Video: Krokhanteerder ontkom ternouernood

Krokodil

Een van die reptiele het ‘n krokodilhanteerder gegryp. (Foto: Facebook / Skermgreep)

ʼn KwaZulu-Natalse krokodilhanteerder is Sondagmiddag na die Victoria-hospitaal op Tongaat gehaas nadat een van die reptiele hom tydens ʼn vertoning op die dorp gegryp het.

Beeldmateriaal van die voorval by Crocodile Creek, wat wys hoe die krokodil die man aan sy linkerbeen beetkry, het intussen soos ’n veldbrand versprei.

Reaction Unit South Africa (Rusa) is net voor 15:00 na die toneel ontbied om mediese bystand te lewer.

Peter Watson, eienaar van Crocodile Creek, het aan Maroela Media gesê die werker (27) het Maandag ʼn operasie ondergaan om die wonde te heg.

“Ons is dankbaar dat hy lig van die voorval afgekom het. ʼn Krokodil is niemand se speelmaat nie – maak nie saak hoe mak die dier is nie.”

Volgens Watson het die 80-jarige mannetjie die hanteerder nie “fisiek gebyt nie, maar aan sy linkerbeen geknaag”.’

Watson sê egter dit is kommerwekkend dat die werker nie die plaas se protokol gevolg het nie.

(Hannibal en ‘n krokodilwyfie. Foto: Crocodile Creek)

“Wanneer iemand in die hok ingaan – hetsy om dit skoon te maak, of om herstelwerk te doen – is dit ’n vereiste dat nog ʼn werker moet help om die situasie te monitor.”

Dié 80-jarige reptiel genaamd Hannibal is glo aggressief omdat ʼn 35-jarige wyfie in dieselfde hok is.

“Ek waarsku my werkers op ʼn gereelde basis om nie die diere te tart nie. ʼn Krokodil bly ’n roofdier.

“Enige hanteerder moet besef dat vertonings nie aangebied word om besoekers te beïndruk nie, maar om hulle op te voed.”

Volgens Watson is dit die eerste voorval, waarvan hy bewus is, die afgelope 50 jaar op die plaas.

Die plaas het daagliks vier begeleide toere om besoekers oor die reptiele op te voed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

tweeling ·

Stem George, duidelik ook nie protokol gevolg nie, sal hom leer of nie!

Tewis ·

Stoot my so met ń stok en jy kan dalk slegter daarvan afkom.
Hoop hy moet sy eie koste betaal vir so agterloosigheid!!

Delia ·

Ek wens mense wil ophou “cowboys” wees met wilde diere. Dit kon soveel anders gewees het.
En hoekom wil jy n dier steek met n skerp voorwerp waar jy weet dit gevoelig is. Die ou kort n dissipliner na sy mediese behandeling.

Aai ·

Steek my met so stock en druk hom in my sy dan gaan jy bietjie erger afkom.

Casper ·

As dit is om mense op te voed:
1 As jy in die krokodil se kampie is hoekom aan die dier torring
met ‘n stok.
2 Hoekom wil jy aan die krokodil vat.
Ek het in my lewe nog nooit ‘n “mak” krokodil gesien nie.Baie ” mak” roofdiere het al mense aangeval en dood gemaak.

Sêmanet ·

Jy kan mos nie die ding so poke met ‘n stok nie, hoe dom is hy? En hulle noem hom ‘n krok hanteerder? Dis mos ‘n wilde dier, en hulle het nie hanteerders nodig nie. Los hulle net uit en moenie probeer shows doen met die diere nie. Hulle gaan jou mos opvreet.

Henk ·

Hierdie werker moet nou net nie dink hy kan ‘n saak teen die eienaar gaan maak nie, dit is mos hul modus operandi !!

Willie ·

Ek het al ‘n paar keer plekke besoek waar hulle onder andere krokodille aangehou het en met hulle gewerk het terwyl die hanteerder binne die hok was. Ek weet niks van krokodille af nie, maar wat die hanteerder gedoen het voor daar na hom gehap is maak nie sin nie. Ek het dit nog nooit voorheen gesien dat die krokkodil aanmekaar met stok gedruk word nie.

Vlekkie ·

Kap mos aan krokodil met ‘n stok soos ‘n wafferse groot meneer!

Danie ·

Absolute uittarting van n wilde dier.
Mooi so Hannibal, veg vir jou regte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.