Video: ‘Geen kortpaaie om beurtkrag te verlig nie’

Dr. Kgosientsho Ramokgopa, die minister van elektrisiteit (Foto: Ntswe Mokoena/GCIS)

Dr. Kgosientsho Ramokgopa, die minister van elektrisiteit, het Sondag tydens ʼn perskonferensie gesê die kragvoorsiener sal nie kortpaaie vat om beurtkragfases te verlig nie.

Volgens hom word beplande instandhouding verhoog.

Hy sê die nadelige aspekte van beplande instandhouding en om dinge op die regte manier te doen, is dat beskikbare kapasiteit van die netwerk verwyder word en, indien dit saamval met bykomende eenhede wat weens tegniese foute onklaar raak, is die kragvoorsiener blootgestel. “Die enigste instrument wat dan tot ons beskikking is, is om beurtkragfases te verhoog.”

Volgens hom is dit die rede hoekom fase 6-beurtkrag die afgelope week toegepas moes word.

Hy sê Eskom poog om, indien eenhede onverwags onklaar raak, dit so vinnig as moontlik te herstel om die impak van beurtkrag te verlig.

“Ons sal steeds voortgaan met die omsigtige benadering om hierdie probleem op te los en ons is in staat om ons versoek vir bykomende hulpbronne aan die nasionale tesourie te regverdig.”

Die voordeel van beplande instandhouding is dat die kragvoorsiener “met ʼn groot mate van vertroue” kan getuig van die eenhede se vermoë om volhoubaar krag te kan lewer, indien dit ná instandhouding aan die netwerk verbind word.

“Soos die president sê, dit is korttermyn pyn vir langtermyn gewin.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Hannes ·

Dit het julle 30jaar geneem om Eskom te breek, en dan die “Geen kortpaaie“ uitdrukking, met die stand van ons paaie en potholes is daar eindlik geen paaie oor nie…

Nie Verbaas ·

Hierdie man moet dink ons is idiote. Dit moet lees “Soos die president sê, dit is korttermyn gewin vir langtermyn ANC pyn.”

annie ·

Dr Tweety aan die woord: Fluit, fluit my storie is al amper weer uit…

Fanie ·

Die anc…… Her ontwerper van die wiel sedert 1912. Andre de Ruyter en sy span het PRESIES dit gedoen. Net jammer julle besef nie dat die wiel so baie speke met rede nodig het nie………………

Sonblom ·

Jy het jouself so weerspreek Mnr minister. Paar maande terug het jy gesê die einde van beurtkrag is nader as wat mense dink, en nou praat jy ander stories. Het jy ‘n idee wat jy doen?

Amelia ·

Elke keer die selfde storie Die man verdien n grooooot salaris om elke keer selfde woorde te se wanneer gaan die “instandhouding ” dan endag klaar wees

CHRISTINE ·

Nee want dit is alweer iets wat die onbevoegde anc probeer doen, weereens by die Chinese gaan bedel.

Astrain ·

Was dit nie presies wat André de Ruiter ook gesê en gedoen het nie….o ja maar hy is mos bietjie bleek….

christo ·

Slim vang sy baas. Gedink dis so maklik soos 1, 2, 3. Ons wonder hoe lank voordat die Eskom bestuur wéér gepos word.
Sodra meer en meer besighede, boere en huishouding totaal onafhanklik van Eskom is, hoe meer gaan Eskom kla dat hulle nie voldoende inkomste genereer om ‘n diens te lewer nie. Dan sal SARS seker die arme belastingbetaler nog meer belas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.