthuizen (links) en Jackson (regs) tydens hul hofverskyning. Foto: Phillip Bruwer

Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29) het Woensdag in die Middelburg-landdroshof verskyn.

Oosthuizen en Jackson het hulle Maandag in die teenwoordigheid van hul regsverteenwoordiger by die Blinkpan-polisiestasie oorgegee nadat hulle na bewering ʼn man in ʼn doodskis ingedwing het. Dié twee het hulself oorgegee nadat Victor Rethabile Mlotshwa (29) aanklagte van aanranding teen hulle aanhangig gemaak het.

Die staat het Woensdag in die hof aangedui dat hy borgtog sal teenstaan weens die openbare verontwaardiging oor die saak. Die staat is ook van mening dat die verdagtes Mlotshwa kan intimideer indien hulle op borgtog vrygelaat word.

Die twee se regsverteenwoordiger het hierna aangedui dat sy kliënte nie om borgtog sal aansoek doen nie. Daar is ook kommer uitgespreek oor die verdagtes se veiligheid.

Jackson en Oosthuizen kom die hof binne. Foto: Phillip Bruwer

Jackson en Oosthuizen kom die hof binne. Foto: Phillip Bruwer

Die staat en verdediging het ooreengekom dat die saak uitgestel word vir verdere ondersoek. Die saak is hierna tot 25 Januarie uitgestel. Die verdagtes bly in aanhouding. Verteenwoordigers van die onderskeie politieke partye het buite die hof betoog te midde van ʼn sterk polisieteenwoordigheid.

Maroela Media het vroeër berig Oosthuizen en Jackson het ook reeds Maandag in die Blinkpan-landdroshof verskyn op aanklagte van ontvoering en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

ʼn Video van die voorval is onlangs op sosiale media versprei, maar dit is nie duidelik wanneer die voorval plaasgevind het nie. Op die video kan gesien word hoe ʼn man huil terwyl hy deur twee ander mans in ʼn doodskis ingedwing word. Daar kan in die agtergrond gehoor word hoe ʼn manstem sê: “Kom nou, ons wil die petrol gooi, man. Klim in!”

Die video volg onderaan die foto’s:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

124 Kommentare

ouma ·

Dalk wou hulle die man net skrikmaak. Maar wat ‘n siek manier om dit te doen! Sulke goed sleep ons wittes, wat ‘n trostse nasie is, se naam deur die modder. Tyd dat ons begin toyi-toyi vir elke plaasmoord..

Me ·

EENVOUDIGHEID KEN GEEN PERKE NIE….. Dis ouens soos die wat die lewe vir ander blankes moeilik maak….Vat wat julle kant toe kom manne……

J du Toit ·

Dis aaklig wat hierdie twee aangevang het, maar is daar enige kans dat hulle dalk betaal is om dit te doen? Waarom is dit opgeneem? Is dit opgevoer vir propaganda doeleindes? In iedergeval, in die huidige klimaat is dit uiters gevaarlik.

Willem ·

Ja hul het nou erken hul het die mannetjie aangerand, maar hoekom word dit nou weer met die rassekaart gespeel?

Of kom ons speel die rassekaart, wat van die plaasmoorde wat polities en rassisties uitgevoer word op ons blanke boere. Wat van Elias Moatsi wat my oup en ouma vermink het wat nou nog vry rondloop?

Daaromtrent word niks gedoen nie. Wat van die ANC wat elke optog en elkr by eenkoms afsluit met rassistiese liedjies waar die blankes dood gemaak gaan word?

Ekwilibrium ·

Kyk nou wat bring hul sotlike optrede hul in die sak; agter tralies oor die feesseisoen.

Cais Smit ·

Dit wat hulle gedoen het is n probleem,ek wonder net al hierdie ouens wat so gal braak oor die twee ouens wat niemand dood gemaak het.Hoeveel van julle gee komentare oor n boer wat wreed vermoor is.

pixie ·

Sterkte vir julle twee boertjies. Ek dink aan julle en verstaan julle optrede maar julle lewens is nou in gevaar. As julle maar liefs dit nie gedoen het nie. Ons kan nie wen nie ons moet maar net die nuwe Suid Afrika leefwyse aanvaar al word ONS vermoor en aangerand en vermink.

Pieter ·

@pixie : so, jy verstaan hulle optrede?? Regtig ?? Hulle optrede is om die minste te se ondeurdag en onnosel, hulle moet nou pa staan vir hulle sotlike optrede!!! Net soos daar slegs ‘n klein hoeveelheid swartmense is wat haat en geweld saai is hierdie 2 grensvegters saam met ‘n paar wit brannas & coke bendes besig om onnodig rassehaat aan te blaas!!

Loeis ·

Ek stem, hulle laat ons almal net sleg lyk. Nes die Reitz studente en die Waterkloof vier gedoen het.

Buitendien, watse denkwyse doen so iets en neem dit af. Mag die reg sy gang gaan.

Cherokee ·

Ag toe nou Pieter, gaan staan daar in die ry met jou banier waar jy kan betoog.

Sharon ·

Stem saam.. dit was eie geregtigheid in die sak bring. Ek hoop hul het goeie regsverteenwoordiging wat BEHOORLIK ondersoek gaan doen na die oorsaak v hul optrede. … anders het ek min hoop vir hulle.

Piet ·

Dis jammer dat julle nie die waarheid wil plaas nie, net die ou eensydige storie wat blankes in ‘n slegte lig stel. Die ander mense wat insette gee moet tog niks verwag, as hulle die ander kant van die saak probeer stel nie. n Nugter mens keur natuurlik nie so iets goed nie, maar as ek probeer verduidelik sal julle dit ongelukkig weer delete.

Ella ·

Ek stem saam Piet, niemand rep ‘n woord oor wat Rethabile gedoen het voor die voorval plaas gevind het nie. Ek keur dit wat hulle gedoen het ook nie goed nie, maar daar is altyd 3 kante van ‘n saak, joune, myne en die waarheid.

Willie E ·

Wat is die waarheid??
Die waarheid is dat hierdie twee soos ander voor hulle WEEREENS die blanke Afrikaanse bevolking se naam GAT gemaak het…

irene ·

Genade, en wat kan die verduideliking tog nou wees? Niks, maar niks, regverdige sulke optrede nie. Sies man. Dit se nie veel van die tipe mans wat hulle is nie. Sal nie verbaas wees as hulle kamtig groot Christene is nie….wel dis beslis nie iets wat Jesus sou doen nie.

Cherokee ·

Piet, hier is te veel DA’s en ander libs op die forum om jou te verstaan.

Max ·

Ek stem saam Piet. Dalk het die klaer, wat betreding gepleeg het, die kortpad gevat om te beplan vir die volgende plassmoord !

Alet ·

Waarom sulke onnodige dinge oor julself bring? Is daar nie genoeg haat in ons mooi land nie? Ons moet eerder op ons kniee gaan en BID TOT GOD VIR SY VREDE!

Jan ·

Zuma, Julius, rassekonflik en sulke absurde dade soos hierdie gaan die geskiedskrywers in hierdie land eendag besig hou, oor die typerk waarin ons nou leef, dat die biesies bewe, daar gaan nie genoeg ruimte op die internet wees nie.

Nici ·

Jan dis ñ waarheid soos min. Onskuldige mense ly onder onverdraagsaamheid en rasse haat wat na albei kante toe strek. Peace, love more tolerance
Fairh, hope, trust in the same Name of God
In Who’s Name we die for
Take an innocent life for
That’s not what He means
Doesn’t matter what Book you read….
Of…. watter ras…… of watter kleur …. dit bly SINNELOOS!!!!!

Willie E ·

As jy jouself wil uitgee vir ‘n toffie moet jy bereid wees om gekou te word, en daar het hulle dit,oor die fees seisoen in die tronk.
Ek gee nie ‘n flenter om vir hulle nie, hulle het dit oor hulself gebring,as jy kan uitdeel moet jy kan ontvang ook, geen nugtere regdenkende mens sal so iets doen nie,ek gee nie om wat WIE ookal se nie.

Piet Pompies ·

Stem volkome saam met jou stelling. Dit is al lankal tyd dat ons moet aanbeweeg in Suid Afrika en as ‘n person deel is van die problem gaan hy probleme kry, is hy deel van die oplossings is daar ‘n goeie toekoms.

Wow ·

Dit was baie onverantwoordelik en belaglik en ek keur dit ten sterkste af, veral in tye waar daar dreigemente teen wittes en hulle lewens is was dit heeltemal ongevraagd. Hulle het nou werklik net petrol op Malema se vuur gegooi. EN JA hulle moet hulle straf kry, maar die klag is aanranding, nie moord nie, hoekom gaan die politieke partye so te kere? Is daar ook sulke optogte en protesoptrede vir elke BOER EN SY VROU wat gemartel en vermoor word? Of mag dit nou nie met mekaar vergelyk word nie?

Liza ·

Dit was onnodig, en ons wittes mag niks verkeerd doen nie, ek probeer in hierdie land die regte pad loop met elke persoon ongeag sy kleur, maar nou word almal daar onder geskeur en dis vir my onregverdig… nie almal is rassisties nie, en ja hulle mag doen wat hulle wil soos daar gese word ons blankes is die oorsaak daarvan en ek voel dis nie so nie…… Maar ja moord en doodslag en verkrag hulle kom weg daarmee sodra dit ‘n blanke is word ons so veroordeel en gedreig, nee een ding weet ek verseker ons God slaap nie, elkeen sal eendag voor Sy troon gaan staan en ‘n antwoord moet gee, selfs Julias Maleme, en JZ……. gaan aan ……..elkeen sal sy dag kry……….

Adele ·

Dis mense soos die wat ons almal se name deur die modder sleep en ons slagoffers maak van al die geweld teen die wittes.

lenette ·

Ek stem saam met jou. Hkm gaan nie media nie ook so te kere as ons boere wreed vermoor word nie

Anoniem ·

Sal ook graag die anderkant van die storie wil hoor / lees…….

Denise ·

Dit is nou regtig belaglik om so n ophef te maak oor so iets simpel !!! Wat van al die onskuldige boere en mense wat elke dag vermoor , verkrag, wreedaardig aangerand word en besteel word het die krimenele enige iets gevoel toe hulle daardie mense koelbloedig dood geskiet het aangerand het selfs die klein onskuldige kinders ???? Hier is n ding aan die broei ons mense sal moet wakker skrik en rustig bly !!! Sterkte aan die twee jong mans en familie. Without prejudice!!!!

CQ ·

Hoe op hierdie aarde kan jy se dis iets simpels?? Dit is agv sulke “simpel optredes” dat mense mekaar haat. Dit is agv sulke “simpel optredes” dat mense verneder voel en seerkry….
Skoolboelies doen ook sulke “simpel goed”…en dan is daar ook “SIMPEL OUERS” wat dit uitlag as ietsie klein of “simpel”….

Anoniem ·

Sorry Denise…maar daar is niks simpel aan dit nie…Die is n baie ernstige ding wat die twee manne aangevang het. Is dit wat ons in die wereld wil instuur. Ja daar is baie ander moord en verkragtings wat plaasvind,maar waarom moet ons dieselfde doen. AS hul skuldig is aan dit wat ons sien moet hul sit vir die res van hul lewens.

Karen van Zyl ·

Hoor hoor Denise ek kon dit nie beter gestel het nie

Cherokee ·

Denise, hul broeke bewe te veel om te verstaan wat jy probeer verduidelik.

Willie E ·

Windgat houdings,dis wat hulle dit laat doen het,die houding van “ons sal jou wys wat maak ons met jou!!!!”
Daar is maniere om ‘n probleem te hanteer,nie so nie,daarom lag ek vir hulle….

Willie E ·

Adele
Jy sien niemand Toi Toi nie,want slegs die anderskleuriges ToiToi,nie die blankes nie.
Toi Toi dan maar eerder as om iets so sotlik onnosel te doen.
Hierdie manne het gesinne en families wat nou ‘n BAIE BAIE slegte fees seisoen gaan he,so,hulle voel vir hulle eie gesinne en families ook boggerol….

Eddie de Jager ·

Ons moet tot die besef kom dat sosiale media almal bereik het. Wat jy sê of doen kan deur almal gesien en gehoor word. Sosiale Media Etiek is iets wat aandag moet begin geniet in die samelewing. Ek keur nie die twee here se oprtede goed nie. Veral as jy deel is van ‘n gemarginaliseerde minderheid moet ons ekstra versigtig wees wat ons doen, sê en kwytraak op sosiale media. Dit word skietgoed in die verkeerde hande. Ek stem saam: Vergelyk dit met die grusame beelde van plaasmoorde en mans wat om ‘n vuur dans en die vermoorde se familie dreig en hulle help met die steeds warm kos. MAAR dit moet niemand die reg gee of toe-eien om te dink dis aanvaarbaar nie, want ‘hulle’ doen dit. Hulle is ‘n pot vol skille en jy is een van hulle – soos my laerskool wiskunde onderwyser altyd gesê het. Met vergelding kom wraak. Ons kan nie ons monde op sosiale media uitwas en dink niemand sien dit raak nie. Dit skep ‘n stigma waaraan nie almal van ons voldoen nie. Dink voor jy doen, tik, skryf en praat. Dit dien net jou eie kwaadgevoelens.

Piet ·

Wat is die ander kant?
Hoekom word my pos delete as ek dit vra?

White trash ·

Ek wens julle wil so tekere gaan as ‘n boer vermoor word.

CHRISTA ·

Wat keer die vermoorde boere se naasbestaandes om ook ‘n video van die moordtoneel neem en dit op die internet te plaas? Doen dit in die toekoms, DAN sal ALMAL sien wat aangaan en mense soos Mal-ema TWEE KEER dink voordat hy sy mond oopmaak!!

Loeis ·

Ek het die sg ‘Reitz walgvideo’ in die buiteland op CNN gesien. Maar sal hulle moorde op blanke boere uitsaai? Ek twyfel.

Ons is almal gelyk in hierdie wereld. Sommiges is net meer gelyk as ander. Maar dis sal al help as mense nie goed aanvang wat die ander span skietgoed gee soos wat nou weer hier gebeur het nie.

charles ·

janee wonder hoe huil boere en dié se familie wanneer hulle so uitgemoor word, en wreedaardigeid in die gesig staar! As ons so iets op sosiale media sit sal daar gesê word ons het daarvoor gesoek!

PvZ ·

Hierdie is die simptoom van hoe frustreerd mense is. Leiers / politieke elite / breestroom media redakteurs ens. is heeltemal uit voeling met hoe ons Afrikaners regtig voel op hierdie oomblik. Die twee manne se REAKSIE op die EMOSIONELE AANSLAE wat ons moet deurmaak daagliks was nie reg nie. Maar mense moet verstaan waar kom dit vandaan. Na die VSA verkiesing toe gons dit oor hoekom Donald Trump gewen het. Skok golwe. Maar Hillary Clinton het nie die frustrasie van die mense geken en verstaan nie. Die MATIGE, (Sterk bewoorde), reaksies vanaf die Afrikaner geledere is nie meer genoeg vir die voetsoolvlak Afrikaners nie. En die “leiers” moet asb nie eendag wonder oor hoekom duisende Afrikaners hulle eendag sal laat lei deur ‘n radikale leier nie. Of hoekom jong mans sulke ondeurdagde dade doen nie. Ons is gefrustreerd, en dit raak by die dag al erger.

sdp ·

Ek keur dit ok nie goed. Maar die hooligan wat n jong student van reitz se dood veroorsaak het, plaasaanvalle, moorde ens. Het ek nog nooit soveel dekking in die media gesien nie soos die nie

sarah ·

in die leef tyd en met als wat gebeur, ons Boere wat uit gemoor word gaan twee Boere en hulle vang die nonsens aan, daar is geen keer punt aan somige mense se dade nie hulle maak dit net meer moeiliker vir ander blankes om te lewe

Anoniem ·

Die twee manne het so mooi in hul kraal gespeel…net nog meer oor ons uit tehaal en Malema aan te hits om ons af te slag soos hy se……

Cais Smit ·

Lyk vir my jy weet nie wat in jou land aan gaan nie jy hoef niks te doen nie,of jy nou iets doen of nie tog kry jy nog steeda n no wat se boer vermoor

Fritz ·

Ons benodig optogte by elke plaasmoord hofsaak,maar nee die blankes kan net praat,te slapgat om iets te doen.

Karen van Zyl ·

Hulle kom aan in massas, hoekom kan ons ook nie daar wees vir ons mense nie?

Julie ·

My familie is gemartel op hul plaas vir ure toe vermoor en waar is die top polisie manne wat die ondersoek moes doen? Bewyse het verlore gegaan. Die knaap het nie sy lewe verloor nie…

PvZ ·

Lank terug toe vat die Britte ‘n wa van Mnr. Bezuidenhout. Dit was omdat hy nie ekstra belasting betaal het nie. Kort daarna toe gaan Piet Cronje en 100 man en vat die wa terug. Dit was die begin van die eerste Boere-Oorlog. Jy begin nie ‘n oorlog oor ‘n wa nie. Die is die dinge wat aanloop gegee tot die voorval. Die twee manne se reaksie was verkeerd. Dit is nie hoe jy die “wa” terug vat nie. Maar een van die dae is daar weer ‘n Mnr. Bezuidenhout, en een van die dae weer ‘n Piet Cronje. Nie omdat Piet Cronje oorlog wou hê nie. Dit is omdat die probleme nooit effektief aangespreek is nie. Nog ‘n hofsaak, nog ‘n interdik, nog loop Malema rond…

thea ·

ek wonder wat het regtig hier gebeur, wat die twee mans gedoen het is nie reg, maar ek wonder maar net, laat ons eers hulle storie hoor en dan besluit. Ek verstaan die man in die kis was n oortreder op die plaas en dief . Wat sou die reaksie gewees as n boer of sy familie doodgemaak was ???? ek wonder sterk

Thinus ·

@pixie : so, jy verstaan hulle optrede?HUH??
Gooi die sel se sleutel weg!

Riana ·

Ons witmense moet deesdae baie versigtig wees met wat ons doen, genade tog, dis nie soos in die ou dae wat niemand daarvan sal weet nie, dit versprei soos ‘n veldbrand, is al wat Julius en sy mense nodig het om ‘n herrie op te skop>

Anoniem ·

Ek stem saam dit was nie reg om dit te gedoen het nie.
My vraag is wel hoekom is dit nou n rasse voorval? seker omdat hulle 2 wit is maar as die tipe van ding daagliks gebeur in lokasies waar mense met klippe dood gegooi word en lewendig gebrand word op mekaar se koppe spring en trap dan is almal stil oor dit, maar nou as 2 wit mans soort gelyk doen, en maak nie n fout nie die ou lewe nog so hul was nie eers so erg soos dit wat verwag word van “community justice” nie. So dalk moet jy wat so graag ras in die storie in bring terug staan en na jouself kyk. Ek meen as jy tog nie so erg ras georienteerd was nie sou dit mos geblyk het soos 2 mans wat n ander man aanrand ens.

charmaine ·

As hierdie rassisme is wat is plaasmoorde op boere en op ou mense? hongerte? Belaglik.
Waar mense koelbloedig doodgeskiet word?

Johan ·

Weet iemand hoekom hulle dit gedoen het was dit om n grap te maak…wou hulle hom bang maak en hoekom…..wou hulle hom regtig begrawe en aan die brandsteek……was hulle gesuip……kan maroela utvind……?

Landi Slatter ·

Dagsê Johan

Dankie vir jou navraag. Meer besonderhede oor die beweerde voorval sal moontlik tydens die verdagtes se volgende hofverskyning (25 Januarie 2017) aan die lig kom.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Celeste ·

Dit is verskriklik, maar waarom word dit nou aan die politieke klok gehang? Wat van al die plaasmoorde wat daagliks plaasvind? Hierdie is nie ‘n politieke misdaad nie, die EFF gaan darem nou te ver en kan nie alle witmense hierby betrek nie. Sulke gedrag word tog ten sterkste veroordeel, ongeag watter kleur jou vel is.

Johan ·

Maroela julle is stadig met julle verslag gewing news 24 sê blybaar hy het net glo op die plaas geloop en hulle het gesê hy trespass……..waar hulle toe hom in kis gooi en dreig om hom te begrawe en brand…….nou as daar plaas moorde in die omgewing is en jy sien iemand wat nie daar hoort nie…..wat gaan jy doen…….die useless polisie bel……hom arresteer……hom skiet…….hom die skrik op die lyf jaag dat hy dit nooit weer doen nie…… ek sê net wat sal JY doen……….3 kante van n saak…….

Johan ·

Hy sê hulle beweer hy het ge trespass…..toe doen hulle dit…..wat sal JY…..doen? Plaasmoorde in die omgewing………ek sê net……..

SP Viljoen ·

Luister na Brand Suid Afrika deur Fokofpolisiekar.

Geniet!

Se net ·

There are some of us that are working hard at reconciliation. Making a difference. Situations like this creates havoc. Fuels hatred. How is this helping our country? Besides this treating anyone is such an inhumane way is shocking. They deserve to be I’m prison.

Moira ·

Wat het hul besiel. Hul kruip weg agter borg omdat hul vrees vir hul lewe maar wat van ander wit mense wat nou weer gaan ly daaronder.

Louise ·

But it is OKY for arme ou Malem to say we have to get RID of whites or KILL THE BOER KILL THE FARMER.
No problem you NEVER EVER hear anything else on those cases but SHOE on cases like these word die hele dam onder die eend uit gerik. Fout ja GATVOL beslis

Lindie ·

Nee, Louise wat Malema doen is nie reg nie. Een verkeerde daad maak nie ‘n ander een reg nie? Die liberale media stook die rasse haat, moenie in daai gat trap nie. Divide and conquer. Stok ou modus operandi wat vrugte afwerp vandag nog. Verkeerd bly verkeerd ongeag ras of kleur.

Lindie ·

Ten spyte van wat die man gedoen het of nie gedoen het nie, is daar geen verskoning om enige mens so te behandel nie. Daar is geen regverdiging hiervoor nie. Mens doen nie sulke goed nie! Ek verstaan nie wat ‘n mens se oorweging is om so iets aan te vang nie?

E ·

Kyk dis nie reg wat hul gedoen het nie,maar wie het in gister se berig die polisievrou aangevat voor mede kolegas? Daardie persoon se naam mag nie genoem word nie. Die 2 word van fotos geneem en name genoem en natuurlik die groot ophef en en en.

Denise ·

Simpel !!! Dit kry Te veel aandag en die ophef oor iets so kleinlik wat soveel sensasie kry asseblief dit trek nou die aandag af van hulle oortredings en nou maak hulle n bohaai oor twee wit mans wat iets dom gedoen het maar intussen is hulle makkers besig om te moor , verkrag en te steel onskuldige mense elke liewe dag!!!!! Tiepies hulle styl!!!! Asseblief hou op julle eie wit mense so afkraak dink baie mooi voor jy so iets uiter ek praat dit nie goed nie wat hulle gedoen het nie en wie is ek in elkgeval om te oordeel wie het my God gemaak vir die dag om n ander so te wil beswadder ek is net nog n mens met foute ek hoop julle bly nie in glashuise die wat so klippe gooi????? Without prejudice!!!!

Gnomen ·

Dit is regtig nie ‘n ‘simpel’ insident nie. Dit is al klaar nuus op Al Jazeera.
Ongelukkig maak dit net ons almal en varal die witman in Suid Afrika se naam sleg in die buiteland.

R Eaton ·

Dis die media wat ons naam sleg maak. Nie ons self. As dit twee swart boere was was die kis aan die brand gesteek. Mense raak gatvol.

Piet ·

Ag asb hou tog net op om te se Malema gaan dit en dat doen ons is glad nie bang vir hom nie hy probeer net vrees saai en n paar mense word bang ons afrikaners is glad nie bang vir hom nie wat hy alles kwyt raak kan ons ook en veel erge dinge ssl met hulle gebeur hy is net n opperste opsteker van arme mense wat geen werk of kos of huise het nie hulle sal hom glo ek wil dit duidelik stel ons IS NI BANG VIR JULUIS MALEMA NIE Al dink hy so

Disselboom ·

Die voorval – op sigwaarde en wat vir ons gewys word – lyk na iets wat nie reg is nie, en manne moet hulle straf vat; maar sjoe, dit lyk ook nie of iemand dood is/vermink is/bloed gevloei het nie? Daar’s mos darem ander dinge ook in Suid-Afrika en in die wêreld aan die gebeur? Disselboom wil graag ‘n skuldigbevinding hier sien om so op ‘n nuwe Suid-Afrikatrant dan ‘n eis of twee teen ‘n paar seniors oor dinge van jare gelede met ontgroening in te stel.

Chrisjan ·

Storm in ‘n teekoppie wat deur die liberale media misbruik word om blankes te laat skuldig voel.

pop ·

Kyk mooi na die video. Die 2 manne word deur die SAPD lede die trappe op geroep. Dan neem almal fotos en Videos en die 2 manne word aangese om terug te draai en weer af te stap.

AG NEE ·

Ag nee wragties man. Hoe stupid wil julle wees? Dis so onnodig. Julle is seker die wat om braaivleis vure staan en ten hemele skreeu as daar n plaas aanval is. En wat het julle gedoen? Dieselfde!!! julle hoort in die trunk

Christo ·

So julle verstaan nie hoe kan dit so groot nuus wees as daai twee kinders (want hulle is beslis nie mans nie) wil ‘n ander man in ‘n kis druk en dreig om petrol oor hom uit te gooi nie.

Geraldine ·

Ek stem 100% saam.. In hierdie land gaan ons MOET begin saamstaan en ophou bang wees. Ons het dit eenkeer gedoen en ons kan weer

Geraldine ·

Dit is die rede hoekom die doodstraf nooit terug gebring sal word nie,, hy sal so sy eie nasie uitwis.

Anoniem ·

Nee wat die twee het gesorg hul is veilig in die tronk terwyl ons ander uitgemoor word!!!!!!

Denise ·

Regtig Gnome? En lees jy van al die moorde ook daar van ons wit mense wat nou al vir jare aangaan !!!! Ek stem saam met jou Chrisjan dit is propaganda !!! without prejudice

Shirls ·

Respekteer mekaar en houop om altyd net vinger te wys. Ek verkyk my hoe sekere kleur mense nooit wil groet nie, ongelukkig oor wat. Hulle het so baie maar eintlik het hulle niks. Geeneen hou van moord, verkragting, of om gevloek te word nie. Ek is so lief vir mense en wil nooit hê geeneen moet tronk toe gaan nie. Wanneer gaan ons leer om net verdraagsaam en mooi te praat. Die opgevoede mense uitgesluit. Liefde vir mekaar sê so baie.

Oni ·

Die feit bly staan dat die twee mans toegelaat het dat hul gevoelens oorgeneem het. Nie het hul, hulself in moeilikheid gedompel nie maar, hul families en elke boer op n plaas. ongrag wat die motief was, gaan neem jy nie n swaksmaak video en versprei dit vir die wereld nie. Daarvoor is geen verskoning te soek nie. Los vir n slag die ewige rassis storie en kyk na die werklikheid

E.K. ·

Weereens: Two wrongs don’t make a right. Net omdat Malema en kie wittes wil weghê uit die land of omdat wittes vermoor word beteken NIE dat witmense nou na daardie vlak moet daal deur sulke optrede nie! Hierdie is nou net weer ammunisie vir haatdraendes. En ek is ook al SOOO siek en sat dat as mense hierdie tipe dade veroordeel daar ALTYD weer iemand is wat kommentaar lewer in die trant van “ek wens julle wil so aangaan op berigte van ‘n boer wat vermoor is” – of iets in daardie lyn. Komaan mense, almal veroordeel nog elke keer die wat plaasmoorde gepleeg het so hou op om te maak of mens nie doen nie. Niemand het nog ooit dit goedgekeur of nie kommentaar op sulke berigte gelewer en dit veroordeel nie. Hierdie was onnodig en dom en as mens sulke goed aanvang moet jy maar die gevolge dra.

anton ·

E.K……..hoekom gaan staan jy nie ook buite die hof en toy toy saam met jou comrades nie.
Dan kan ons tenminste sien hoe jy lyk!!!

sdp ·

Ek stem mlady, maar dai fotos weet bitter min van..en die sg regering nog minder

Karma1 ·

Niks skok my sommer nie, maar ek is nou tot stilte toe geskok nadat ek die link gevolg het was M’Lady voorgestel het. Mense, gaan kyk daar. SIEN WAT DOEN MENSE VAN ‘N SEKERE RASGROEP AAN ONS BLANKES TYDENS PLAASAANVALLE. Daardie laaste foto het my sielensvrede finaal in stukke geskeur – was dit ‘n kind of ‘n hond? En die skape wat doodgemaak is in ‘n plaasaanval? En die ANC bly sê dit is deel van gewone misdaad? Ek het ook eers hierdie siening gedeel, maar nou is ek oortuig daarvan dat hulle daarop uit is om ons te uit te moor. Hierdie saak van die ou in die doodskis is werklik ‘n vulletjie teen die ander sake van plaasmoorde, geweldsgewys. CRY FOR MY BELOVED COUNTRY!!!

gatiep ·

As ek so deur kometare gaan klink dit vir my doodstraf sal gepas wees vir hulle.
Ons ander sal maar nog moet wag tot dit ons beurt is.

Jan ·

As iemand vandag in die land net aan ‘n ander een van ‘n ander ras stamp, dan sit hy in die tronk.

Yster74 ·

Ons blankes word met n ander stel reels gejudge as die ander manne. Waar is die sogenaamde Menseregte Kommissie. Maar ons moet ons weerhou van sulke optrede. Ek keur dit ten sterile af. En dan neem ons dit af ook. Waars julle verstand manne? Dis die goed wat die kind van die katel afstamp.
Maar daar is iets wat my pla.
Waar is die DA as boere vermoor, vermink, verkrag en veretter word.
Ons sal moet kophou en uithou en aanhou. Beveilig julle gesinne so goed jul kan. Bly meer gesinne op plaas, hoewe of erf. Wees meedoonloos oor veiligheid.
Sterkte julle.

miv ·

Kyk ek na die foto’s, dan weet ek ek sal nooit my medemens dieselfde wil aandoen nie. Dit behoort elkeen wat dit sien aan te spoor om beter te wil wees en nie te vergeld nie. So ‘n wreedaard is sonder God. Die foto’s dien ook nie vir enigiemand as verontskuldiging om ook wreed teenoor ‘n medemens te wees nie.

Oom Kalahari ·

M’Lady, ……….Sjoe daardie link wys duidelik dat iets anders aan die gang is en is hierdie dade alles in Suid-Afrika op plase gepleeg. Hoe kan dit dan as gewone misdaad beskou word????
Nee regtig, ek praat nie die kis aangeleentheid goed nie, maar dit is ‘n siek speletjie teen hierdie onmenslike dade wat dan nie die ernstige optredes kry wat dit verdien nie. Hoekom word hierdie dan ook nie deur die media wêreldwyd vertoon of plaaslik nie, maar iewers is ‘n skroef los dat net sekere dinge aandag verkry in hoofstroom media’s. Daardie foto’s het my regtig hartseer en hoe kan mens so gevoelloos wees teenoor andere om sulke misdade te pleeg en dit word onder die mat ingevee. Dit is hartverskeurend.

Swanna ·

Ek het ook na daardie foto’s gekyk en dit is nie die enigeste mense wat so wreed vermoor is nie. Van my familie is jare gelede toe hierdie gemors begin het ook so op hulle stukkie grond vermoor. Mens as dit jou nog nie getref het of van jou familie weet jy waarvan jy praat nie. Ek praat nie hulle ding goed nie, was baie onnosel om dit te doen maar kom ons wag dat die saak eers aan die gang kom en hoor wat was die oorsaak van hulle aksie. Ek hoop maroela gaan die saak volg en ons op hoogte hou of is hierdie weer net soos enige ander joernalis net om ‘n storie in die koerant te kry en vergete raak. Hierdie saak raak ons almal of jy wil weet of nie en soos gatiep se ons beurt kom nog. So wees maar baie wakker en bedagsaam.

anne hay ·

Asb.!! Waarvoor al die media dekking en hy het oortree en leef nog steeds.!,wat van onskuldige oumense en mense op plase wat vermoor is en nie vir hulself kan praat nie..?!..hoekom gee jul nie mediadekking hoe word mense deur hul eie mense gemartel en vermoor in lukasies nie.!! Jul hou net daarvan om die rassekaart te speel.!!

Losklos ·

Aan almal wat so vinnig oordeel – stop en dink. Hierdie ouens het een fout gemaak: toegelaat om afgeneem te word.
Ons het geen idee waarom hul dit gedoen het nie. Moontlik was die “arme” kerel gevang toe hy ‘n boervrou verkrag het, of moontlik toe hy ‘n boer met ‘n mes probeer doodsteek het, of toe hy na Malema se oproep geluister het en onwettig ‘n plaas probeer oorneem het?
Noudat gedoen is wat ookal gedoen is verguis ons die beskuldigdes? Sonder dat ons weet wat die oorsaak was? Wat het nou geword van “saamstaan”?
Ons lees gereeld hier van mense wat politici uitdaag om te “probeer net”! Moontlik het die “slagoffer” probeer – en dis die gevolg.
Wees versigtig met die lekker selfone wat alles afneem – dit kan ons ondergang beteken.

andrew ·

Dis die regering se skuld dat boere gereg in eie hande neem want die boere word doodgemaak en hul goed word gesteel op plase..!! Hou op om alles tussen wit en swart rassisties te maak..n skelm of moordenaar bly een maak nie saak of hy wit of swart is..!! Miskien moet die skelms en moordenaars by die regering se huise n draai gaan maak en dan kyk ons wat HUL dan doen…!..?

Dan ·

Ek praat nie hierdie twee manne se optrede goed nie. Laat ons egter wag om te hoor waarom hul die man so behandel het – dalk is daar ‘n goeie rede. So die ANC, EFF en die DA was by die betogings betrokke; ek sien hul egter nie betoog oor die talryke plaas -en ander moorde wat op blankes gepleeg word nie. Ek hoor hulle nie iets sê wanneer blanke babas vermoor en blankes ure lank gemartel word voor hul vermoor word nie. Maar ek sien hier is baie liberale blankes wat baie te sê het oor hierdie geval waar die klaer nie eens beseer is nie. Die kanker is binne ons geledere, daarom gaan dit so. Al Jazeera berig oor hierdie geval, maar nie oor een van die derduisende grusame moorde op blankes nie. Wanneer gaan julle wakker skrik mense, hoe lank gaan julle oë nog gesluit bly?

Jan ·

Ek sien die engelse pers sê dit was ‘n rassistiese aanval. Dit lyk my sodra twee of meer mense van verskillende ras bymekaar kom, is dit ‘n rasse aangeleentheid, soos ‘n rassitiese vergadering. Wat van ‘n rassitiese troue.

andrew ·

Dis die regering se skuld dat boere die gereg in eie hande want boere kry geen beskerming teen skelms en moordenaars op hul plase..n skelm of moordenaar het nie kleur nie.. maak ni saak of hy wit of swart is hou net op om alles rassisties te maak..miskien moet die skelms en moordenaars wat plase besoek n draai gaan maak by die regering amptenare se huise en dan kyk ons of HUL net agteroor gaan sit..?!

RB ·

Hoekom hoor ons nie die volle storie nie? Dus wat was die rede hiervoor? Ek keur dit ook nie goed nie, glad nie, maar hoekom het hulle dit gedoen? Wat so jy of ek doen as ons die rede daarvoor weet??? Wonder ek? Is die ouens net al so GATVOL a.g.v dit wat hul al deurgemaak het…. en die was net die laaste strooi? Ons ou Afrikaans sprekende mensies is tog so “high en mighty” en altyd vinnig om ‘n vinger en ander se “sonde” uit te wys, maar “meantime back at YOUR little ranch” is die Ds. besig om kinders te misbruik, jou man kyk lekker porn en begeer jonger girls, jy of jou man behandel mense wat vir julle werk soos gemors, steel by ander, hou jouself baie hoogmoedig, loop lekker met die Bybel onder jou arm rond as dit jou pas en dan manipuleer jy mense met jou geloof ag en so kan ek die hele dag aangaan…… Ek sê net ons ou verkrampte Afrikaans sprekende generasie moet bietjie begin vee met een HELSE BESEM VOOR JOU EIE DEUR!!! En dan jy wat so bek vol tande het, wat doen jy in die verkeer daagliks as iemand voor jou indruk? Waai jy vir hulle? Groot sondes, klein sondes dit bly verkeerd. So tensy jou huisie silwerskoon is…. “Shut your trap!!!”

Manie ·

As die video gemaak is met n wit persoon as die slagoffer van hulle grap wonder ek of die reaksie dieselfde sou wees. Ek gaan dit self beantwoord…..nee. Die ja baas houding van die wittes is n groot bron van bekommernis. Hoe gaan ons as Afrikaners die rassis en wit hater Malema aanvat. Die Afrikaner van ouds. Heeltyd besig om mekaar te ondermyn

Cacophony ·

Wat tragies is is dat hierdie vervloekte land almal in hom se menswees steel.

sdp ·

My bloed kook. Als gaan oor die traumatiseerde. Wat van die 2jarige en husbediende vandag met die inbraak? Nee syt n verkeerde kleur..wag voor ek dit verloor

Connie ·

Is iemand dood? Nee. Die boere en witmense word vermoor maar dit haal nie voorbladnuus nie. Waarom nie? Die marteling van mense op plase haal nie voorbladnuus nie. Die trauma van kinders op plase haal nie voorbladnuus nie? Waarom nie?

Vivian ·

Ter nadenke. Hoekom is daar nie sulke opstanding teen die onreg van boere wat gedreig en vermoor word op afgryslike maniere nie? Miskiwn het die ou dit glad nie verdien nie. Wie weet? Op die einde van die dag is 2 verkeerd geen reg nie. Ek word regtig kwaad vir mense wanneer hul optree asof hul net so goddeloos is soos die wetteloses. Maar word ook kwaad oor sien een lewe tel bo n ander. Hoeveel boere word aangrval gedreig en gruwelik aangerand en vermoor. Sien ons die partye optrek vir die onreg?

Veertjie ·

Pieter, Manie, Jakes, ek voel net soos julle. Hier word nou van ‘n molshoop ‘n berg gemaak en nee, hul het nie reg opgetree nie maar wat van ons boere en blankes wat ELKE LIEWE DAG VERMOOR word? Wat daarvan?!! En wie was so onnosel om so video op sosiale media te post?

Mossie ·

Ek het net 1 vraag: luister asb na die twee seuns se redes; ‘n saak het twee kante. Die doodskis outjie lyk nie of hy ‘aangerand’ is nie? Hy het ook gese hy is met ‘cable ties’ vasgebind? sy hande was los – hy lieg. Hoop regtig die saak word regverdig ondersoek.

Liefdeskind ·

Hierdie klink vir my na ‘n “false flag” insident. Net om die wet op rasisme deur te stoomroller. Hoekom iets afneem wat jou in die tronk gaan beland?

Charles Skeen ·

My besondere vraag hier, is hoekom die manne uit die selle laat opkom vir fotos deur die media? Ek het nog nooit gesien dat hulle anderskleuriges uit die selle laat opkom spesiaal sodat die media hulle gesigte kan afneem nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.