Video: Herstel van vertroue tussen publiek en metropolisie

Argieffoto bloot ter illustrasie van die Tshwane-metropolisie. (Foto: TMPD/Twitter)

Die Tshwane-metroraad het onderneem om korrupte en kriminele metropolisiebeamptes vas te vat en  twee beamptes is die afgelope naweek in hegtenis geneem terwyl sewe strafregtelik ondersoek word.

Volgens Sipho Stuurman, woordvoerder van die Tshwane-metro, is twee beamptes verbonde aan die Tshwane-metropolisie (TMPD) in Diepsloot, Johannesburg, deur die Johannesburg-metropolisie (JMPD) in hegtenis geneem omdat hulle buite hul jurisdiksie met ’n private voertuig as metropolisiebeamptes opgetree het.

Die sewe beamptes wat ondersoek word, het glo onwettige asemtoetse gebruik. Vyf van dié beamptes het boonop tydens ’n voorval ook buite hul jurisdiksie gewerk en het na bewering ’n lid van die publiek afgepers en beroof.

Die TMPD het verlede week ʼn direktief uitgereik waarin motoriste toestemming verleen word om ʼn metropolisiebeampte se aanstellingsertifikaat aan te vra en selfs ʼn video of foto van die beampte, die sertifikaat of van sy of haar voertuig te neem.

Volgens die Tshwane-burgemeester, Cilliers Brink, is hierdie direktief om die publiek en beamptes te beskerm en vertroue tussen die twee te herstel.

“Terwyl ons die koring van die kaf in die TMPD probeer skei, weet ons daar is baie goeie beamptes wat steeds ’n verskil probeer maak. Ek wil hulle bedank en bemoedig om voort te gaan om die gemeenskappe met integriteit te dien,” sê Brink.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Michael ·

Nee wat diegene wat enige persoon in ‘n uniform vertrou is werklik naief. Hierdie vertrouensbreuk sal geslagte neem om te herstel indien ooit. Ons is as kinders geleer om almal in uniform te respekteer en te vertrou. Nou leer ons ons kleinkinders om geen persoon in uniform te vertrou nie en dadelik alarm te maak wanneer iemand in uniform naby hul kom

Retha ·

Ek kon dit nie beter gestel het nie – jy is ongelukkig 100% korrek, Michael! Dis baie baie hartseer. Die ou wereld het ‘n lelike plek geword.

domheks ·

Sal nooit verander nie! Hulle is honger, het nog nie genoeg by die trog gekry nie!

Vonkprop ·

JMPD arresteer nou TMPD. Ai my jinne wat ‘n grap het ons land nie geword nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dit raak nou soos Soedan waar faksies van hul weermag oorlog maak. Wag net vir Lesufi se 10 000 kitskonstabels om toe te tree. Ons gewone burgers beland in die kruisvuur.

M ·

Bakgat werk !!!!!! …… Ek hóóp regtig dat, die stemvee en álmál wat nodig het om die uiters bekwame hantering van sulke sake te hoor, dit ontvang en luister daarna.

Johann ·

Maak al die videos wat julle wil…die vlak van onaantasbaarheid maak die “beamtes” vermeteld verby. Sal bloot nie stop nie.

Fanie ·

Hulle kan maar hulle oe gooi op Lynwood weg verlenging ( Graham road), Net verby Hazeldean, Garsfontein weg, Tussen Bhouse en Mooikloof, Delmas pad in sy geheel, maar veral, in die duik langs Rietvlei natuur reservaat tussen afdraai na Musanda en indraai na Rietvleiview. Ons vermy daardie paaie – veral in die nag as mens laat werk – dan ry jy snelweg tot by Garsfontein Afrit, en skiet dan deur Tiegerpoort toe

Hennie Biebouw ·

Wyl hul nou hiermee besig is, moet ‘n mens erkenning gee vir die realiteit dat elke skuldige persoon wat in die verlede omkoopgeld betaal het, eerder as om die eerbare te doen en die reg sy verloop te laat neem, bygedra het tot die situasie wat ons vandag hier sien…

Amelia ·

Stem nie saam nie as hul jou krimeneel aankla het jy lewenslank n rekord Die kriminele sal enige storie opdis om publiek aan korste end te laat trek

John ·

Ek was self vir meet as 23 jaar ñ lid van die SAPS. Daar was vir ons geen groter vernedering as om van enige krimenele optrede verdink te word nie. Vir hierdie mense is dit asof dit ñ bevordering is om van sulke ongeruimdhede verdink en of aangekla te word.
Ek kan nie sien dat die verhouding en of die vertroue tussen die publiek en die SAPS en die TMPD sommer weer sal herstel nie.

Wit Leeu ·

Nee wat, vat jou hele Tshwane-metroraad en gaan blaas doppies ! Die goed kan en sal nie verander nie !

TheSnake ·

Die direktief beteken niks nie. Slegs die 1 of 2 eerlike TMPD amptenare gaan hulle daaraan steur, of in hulle eer gekrenk voel. Die lot wat i.e.g. nie die wet gehoorsaam nie, gaan nou EERS jou foon afvat en nog meer geld eis!

August ·

Ek ry daagliks in Paul Kruger str op en af , en veral by die diere Tuin is dit n mal huis dit is n blok weg van TMPD se depo af. Daar is nie n teken van TMP nie die Taxies doen net wat hulle wil die bus laan word n ren baan nie net vir die taxies nie privaat voertuie ook. As daar n blou lig in jou kar is dan kan jy ook daar ry. Maar as jy verby the tronk ry daar kan hulle 10 diep staan en al wat n kar is af terk, en dit is al twee kante toe.

etienne ·

Tshwane kan maar die TMPD ontbind, die publiek se vertroue is al vir jare lank verwoes met korrupsie. Sulke skade maak jy nie dadelik reg met n ou “briefie” in die koerant nie. n vertrouens verhouding word opgebou deur jare en selfs eeue. Hierdie verhouding gaan moeilik weer regkom.

Blikkies ·

Is daai skelm beamptes nou al weggejaag sonder voordele en salaris, of is hulle nog steeds aan diens.

Heinrich ·

Hoekom Tswane uitsonder? Die res hier aan die Rand is net so korrup. Die publiek se reg om fotos van hulle te neem moet oral verskans word.

Shakespeare ·

Het onderneem……..??? En daarna ? Gaan kaders nou regtig hulle korrupte tjommies weggee?? As dit wel gebeur sal die SAP en Metropolisie weer omtrent 50000 nuwes moet aanstel.

Taurus ·

In die jare toe die kamtige beamptes nog “spiedkops” was het dit baie, baie beter gegaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.