Vier vas na massamoord wat 13 eis

Argieffoto (Foto: Kent Williamson)

Die polisie in KwaZulu-Natal het vier verdagtes in hegtenis geneem in verband met ʼn voorval verlede maand toe 13 mense in ʼn brand dood is.

Volgens kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, was 15 mans, tussen 25 en 46 jaar oud, in ʼn huis in Taylor’s Halt toe ʼn groep van sewe gewapende mans die huis binnegebars het.

Die verdagtes was glo op soek na die eienaar van die huis wat nie daar was nie. Hulle het die slagoffers glo beveel om te ontklee voor ʼn vloeistof op hulle uitgegooi en hulle aan die brand gesteek is.

Agt mense het in die huis doodgebrand terwyl ander later aan hul beserings in die hospitaal beswyk het. ʼn Liggaam met brandwonde is in die veld naby die huis gekry.

Die vier verdagtes is Dinsdag in hegtenis geneem. “Die ondersoek duur voort en die ondersoekspan kan nie die moontlik uitsluit dat nog verdagtes in hegtenis geneem kan word nie.”

Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

Die polisie het kort na die voorval gesê hoewel die motief vir die moorde nog nie bekend is nie, dit moontlik dwelm-verwant kan wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Danie ·

Die 4 wat aangekeer is wonder maar net hoe hulle verbind is? Almal loop vry oor n paar jaar se uitgestelde saak deur NVG.Plaas daarvan die top uitmuntende SAPD misdaad effektief voorkom sit hulle lekker en rus en wag vir misdaad om SA te verswelg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.