Video: Kleuter ontsnap uit brandende huis

Die brand het Woensdag na 13:00 uitgebreek (Foto: Rusa, Facebook)

ʼn Vyfjarige seun het Woensdag ’n noue ontkoming gehad toe hy betyds uit ʼn brandende huis in Durban, KwaZulu-Natal, ontsnap het.

Die seun was in die boonste verdieping van ʼn huis in Millweg in Avoca, Durban-Noord, toe ʼn brand om 13:24 op dié verdieping uitgebreek het.

Volgens Prem Balram, woordvoerder van Reaction Unit South Africa (Rusa), was ʼn reaksiebeampte van Rusa in die omgewing toe hy rook uit die huis sien trek het. Hy het die hulp van ander beamptes ontbied.

Brandbestryders het vinnig die brand in bedwang gebring (Foto: Rusa, Facebook)

“By beamptes se aankoms by die huis was die boonste deel van die huis heeltemal in vlamme gehul,” bevestig Balram.

Omstanders het die beamptes ingelig dat daar ’n vyfjarige seuntjie in die huis vasgekeer is.

“Beamptes het ʼn soektog na die kleuter van stapel gestuur en hom toe buite die huis in die straat gewaar. Hy was ongedeerd.”

Volgens die seun was hy alleen in die huis toe die brand uitgebreek het. Hy het uit die huis gevlug en sy pa – wat vroeër na ʼn plaaslike winkel gegaan het – gaan soek.

Die vyfjarige seun was alleen in die huis toe die brand uitgebreek het (Foto: Rusa, Facebook)

“Brandbestryders is na die toneel ontbied en het vinnig die brand in bedwang gebring. ’n Gedeelte van die dak het ineengestort.”

Die oorsaak van die brand word ondersoek.

‘n Beampte van Marshall Security – ‘n plaaslike sekuriteitsmaatskappy – het ook ingespring en gehelp:

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Misky ·

Hoe los jy jou 5 jarige kind alleen by die huis? Gelukkig kon daai arme kind nog veilig uit die huis kom en kon so anders uitgedraai het

Shakespeare ·

Dsnkie tog die kind is veilig. Lyk my Zuma se KZN empire gaan een vd dae niks meer oorhê om af te brand nie.

Waarnemer ·

3 horas vir die sekuriteitsbeampte vir sy vinnige opotrede

Illa ·

Wie het opgelet dat die een beampte water spuit met ‘n bars in die pyp…?
Net in Afrika…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.