Vier kontrakteurs vermoor toe hulle kabelfout wou herstel  

(Foto: SA Polisie)

Die Ekurhuleni-metro het die “barbaarse” moord op vier kontrakteurs wat ʼn kabelfout wou herstel, ten sterkste veroordeel.

Die vier elektrisiëns was Maandag omstreeks 17:30 in Sarel Hattingh-straat in Klippoortjie, Germiston, besig om ʼn kabelfout te herstel toe hulle deur inwoners oorval is.

“Die gemeenskapslede het die kontrakteurs se voertuig van ʼn brug gegooi en dit aan die brand gesteek,” het Zweli Dlamini, woordvoerder van die metro, gesê.

“Die groep het hierna die kontrakteurs aangerand en vermoor. Wat die situasie erger maak is dat die slagoffers van hierdie gewelddadige moord probeer help het om kragtoevoer in die omgewing te stabiliseer.”

Die oorledenes was werkers van BMLL, ʼn subkontrakteur vir kabelherstelwerk in Germiston.

“Hoe op aarde laat ons ons werknemers en kontrakteurs toe om in gemeenskappe in te gaan ná so ʼn brutale aanval? Ongelukkig sal dit ons omkeertyd rakende diensleweringonderbrekings beïnvloed aangesien ons werkers en kontrakteurs nou vir hul lewens vrees. Ons kan hulle nie aan sulke riskante situasies blootstel nie totdat hul veiligheid verseker kan word.”

Volgens Dlamini is dit steeds onduidelik hoekom die kontrakteurs aangeval is en ondersoek die polisie die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Jinksie ·

Party gemeenskappe verdien wraggies nie elektrisiteit nie. Wou seker hulle onwettige verbindings beskerm.

TruthDealer ·

Nou laat die moorddadige gespuis van nou af sonder krag sit! Nee hel man! Hulle verdien niks! Laat hulle krepeer sonder krag, ooit weer. OnGeLooflik! Net ongelooflik. Net wanneer ek dink niks kan my meer verbaas oor hierdie patetiese hel- nes hool van n land nie.

Danie ·

Ek dink sit vir n oomblik en kyk wat om jou aangaan nie net hier nie in die wereld het ons nie die tyd bereik wetteloosheid,en oorlog.Gaan daar ooit weer vrede wees?Moet my nie verkeerd lees nie Moord en Roof en geen vrees vir gereg en geregtiheid

Delia ·

Blykbaar het gemeenskapslede gedink hulle is kabeldiewe. So sé die engelse koerant

Cherokee ·

Nou waarom Delia duimaf slegs omdat sy die Engelse koerant aanhaal? Dink ‘n slag. Dit is geen moeite.

Susanna ·

Ek kan net een ding sê, maar dan gaan my goed nie geplaas word nie. Maar dis nou plein snert.

Nie Verbaas ·

Die probleem is dat die klomp nie dink nie maar wel dink hulle weet alles. Het geweld die probleem opgelos?

annie ·

Sterk veroordeel! Net dit! Sulke gebiede verdien dit om in die donker te sit. Dié skobbejakke is van die mense wat daar woon.

Michael ·

Dis die logiese gevolg van ‘n misdadige polisiediens- SA het in werklikheid geen wetstoepassingowerheid nie en die volk weet dit

George ·

nou los hulle, los die elektrisiteit. Kom Junie dan staan ons weer bakhand.

Harley Davidson ·

Dit is omrede die wetstoepassing in duie gestort het en ons n brein lose pres het wat reken die minister van polisie wat net gekwalifiseer is as ‘n kleuterskole onderwyser n goeie werk doen.

Cherokee ·

Elma. dit klink so half-verskonend. Ek hoop dit is anders bedoel.

Lindi ·

En dit gee hulle die reg om VIER mense te vermoor? 4 Huishoudings te ontneem van ‘n broodwinner?

Marcello ·

Jammer, dit is nie ‘n verskoning om iemand wat ‘n diens lewer te vermoor nie.

Jsgroen ·

Seker gedink die elektrisiëns wou onwettige konneksies afsny. SA is stadig besig om in ‘n rampokker staat te ontaard.

QueenB ·

Dus wreed wat word van die mens jy kla oor iets maar jy wil ook nie regtig gehelp wees nie

Aai ·

Sekere mense wil maar net nie gehelp word en wil alles vernuut he.Sterkte aan die oorledene se familie.

Dirk ·

Los hulle dan. Dit is duidelik hulle keuse om nie krag te wil hê nie, so hoekom nog ander mense se lewens in gevaaar stel vir mense wat duidelik nie krag verdien nie.

Grassie ·

Baie van ons wat hier op MM kommentaar lewer het die afgelope paar jaar geskryf dat ons land onomkeerbaar op pad is na algehele anargie. Die simptome daarvan word al meer opvallend – sinnelose moorde, korrupse in sy ernstigste graad, grondonteiening, ontwapening, haatoptrede teenoor witmense, ‘n mafia-regering wat nie die land dien nie maar besig is om hulself te verryk en nog veel meer. Dit kan nie onbepaald so voortgaan nie, iewers moet ‘n draaipunt kom.

Dries ·

SKOKKEND! Ek kan dit amper nie glo nie. Maar met die geweldadige stakings tans is het ek my geloof in die mede landsburgers verloor.

Alex ·

Dis die gevolg van loadshedding wat sulke dinge daartoe lei ook. Regering kan hulle ook self blameer vir hierdie moorde

Katinka ·

Dis die gemors waarin ons sit, niks gaan verander nie, ongelukkig!

Johan ·

Toetaal, heeltemal onaanvaarbaar, maar vir wie sê jy dit wat gaan omgee – nie die regering en sy instansies nie.
So gebeur die verval tussen ons.

Vrede & vreugde

Reinier ·

As ek darem maar net kon se wat ek nou wil aan hierdie fellow south africans…

Delia ·

Ons wag vir n taakspan of was die 4 manne ook nie belangrik genoeg nie

Hennie ·

Ek hoor die gemeenskap het gedink dis kabeldiewe! Wou glo net hulle toevoer beskerm….maar nou ja!

Nettie ·

Die GEMEENSKAP het hulle vermoor? Het ek reg gelees? Nie ‘n paar kriminele of diewe in ‘n “robbery gone wrong” nie, maar die GEMEENSKAP? Aan wie die elektrisiëns die diens wou lewer?

Ek het wragtig gedink ek het al als gehoor. Maar hierdie vat die koek. Wat sê mens hierop? WAT?
Hoe kan ons saam met sulke “mense” leef in een land?!?! HOE? Vertel dit vir my???

Susanna ·

Dit is ongelukkig die situasie waarin al die vakmanne verkeer van die Stadsraad ook. Daagliks in gevaar, word met klippe bestook, aangehou, ens. Ongelukkig het die gemeenskap die hef in die hand en hulle doen net wat hulle wil en besef nie, dat ons een van hierdie goeie dae sonder elektrisiteit (praat nie van ESKOM nie) en water gaan sit as hulle so voortgaan. Moenie vra hoekom jy 3 dae wag of langer vir ‘n klagte nie

Delia ·

Electrician Jerry Moreroa and his three employees were ambushed and killed by a mob, simply because their bakkie and overalls did not have a business logo.

Renier ·

Was dit swart op swart geweld/moord? Was daar tiktok omstanders wat video gemaak het? kan sekerlik van die sondebokke so vastrek. Helfte staan mos gewoonlik en afneem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.