Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke, het gesê die vier Zimbabwiese burgers, tussen 15 en 20 jaar oud, is aangehou in Chebeng buite Seshego in Limpopo. “Hulle is glo gedwing om te steel en sonder betaling te werk. Hulle is ook erg aangerand indien hulle nie aan instruksies gehoor gegee het nie.”
Raymond Sithole (25) is Maandag in verband met die aangeleentheid in hegtenis geneem. Hy het vlugtig in die Seshego-landdroshof verskyn. Die saak is tot 9 Januarie uitgestel vir verdere ondersoek.
Genl.maj. Thobeka Jozi, provinsiale hoof van die Valke, het die ondersoekspan vir hul werk geloof.
Nog onwetige imegrante omdie redreem te ondersteun.
Die land is buite beheer en dit word elke dag duideliker.Dit gaan nie stop nie dit gaan net erger word
Toegangsbeheer is n grap in die land so sulke sindikate floreer in Hierdie land.
Alles onwettig ! Skelm slawe !