Video: Twee vermeende reeksmoordenaars aangekeer

Skermgreep uit die video

Twee verdagtes, wat met ses moorde verbind kan word en vir verskeie ander moorde ondersoek word, is Dinsdagoggend in Newark in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem.

Die inhegtenisneming het geskied in samewerking deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens en Reaction Unit South Africa (Rusa).

Rusa het Dinsdagoggend ʼn oproep van die polisie se honde-eenheid in Durban ontvang met ʼn versoek om helikopter-ondersteuning vir die hoërisiko-operasie.

Rusa se R44-helikopter het omstreeks 09:00 na KwaDabeka vertrek vir ʼn gesprek met die ondersoekbeampte. “Rusa-beamptes is ingelig dat die verdagtes uiters gevaarlik en gewapen is en waarskynlik die helikopter sal teiken in ʼn poging om te vlug,” het Rusa in ʼn verklaring gesê.

Speurders van Newark-polisie, en die Umhlali- en Durban-honde-eenheid is na die ligging in ʼn landelike gebied ontplooi. Die ondersoekbeampte was aan boord die Rusa-helikopter en het laag oor die Tugelarivier gevlieg terwyl beamptes van verskeie eenhede by Bulwerplaas bymekaargekom het.

Die helikopter het 300 voet bo die verdagtes se huis gehang en beamptes op die grond het die perseel betree. Die inwoner is aangekeer en die ondersoekbeampte het hom positief uitgeken as die gesoekte verdagte.

“ʼn Rusa-beampte in die helikopter het ʼn wit Volkswagen Polo opgemerk wat agter ʼn huis tussen die Tugelarivier en ʼn groen strook versteek was. Die inligting is aan die grondspanne oorgedra en die betrokke huis is omring. Die tweede verdagte is in dié woning aangekeer.”

Die ondersoekbeampte het die tweede persoon ook positief uitgeken as een van die gesoekte verdagtes.

Albei verdagtes is sonder voorval in hegtenis geneem en hulle sal binnekort in die hof verskyn.

Two Arrested For Multiple Murders: Newark- KZNTwo suspects directly linked to six murders and currently being investigated for several other killings have been arrested in a SAPS/RUSA Operation in Newark – KZN this morning (Tuesday). Reaction Unit South Africa (RUSA) received a call for assistance from the SAPS Durban Dog Unit requesting aerial support for the High Risk Operation. The RUSA R44 Helicopter lifted-off at approximately 09:04 and routed to KwaDabeka – KZN where the Pilot & Crew attended a briefing with the Investigating Officer. Reaction Officers were informed that the suspects were extremely dangerous, armed and would most likely target the aircraft in an attempt to flee. Detectives from Newark SAPS, the Umhlali and Durban K9 Dog Unit mobilised to the target location in a rural area. The RUSA Helicopter lifted off with the Investigating Officer and flew low level over the Tugela River as Officers from various units converged on Bulwer Farm. The helicopter then climbed to 300 feet and hovered over the suspects home. Officers breached the property and took down the occupant. The Investigating Officer seated in the helicopter positively identified the man as the wanted murderer. A RUSA Officer in the aircraft noticed a white VW Polo concealed behind a house between the Tugela River and a green belt. The vehicle was identified as sought after and the information was relayed to the ground crew. The house was surrounded and the second suspect was found concealing himself inside the dwelling. The Investigating Officer once again identified the second occupant as a sought after suspect wanted for murders. Both suspects were taken into custody without incident.

Posted by Reaction Unit South Africa on Tuesday, January 10, 2023

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Althes ·

Rusa speel ñ groot rol in die voorkoming van misdaad! Well done

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.