Vier in Oos-Kaap doodgeskiet

Argieffoto

Die polisie in Willowvale in die Oos-Kaap het Maandag gesê hulle stel ondersoek in ná vier mense, waaronder twee kinders, in die gebied doodgeskiet is.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê die skietery het Saterdagaand in Dadamba Village plaasgevind. “Die oorledenes is uitgeken as die 79-jarige Thuna Blayi, 45-jarige Noyebanye Bobo, negejarige Olwam Bobo en die agtjarige Anathi Bobo. Hulle het almal skietwonde in hul bolyf opgedoen en is op die toneel dood verklaar.”

Manatha het gesê die motief vir die skietery is onbekend. Die bevelvoerder van die Butterworth-polisie het versoek dat ʼn spesiale eenheid die moorde moet ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

BlinkStephaans ·

Die motief sal iets wees wat kon opgelos word deur sinvolle gesprek tussen regdenkinde mense… maar ons is in afrika….as ons nie like van hoe jy dink of doen of wie jy is… dan vat ons jou uit… problem solved… dood sal jy dood.. want wie praat dan nou n saak uit soos mens maar maak in n beskaafde samelewing?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.