Die ANC in die Ethekwini-streek het gesê hy neem met kommer kennis van berigte dat daar ʼn video die ronde doen van sy streeksekretaris Bheki Ntuli se lyfwagte wat gewere rondswaai en gewelddadige uitlatings maak.
“Die ANC is geskok en getraumatiseerd oor hierdie video. In ʼn provinsie waar ons sukkel met ʼn toename in politieke moorde, kan sulke gedrag en openlike geweld nie toegelaat word nie,” lui ʼn verklaring. “Die ANC in Ethekwini sal die inhoud van die video bestudeer en indien dit waar is, sal stappe gedoen word.”
Aldus die verklaring wil die ANC in die streek dit ook duidelik stel dat sekuriteitspersoneel privaat bekom word en dat hulle werknemers is van die privaat maatskappy. “Dit is ook onmoontlik vir die streeksekretaris of enige ander leier om te weet wat veiligheidswagte of enige ander personeellede in hul afwesigheid doen. Daar sal in hierdie verband met die maatskappy ʼn gesprek gevoer word.”
Jacaranda FM het die video op YouTube gelaai:
Laat mens wonder of hulle of hulle pelle nie ook agter die plaas moorde sit om rasse haat en politieke onsekerheid aan te blaas nie. By plaasaanvalle word ook AK 47 gebruik. Wonder net !!!!!
Dink PSIRA moet daai maatskappy sê registration terug trek. En die Polisie moet die besit van die automatiese vuurwapen ondersoek
Betwis en ontken en ondersoek dit tot aan die einde van die lewe Asb tog ! Daar is die bewyse. Volgende sal wees die 2manne word net ge-relocate na ander lywag posisie. Wie weet dalk nog met stewige bevordering.
Hoekom is hulle nie ook sommer net in die tronk gegooi nie en sonder borg soos die witmans. Wat goed is vir die wittes is mos ook goed vir die swartes. Wat maak hul beter om nie ook in tronk te sit nie.
Maar hulle word nie aangekla oor die wapens wat in die video gebruik word nie. Sou dit iemand anders wees sou dit baie anders gelyk het. Hulle word kamma afgedank om net weer op n ander plek uit te spring.
Ek sal nie 2 keer dink om myself te verdedig nie ek hoop die mater word gearresteer
Hulle is klaar gefire.
Hulle sit agter baie van die geweld in KZN!!!!!!!!
wat is daar te ondersoek? so duidelik soos n neus op n gesig.
n AK74 ne!
Van wanneer af is dit wettig? Gee my ok een asb!
Sover my kennis strek het daardie klomp wapens wat voor 1994 land in gesmokkel is nog nooit te voorskyn gekom nie so ek neem aan daar is baie AKs beskikbaar,
Die ANC is geskok en getraumatiseerd oor hierdie video…. Ag asb.
Die man op die voorgrond laat val die pistool uit sy hand toe hy dit oorhaal! Weet hulle enige iets van die veilige hantering van ‘n vuurwapen?
“Gefire”… met die wapens….. Nou wonder mens wat hulle volgende daarmee gaan doen???
probeer ‘n selfie neem en met dit spring als uit die bos, spieeltjie ,spieeltjie…kyk hoe kyk hy vir my …..
Hulle is intussen afgedank (amper 24 uur gelede). :)
En die vertaling is nie akkuraat nie in die video nie Jakaranda.