[Video] Klara roerend gegroet

Klara Göttert. Foto: Facebook

Klara Göttert. Foto: Facebook

Klara Göttert, die 14-jarige meisie wat van die boonste verdieping van ’n winkelsentrum na haar dood gespring het, is Saterdag ter ruste gelê.

Klara se liggaam is Dinsdagaand by die Northgate-winkelsentrum naby Fourways gevind. Sy is die middag as vermis aangemeld nadat sy nie ná skool terug huis toe gekeer het nie. ʼn Grootskaalse soektog is begin en haar liggaam is omstreeks 21:30 by die winkelsentrum gevind.

Klara se begrafnis is Saterdag vanuit die NG gemeente Aasvoëlkop in Northcliff gehou. Liesl Göttert, Klara se ma, het op die dag van die begrafnis op Facebook geskryf: “Die sluier van hartseer wat vandag oor Johannesburg, die provinsie, die land, die kontinent en die wêreld trek, is ’n sluier van pyn en hartseer wat te swaar is vir een persoon, vir een familie of een skool om te dra. Dit is waarom ons as mense bymekaarkom om vandag krag by mekaar te kry. Die ondersteuning is ongelooflik.”

Klara se broer en suster, Rebekka en Benno, tydens die kerkdiens. Foto: Facebook

Klara se broer en suster, Rebekka en Benno, tydens die kerkdiens. Foto: Facebook

Göttert het geskryf sy wil haar medelye betoon aan elke persoon wat op enige manier deur Klara of haar storie aangeraak is. “Julle is ook geraak deur haar afsterwe en haar ongelooflike gees. Julle wat haar nie eers geken het nie. Julle wat vir my geskryf het en gesê het julle ken ons nie maar julle harte is in stukke geskeur en julle huil al heeldag. Vir julle wat deur soortgelyke situasies gegaan het, wat julle eie kinders verloor het. Vir julle wat vandag hartseer is, vir julle gee ek ook my medelye. Vir julle gee ek ʼn drukkie en al my ondersteuning. Ons vier vandag Klara se lewe en ons almal rou oor haar.”

Klara se suster en broer, Rebekka en Benno, het tydens die kerkdiens almal bedank vir hul bydrae terwyl hulle mekaar ondersteun het. Haar pa, Dieter, het ’n spesiale video saamgestel wat tydens die diens vertoon is.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Klara Göttert op Maroela Media.

https://youtu.be/nfGGzHU9lwY

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hannelie ·

Klara! Die vraag bly by my spook! Was die “duik” van die gebou af nie maar ‘n baie tragiese ongeluk nie? Het jy nie ‘n “Parkour” duik gedoen en jouself liederlik misgis nie?

Louisa ·

Sy is nou in God se pragtige blomtuin.dink aan Al die mooi wat was…Haar plekkie is wel leeg

Petro ·

Hannelie nou praat jy. Ek dink al van verlede week af ook aan die moontlikheid nadat ek “Parkour“ gaan google het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.