Vier mans, tussen 26 en 38 jaar oud, is Vrydagoggend buite Kimberley in die Noord-Kaap glo betrap met dagga ter waarde van meer as R200 000.
“Die polisie het ʼn wenk ontvang oor verdagtes wat ʼn groot hoeveelheid dagga na die provinsie wou bring,” het lt. Donald Mdhluli, woordvoerder van die polisie in die Noord-Kaap, in ʼn verklaring gesê. “Die mans is omstreeks 06:00 op die N8 tussen Bloemfontein en Kimberley voorgekeer. Hulle het in ʼn wit Toyota Corolla gery.”
Volgens Mdhluli het die polisiebeamptes vyf sakke dagga, wat 43.45 kg geweeg het, en met ʼn geraamde straatwaarde van R217 000, in die kattebak gevind. “Die mans is dadelik in hegtenis geneem. Hulle sal Maandag in die Kimberley-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van dagga.”
Baie geluk aan die lede van die SAPD.
Doen so voort.
Hoop die dagga word ordentlik onder bewaring geplaas sodat dit nie ook soos ons polisievuurwapens “verlore” raak nie!!
Ek ry gelukkig ‘n BRUIN Toyota Corolla, so ek is veilig . . .