Vier sterf in N2-skietery

Die skietery het omstreeks 11:30 plaasgevind (Foto: Verskaf)

Vier mense is dood toe ʼn massiewe skietery Woensdag op die N2-snelweg digby Chatsworth in Durban uitgebreek het.

Volgens Tyron Powell van Marshall Security is die polisie en verskeie sekuriteitsmaatskappye omstreeks 11:30 in kennis gestel van ses gewapende verdagtes wat vroeër die dag by ʼn skietery in die Morningside-omgewing betrokke was.

“Lede van ons spesiale ondersoekspan het inligting ontvang dat die verdagtes in ’n wit Mercedes-Benz ry. Hulle het die voertuig op die N2 by die Higginson-hoofwegbrug gewaar en agternagesit, waarna ’n skietgeveg uitgebreek het,” sê Powell.

“Soos die verdagtes die Higginson-hoofwegafrit genader het, het hulle beheer oor die voertuig verloor en in ʼn vragmotor vasgery. Hulle het uit die voertuig geklim en weer op ons lede losgebrand.”

Daar was ses gewapende verdagtes in die motor (Foto: Marshall Security)

Die sekuriteitslede het teruggeskiet, waartydens drie verdagtes doodgeskiet en een gewond is. Twee verdagtes het te voet van die toneel gevlug. Een van dié verdagtes is later dood op die N2 by die M1-afrit gevind. Hy het aan sy skietwonde beswyk.

“Die oorblywende verdagte is steeds op vrye voet nadat hy in ʼn digte bos verdwyn het. Die polisie se K9-eenheid het op die toneel aangekom om na die verdagte te soek, maar was onsuksesvol.”

Drie ongelisensieerde vuurwapens is op die toneel gevind. “Die verdagtes se voertuig is glo in Desember in die Pinetown-omgewing gekaap. ʼn Stoortoestel, wat gebruik word om opsporingstoestelle te blokkeer, is ook in die voertuig gevind.”

Die polisie was op die toneel vir verdere ondersoek.

Volgens die polisie kan die verdagtes met verskeie rooftogte in die Durban- en Richardsbaai-omgewing verbind word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

JohanR ·

Dit gaan goed die laaste tyd……elke week soe 10 doodgekiet…..40 ‘n maand…..480’n jaar. Maak die land skoon van die gemors!

AW ·

Koop n mens hierdie ‘Stoorstelsel’ by enige handelaar…..

Voer die krimineel dit die land binne…..

Willem Wikkelspies ·

Sien Beke Cele ‘ongelisensieerde vuurwapens’. Mens kry nie ‘n lisensie en geweer om ‘n misdaad te gaan pleeg nie, mens kry dit om dit te verhoed!

Di ·

You can run by you cannot hide – Jou sondes haal jou wel eendag in, dis verseker!!

MJ ·

Mooi, vandat Sithole afgedank is , lyk dit of die polisie nuwe lewe gekry het!

Jack ·

Gaan nog steeds te stadig met die uitwissing van die geweldenaars. Heelwaarskynlik almal van zimbabwe of mosambiek. Land van melk en heuning dis ons land. Die land waar terrorisme nou deel geword het van die lewe wat ons verlaat het om die oorlog te stop. Hoe stop jy mense wat slegs ingestel is op geweld omdat dit al is wat hulle ken.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.