Vier dood, 11 beseer in taxi-ongeluk

'n Foto van die toneel. Foto: @StanfromIBF/Twitter

‘n Foto van die toneel. Foto: @StanfromIBF/Twitter

Die N3-Noord is Maandagmiddag gesluit na ʼn gru-ongeluk waarin vier mense dood en elf ander beseer is.

Volgens Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het ʼn minibus-taxi op die N3-noord, naby die PPC sement-fabriek in Germiston, omgeslaan, waarna die hoofweg gesluit is.

Mathe het gesê vier vroue is op die toneel dood verklaar. Nog drie het ernstige beserings opgedoen.

“Ons kan bevestig al die passasiers vroue was, behalwe die bestuurder.” Alle beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na omliggende hospitale geneem vir verdere mediese behandeling.

Een kritiek-beseerde vrou is per helikopter na ʼn Johannesburgse hospitaal geneem vir dringende mediese sorg.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk en motoriste word aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

christine ·

Wonder julle nog hoekom POF solank vat om te betaal die ANC stemme wat so omkom. Omdat hulle lisensies bekom van korrupte verkeersmanne. Hulle gaan mekaar vernietig los maar. Ek gaan glad nie meer onodig uit met my kar nie. Want jy moet vir almal dink als langs jou agter jou van voor af, geen plesier nie en jy kom dalk nie lewend terug nie

christine ·

Wonder julle nog hoekom POF solank vat om te betaal die ANC stemme wat so omkom. Omdat hulle lisensies bekom van korrupte verkeersmanne. Hulle gaan mekaar vernietig los maar. Ek gaan glad nie meer onodig uit met my kar nie. Want jy moet vir almal dink als langs jou agter jou van voor af, geen plesier nie en jy kom dalk nie lewend terug nie

Misdaadbetrokke ·

Volgens ander media was die ongeluk veroorsaak deur misdadigers wat vir die polisie weggejaag het.

Staan verwonderd ·

Dit gaan my verstand te bowe dat daar nie meer ongelukke is waarin Taxi’s betrokke is nie. Hulle onderwerp hulle aan geen padreëls of enige ander reels nie, en toon geen bedagsaamheid teenoor ander pad gebruikers nie. Dit is skrikwekkend om te sien waar hulle stop en duidelik verstaan hulle nie die gebruik van nood flikker ligte nie. Waar in jou lewe het jy gesien ‘n mens stop sommer in die middle van die straat terwyl verkeer rondom jou maar moet stop of om jou moet ry. Robotte is skynbaar ook net daar vir ander padgebruikers en moet asb nie vergeet van die spoed waarteen hulle ry nie. In ons ou dorpie steur die verkeers beamptes hulle nie eers aan die taxi’s nie maar ons ander moet hou by die reels. Soos in baie ander fasette van die samelewing voel hierdie mense hulle het die reg om te doen en sê net wat hulle wil en kom met alles weg. Selfs met moord!

Petro le Roux ·

Hierdie ongeluk was op my pad huistoe gistermiddag – teenoorgestelde rigting. Nogtans was dit baie frustrerend en moeilik om te ry, want almal het mos rubbernekke! Maar dit gesê, het ons nie maar almal nie? Daardie bietjie sensasie en/of nuuskierigheid? Ja, die taxi’s is ‘n geweldige probleem, maar so ook (vir my) al die voertuie wat nie ligte het voor nie, of agter nie, of een helder en een dowwe lig, of een aan en een af, ek het selfs nou die dag hoofligte gesien (nie bloues nie) wat flikker. Is die mense dan onbewus van die toestand van hulle voertuie? Ek ry soggens baie vroeg werk toe, reeds om die verkeer te probeer vermy, maar smiddae is ek ongelukkig net so vas soos die res van die pendelaars. Sal meer sigbare polisiëring net die mense so ‘n bietjie in toom hou nie?

Buks ·

Staan verwonderd ek wil met jou saamstem kan nie glo daar is nie meer ongeluke nie. My verklaaring vir dit is dat daar duisende helde op ons paie rond ry en ongeluke verhoed. Ek self ry baie tussen Burgersfort en Louis Trichardt en ek red my eie lewe n paarkeer met n enkele rut van so 260 km praat nie eers van al die ander lewens wat ek spaar nie. Se vir ons helde wat dankie want ons weet hoe kosbaar ons is en die mede pad gebruikers. Dankie vir die helde wat my lewe is ook kosbaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.