Vier sterf in Limpopo-ongeluk

Foto verskaf deur Limpopo- departement van vervoer

Vier persone is Saterdag dood en een het ernstige beserings opgedoen in ʼn trompop ongeluk tussen ʼn Volkswagen Polo en ʼn Mahindra naby Philadelphia in Dennilton, sowat 30 km suidwes van Groblersdal in Limpopo.

Die bestuurders van albei voertuie en twee passasiers is op die toneel dood verklaar. Een passasier het ernstige beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem.

Die departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid het die oorsaak van die ongeluk toegeskryf aan roekelose bestuur.

In nog ʼn ongeluk is ʼn persoon ook in ʼn kop-teen-kop botsing dood op die R81 buite Giyani. ʼn Bestuurder van ʼn Hyundai het op ʼn sperstreep ʼn ander voertuig verbygesteek en ʼn Toyota reg van voor getref.

“Die bestuurder van die Hyundai is op slag dood. Die passasier het geringe beserings opgedoen. Die bestuurder van die Toyota en die passasier in dié motor het ernstige beserings opgedoen en is na Khensani-hospitaal geneem,” het die departement bygevoeg.

Foto verskaf deur Limpopo- departement van vervoer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Daleen ·

Of net plein wetteloosheid….. Doen wat ons wil wanneer ons wil. Gee niks om vir ander se lewens nie.

PieterP ·

Dit is nie noodwendig die spoed nie. Dit is die slimmes wat reken ‘n soliede wit lyn/sperstreep is net daar om die eentonigheid van die swart teer te breek. Of dit nou jaag of kruip, die wit lyne beteken net vir sommige van ons iets…

Karlahari ·

Of jy teen 100, 120 of 140 in n kop aan kop botsing is, is jou kanse op oorlewing nie goed nie.
Dit is hoekom daar sper strepe aangebring is.

JM ·

Ongeduld en verontagsaming van die padreëls! Die paar sekondes waar geduld toegepas word, kan lewens spaar.

Cherokee ·

Debateerbaar Ovelia, uiters bespreekbaar, want alhoewel spoed waarskynlik aanleiding gegee het, was dit nie spoed as sulks, maar onbevoegdheid.

Thelsa ·

Die oorsaak van meeste van die kop aan kop botsings is eenvoudig. Sperstrepe is daar vir ‘n doel. Dit is nie aangebring oor daar ‘n oorvloed van verf oor was nie. As alam in die baan bly en nie ander voeruie verbysteek waar sperstrepe is nie, is die kans NUL vir kop-aan-kop botsing

Flemming ·

Jy is reg, gaan kyk nou na Herman Kleinhans se video “Ek Wonder”. Is dit die voorbeeld wat ons stel ?

marius ·

Geen wets toepassing nie . En daar sal ook nie wees nie . Punt .

Nico ·

Daar is nog ‘n probleem, dit motor bestuurders wat dink enige remstelsel aan ‘n motor is onfeilbaar, by ‘n verkeerslig, stopteken en op die oop pad ry hulle kort op jou motor. Ek daag enige motor bestuurder wat kan sê wat is die volg afstand, hulle het mos versekering op hul voertuie, geen nie om wat met die ander motor gebeur nie. Kom mense gebruik geduld en respekteer ander motoriste

Yvonne ·

Die verontagsaming van padreels sien n mens daagliks en dit kom teen n duur prys…..presies hoekom ons land so lyk maak en doen soos ek wil….hoe tragies

Peetjie ·

Sommige mense is speel te veel keer “chicken” en dan boet onskuldige mense met hulle lewens. Vinnige motors en onbevoegte bestuurders is die hoofrede vir die tipe ongelukke

Karlahari ·

Wat is die definisie vir vinnige motors? Enige voertuig wat 120 kan handhaaf?
Dan beweeg jy teen 33 meter per sekonde.
So die groter probleem is “stadige” bestuurders. Mense wat se denke en reaksie nie by hul spoed pas nie.
Amerika se verkeers polisie patroleer in die verkeer en haal sodoende die padvarke van die pad af.
By ons sit hulle in die koelte, op die voertuig se “bonnet” wyl hulle met hul selfone besig is, of kruip op n oop pad agter n brug weg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.