Video: Werker bestuur ‘roekeloos’ tydens leeubesigtiging

‘n Skermgreep uit die video.

SANParke is hoogs ontsteld ná die oënskynlike roekelose optrede van ’n werknemer met ʼn bakkie tydens ’n onlangse leeubesigtiging in die Krugerwildtuin.

Lede van die publiek het die onlangse voorval onder SANParke se aandag gebring toe ’n video van die voorval op sosiale media versprei is. Daar kan in die video gesien word hoe ’n haastige werknemer by ’n trop leeus en welpies in die pad probeer verbykom.

Die leeus moet inderhaas padgee terwyl die bakkie deur die trop vleg.

Die voorval het ten aanskoue van besoekers plaasgevind terwyl hulle foto’s van die trop geneem het.

Dit is nie in dié stadium duidelik presies wanneer die voorval plaasgevind het nie.

SANParke het die werknemer se optrede Dinsdag ten sterkste veroordeel en gesê dissiplinêre stappe sal gedoen word ná ’n interne ondersoek.

“Hierdie gedrag is nie net onaanvaarbaar nie, maar strook ook nie met SANParke se protokolle by wildbesigtigings in die park nie. Hierdie soort gedrag deur werknemers of besoekers word nie aangemoedig nie,” lui ’n inskrywing.

Persone wat die voorval gesien het, word nou aangeraai om ’n e-pos na [email protected] te stuur sodat hul verklaring geneem kan word.

“Die datum, tyd en plek waar die voorval plaasgevind het, is van kardinale belang vir die ondersoek,” sê SANParke.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Flip ·

Ja-nee. Sy noodligte is aan so nou moet almal pad maak en die leeus verstaan ook mos al te goed van nood ligte.

Robert ·

Die wet is duidelik dat noodligte slegs gebruik word waneer die voertuig stilstaan en ‘n gevaar mag wees. Mag glad nie gebruik word terwyk voertuig beweeg nie.

Tiptol ·

Hierdie bestuurder moet dadelik afgedank word!! As hy so bestuur voor kameras, kan mens net dink hoe hy bestuur as daar niemand is nie.

Lillian ·

Ag wat gee hy om, hy werk vir ‘n salaris, dis nie noodwendig te sê hy is ‘n natuurl iefhebber nie.

Grens ·

Dit het glad nou nie so erg soos dit klink gelyk nie. Almal sit en leeus kyk, hoe moet hy dan verby gaan en sy werk gaan doen. Hy het rustig deurgery en ek sien nerens ‘n leeu in lewensgevaar nie.

Fran ·

Jy sou waarskynlik dieselfde gedoen het ou grens. Bly eerder uit die parke uit.

LD ·

Ja nee, ek stem saam! Mense kan partymaal oordryf! Daar het al baie erger dinge gebeur, dis nie asof hy bo-oor een gejaag het nie…. Ai!

Annelize ·

Waar sit jou ogies??? Hy het rakelings 2 van die leeus gemis!!! Hoop Sanparke jaag hom laat hy sy draaie nie kry nie.

Henri ·

Die Wildtuin is vir my hemel op aarde. Ja, soms kan mense die pad te veel versper by besigtigings, maar hierdie bestuurder se optrede is verregaande. Hy het twee wyfies rakelings gemis en ek sidder om te dink wat sou gebeur het as daar ‘n welpie agter die wyfie sou aanhardloop.

Dit spyt my om te sê, maar daar is geen, maar geen, trots by die meerderheid van SANparke se personeel op hierdie wêreld erfenis nie. Kyk maar net hoeveel werknemers word betrek by wildstroping en veral renosters. Dis ‘n skreiende skande.

Annelize ·

My bloed kook!!! Maar die noodliggies is mos aan, dan is als mos blou in die land van Afrika!

Pieter ·

Te verstane hoekom renosters so gestroop word in die wildtuin. Geen omgee en deernis vir hul werk nie, vul slegs die rasse en politieke kwotas.

Perdeby ·

Sjoe so asof die leeus verstaan wat noodligte beteken wow, sal seker net oor die vingers getik word

Sandra ·

Joh hy het amper twee leeus omgery. Ek dink hy moet vasgevat word oor die voorval. Geen respek vir die diere wat hy amper omgery het nie, dis duidelik sigbaar.

Ruby ·

DIT IS TOTAAL EN AL ONAANVAARBAAR!!!

HY MOET SUMMIER AFGEDANK WORD!!!

Onnie ·

Sies, die vark! Hoekom werk jy by die wildtuin as jy nie liefde of respek het vir diere nie.??

SjN ·

Hy moet seker nou weer redes aanvoer hoekom hy nie geskors moet word nie, laai hom tussen die leeus af sodat hy hul omverskoning kan vra asb.

ameli ·

Hulle jaag baie so tussen die diere
en die klomp trokke wat goed aflewer. Het al dit afgeneem en aangegee niks word gedoen nie. Hulle is n klomp gemors. Selfs die spul by hoofkantoor patete!!

Robert ·

Hulle het die nommer, hulle moet net kyk wie het die voertuig uitgeteken vir gebruik! Kom SANParks… kry die skuldige.

JohanR ·

Het die ou in die bakkie op sy breins gesit? Soe mooi toe die leeu welpie saam met die eerste bakkie draf .

LD ·

Die wat nie saamstem nie se kommentaar word nie eers geplaas nie! Lagwekkend! Snaaks hoe net party mense se opinies geld….

Charlie Brown ·

Dis skokkend, veral omdat daar klein leeuwelpies ook teenwoordig was! ‘n Mens kan sien hoe geskok is die leeuwyfies toe die betrokke voertuig deur hulle jaag!
Skandalig, en ek hoop werklik dat die betrokke werknemer nooit weer die voorreg sal he om in ‘n wildtuin te kan werk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.