Vier dwelmvondse by lughawe

Argieffoto

Argieffoto

Meer as R6.5 miljoen se dwelms is die afgelope week tydens vier verskillende voorvalle by die OR Tambo Internasionale Lughawe gevind.

Sandile Memela, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (Said), het gesê tydens die eerste voorval is twee passasiers, wat Woensdag van São Paulo, Brasilië, in Suid-Afrika aangekom het, betrap met 91 pakkies kokaïen wat hulle ingesluk het.

“Die passasiers is voorgekeer nadat een van hulle as ʼn moontlike dwelmmuil geïdentifiseer is deur middel van die Said se dwelmmuil-risikolys. Die tweede passasier is voorgekeer omdat hy verdag opgetree het,” het Memela gesê. “Die twee passasiers is na ʼn hospitaal geneem, waar x-strale getoon het die een het 58 sakkies kokaïen en die ander 41 sakkies gesluk. Die sakkies het saam 1.4 kg geweeg.” Albei is in hegtenis geneem.

Tydens ʼn tweede voorval Saterdag het ʼn snuffelhond 4 kg kokaïen in die badkamer van ‘n vliegtuig gevind versteek in ʼn kledingstuk. Die vliegtuig het ook pas uit São Paulo geland. Die kokaïen is meer as R1 miljoen werd.

Sondag is nog ʼn dwelmvonds gemaak, toe 16 kg se kristalmetamfetamien ter waarde van R4.8 miljoen in ʼn passasier se sak gevind is. ʼn Snuffelhond het op die sak gereageer en die bagasieskandeerder het getoon vyf plastieksakke vol kristalstof is in die sak versteek. Dié passasier is ook in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pammy ·

Jammer die dwelmpille het nie opgelos in hulle maag nie ! In n vliegtuig se toilet gelaat ?……..dalk bang geraak of is dit weer n “inside” job ? Snuffelhonde doen fantastiese werk ! Sluit die skuldiges weg : for keeps”en saag die sleutel in stukkies !

Gert ·

Nou is die krane oop wat betref dwelms. Ek wil tog net nie iets sê wat die stomme stoute mense sal tenakom nie want anders plaas Maroela dit nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.