Groot skade is in die Belfast-omgewing in Mpumalanga aangerig nadat ʼn hewige storm en vermoedelik ʼn tornado oor die gebied beweeg het.
ʼn Inwoner van Belfast het aan Maroela Media vertel dit was “pikdonker” buite en dit het kort daarna begin reën en hael. Hy was vinnig in ʼn winkel in die dorp en het eers die skade gesien toe hy weer buite gekom en huis toe gery het.
“Die skade is veral erg langs die Dullstroom-pad buite die dorp waar talle bome ontwortel is en huise se dakke afgewaai het. Twee afleweringsvoertuie het omgewaai. In die dorp self het baie bome ook omgewaai en daar is ligte skade aan huise en geboue aangerig.”
Maroela Media kon nie onmiddellik bevestiging kry dat dit wel ʼn tornado was wat oor die dorp beweeg het nie. ‘n Paar mense is na bewering vir geringe beserings behandel.
In Februarie vanjaar het ʼn tornado groot skade in Belfast aangerig.
Kan iemand my asb besonderhede stuur om bydrae te maak vir seun wat met petrol gebrand het.Baie dankie
Loer na die link hieronder
NPO 124-379
[email protected]
[email protected]
Bank Account for Donations
Nedbank Acc nr: 1047 234 327
Branch Code: 198 765
Ref: SEAN
http://www.heroburn.org/
Kyk op die jacaranda breakfast page
Die Hero Burn Foundation help steeds om geld in te samel. Skakel 082 902 1133 of klik hier vir hul bankbesonderhede. Gebruik “Sean” as verwysing.
Kyk af ondertoe van Maroela se site en waar die ander stories van vandag was in die berig is die wat ek nou net gepost het hierbo.
https://www.jacarandafm.com/shows/good-morning-angels/good-morning-angels-call-you-help-16-year-old-sean-smith-who-survived-devastating-burn/
Hero burn foundation – nedbank branch : 198 765. Account no : 1 047 234 327. Ref : Sean
Moet jul ouens hierbo nie dalk navraag doen oor hulp vir die tornado slagoffers in Belfast – dis waaroor hierdie berig gaan? Ek sê nou nie jul moenie daardie seun help nie maar ek dink net jul kommentaar is op die verkeerde plek geplaas.
Ja, ek hoor daar het drie tuinstoele gebreek….. spot net. Ek sien jou punt in E.K.
Sjoewwweeee!!! Wat gaan aan daar. In Februarie 2016 was daar ook ‘n tornado daardeur! Sterkte aan almal in Belfast.
Dis asof elke tweede berig deesdae vir geld vra. Dit gaan werklik goed met Suid Afrikaners as hulle binne 3 ure bykans ‘n miljoen kan skenk. Ek wonder waar het ek van die wa afgeval, want dit gaan maar broekskeur hier by my en ek kan niks gee behalwe my gebede nie. Sterkte aan almal.
…maar my skapie ‘n opregte gebed is ook soos ‘n paar R1000.00! Moenie sleg voel nie, ek is seker dit word ook opreg waardeer, almal kan nie gee nie, maar almal kan OMgee!
My Pa woon daar op Belfast, maar moet se hierdie het al die 25 of 26 ste Oktober 2016 gebeur. Maroela dis bietjie laat berig.
Dagsê Johan
Dankie vir die terugvoer. Sien gerus die datum bo die berig. Ons het die berig 26 Oktober geplaas. Dit is moontlik dat jy dit dalk net nou eers gesien het.
Groetnis
Landi nms Maroela Media
My pa woon daar op Belfast. Maar hierdie het al op 25 0f 26 Oktober 2016 gebeur. Bietjie laat berig daaroor Maroela Media.