Vier sterf in Rustenburg-ongeluk

Foto verskaf deur ER24

Vier persone het noodlottige beserings opgedoen in ʼn ongeluk op die R510 tussen Rustenburg en Mogwase in Noordwes.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is Saterdagaand net ná 18:00 na die toneel ontbied. “Twee persone in een van die voertuie het omgekom en twee in die tweede voertuig. ʼn Insittende in ʼn derde voertuig het matige beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Plaaslike owerhede ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.