Vliegtuig stort neer naby Germiston

Die ongelukstoneel. (Foto: Facebook)

ʼn 40-jarige man is kritiek beseer nadat ʼn vliegtuig naby Germiston in Gauteng neergestort het.

Die nooddiens Emer-G-Med het omstreeks 13:00 Saterdagmiddag gereageer op berigte van ʼn vliegongeluk by die Randse Lughawe-pad. Twee mans was in die ongeluk betrokke. Die tuig het klaarblyklik in die veld naby die pad neergestort.

“Twee pasiënte is na die hospitaal vervoer. Een van hulle is kritiek beseer en die ander persoon het matige beserings opgedoen,” lui dié nooddienste se verklaring oor die voorval.

Die Burgerlugvaartowerheid (BLO) het nog nie die ongeluk bevestig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.