[Video] Ons gaan rugbytoernooie ontwrig, dreig ANC-jeugliga

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die ANC-jeugliga dreig om ál SA Rugby se toernooie te ontwrig indien die unie nie dringend aandag gee aan transformasie nie. Die jeugliga het buite die rugbybeheerliggaam se hoofkantoor betoog.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

87 Kommentare

jongste oudste gewildste
D

Die oplossing is eenvoudig. Stop borgskappe en sien waar kom geld vandaan om al di ongekwalifiseerde spelers te betaal. Rugby en krekiet tans is in elk geval ‘n klug.

Daniel

Stop om na wedstryde toe te gaan. Die verlore inkomste sal baie vinniger en harder praat as enige ander aksies.

Tersia

Hoop net hulle weet as jy met Afrikaners se sport mors gaan dinge rof raak langs die veld en dalk nog daarop ook.

Rynhardt

SA RUGBY, jy moet transformeer! Jou baas, die Anc-Jeugliga het gepraat.Doen jy nie wat die jeugbrigade vir jou se nie, gaan jul die gevolge dra!!

Pappa Beer

Met ander woorde, as jy soos n stout kind aangaan en in massas hoofkantore, universiteite en ander instansies wat nie na jou sin is nie bestorm, dan moet jy jou sin gegee word? Hoeveel van daardie ongelukkiges kyk ooit rugby of krieket? Ken hulle ooit die reels van die spel? Ag nee wat, vat S.A sport en druk dit! Een van die dae gaan ek nie meer mag visvang as ek nie ten minste 2 of 3 “previously disadvantaged” hengelaars saam vat nie. Transformasie? Ek se blatante rasisme!