Vier vermeende moordenaars deur polisie doodgeskiet

Argieffoto (Foto: Kent Williamson)

Vier mans wat van die moord op ʼn ma en dogter verdink word, is Saterdagmiddag deur die polisie doodgeskiet.

Kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, het gesê die 48-jarige ma en haar 22-jarige dogter is Vrydagmiddag in Emachobeni in Inanda, KwaZulu-Natal, vermoor.

“Die polisie het inligting ingesamel oor die verdagtes en vasgestel dat hulle glo op pad was om reinigingsrituele by Mpophomeni uit te voer. Die verdagtes se voertuig is in die Eskebheni-gebied in uMzinyathi onderskep en die polisiebeamptes het vir die bestuurder van die verdagtes se voertuig gewys om stil te hou.”

Die verdagtes het egter op die polisie losgebrand en die beamptes het teruggeskiet. Al vier insittendes van die voertuig is noodlottig gewond.

Drie vuurwapens is in die besit van die verdagtes gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Martie ·

Dit is presies die manier waarop daar met moordenaars klaar gespeel moet word. Geen inhegtenisnemings, geen hof verskynings, klaar gevonnis. Belastingbetalers baie geld gespaar.

Vriendelike Frikkie ·

Help nie eers jy spit hulle in nie. Die plante sal slegte vrugte dra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.