Vier vas oor ‘PPE-tenderbedrog’

(Argieffoto: Mika Baumeister/Unsplash)

ʼn Groep van vier verdagtes is aangekeer nadat die Valke hulle tydens ʼn ondersoek verbind het met beweerde verkrygingsbedrog ten bedrae van amper R400 000.

Izak Edward Jenner (50), Aldrick Ivan Hendricks (52), Jafta Booysen (51) en Nicolaas Jacobus Klazen (50) het Vrydag vlugtig in die Vredendal-landdroshof verskyn nadat hulle Donderdag in Bellville in hegtenis geneem is.

Die vier staan tereg op aanklag van bedrog. Hulle is op borgtog van R5 000 elk vrygelaat.

Zinzi Hani, woordvoerder van die Valke, sê die vier word daarvan beskuldig dat hulle saam met ʼn diensverskaffer, Duneco CC, saamgespan het om tenderkorrupsie te pleeg. Die maatskappy het in April 2020 ʼn tender vir beskermende toerusting ontvang, maar na bewering sonder dat die nodige verkrygingsprosesse daarvoor gevolg is.

Hendricks en Booysen is tans munisipale bestuurders, terwyl Jenner ʼn voormalige Covid-19-koördineerder by die Matzikama-munisipaliteit is. Klazen het bande met die diensverskaffer.

Die saak teen die beskuldigdes is tot volgende maand uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Burgermeester ·

Ek het geen simpatie met dié wat hulself wil verryk ten koste van ander mense. Dit is goed dat daar wel gevalle is waar die korruptes vervolg word, maar wanneer word al die “hoës” wat in die parlementsbanke sit, vervolg vir al hulle korrupte dade?

Anel ·

Solank as die virus lewendig gehou word, word bedrog gepleeg. Daar is nie meer ‘n virus nie en daar is ook nie meer die nodigheid vir maskers en wat daarmee saamgaan. Dit gaan nou net oor selfverryking. Geen simpatie met bedrieers nie. Hulle moet eintlik hardearbeid kry en nie lekker gemaklik in die tronke sit nie!!!

Waarnemer ·

Ai en dit vir n paar rand….nou verloor hulle hulle inkomste….ook maar lekker stoepid neh!!!@

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.