Vier vas oor rolle koperkabel

(Foto: Verkaf)

ʼn 23-jarige skrootwerfeienaar, sowel as drie ander verdagtes, onderskeidelik 24, 38 en 43 jaar oud, is Saterdag omstreeks 10:00 op die aanklag van diefstal in hegtenis geneem.

Inwoners van Kutloanong naby Odendaalsrus in die Vrystaat het inligting aan die Kutloanong-polisie gegee oor ʼn verdagte wat glo op pad was om koperkabels by ʼn supermark te gaan verkoop.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê lede van die gemeenskap het die verdagte daarna aangehou totdat die polisie op toneel was waarna nog ʼn koperkabel later by dieselfde supermark gevind is.

Die Odendaalsrus-polisie het op altesaam 46 rolle 18-kern koperkabel beslag gelê.

Die vier verdagtes sal Maandag in die Odendaalsrus-landdroshof verskyn.

Brig. Mzondi Mojafi, die waarnemende distrikskommissaris van Lejweleputswa, het inwoners van Kutloanong geloof “omdat hulle ʼn verslaggewende nasie geword het, wat gelei het tot die inhegtenisneming van vier verdagtes. Sy het ook die polisie wat vinnig op die inligting gereageer het, aangeprys.

(Foto: Verkaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Harley Davidson ·

Ek het nie geweet dit is onwettig om in besit van koper kabels te wees nie ,ek wonder nou net hoe die staat ‘n saak van diefstal gaan bewys.

Harry ·

Good! Minimum of 15 years in prison please. But who am I kidding this is SA, they will probably go free with a warning despite all the damage their thievery caused.

Gert ·

Verkoop van koper moet onwettig verklaar word of die prys van 2de handse koper moet die helfde van staal wees.

Karoo ·

Skrootwerf besighede is een van die grootste euwels. In die platteland is daar selfs drankwinkels reg langs hulle. Dis baie moeilik vir arm mense met geen ander uitweg om gebruik te maak daarvan nie.

Di ·

As ons as die gemeenskap nie self opstaan teen hierdie kriminele nie, sal NIKS gebeur nie! Dis om van NAAR te word, al die misdaad wat hierdie land verswelg

Casper ·

Dit is sekerlik onwettig aangesien die kabels nie omhulsel om het nie en daar sekerlik geen bewyse is van aankope nie.Hoekom sal hulle kabels ten duurste aankoop en teen ‘n verlies verkoop.

Lillian ·

Nou vang julle net dié wat die kabel wou gaan verkoop, nie dié wat aankoop nie,want daar lê die grootste probleem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.