Vraag oor ‘baie wit’ T20-WB-groep: ‘Ek moet wenspan skep’   

David Miller (links) saam met Rob Walter. (Foto: Sajjad HUSSAIN/AFP)

“My nommer een noodsaaklikheid is om ʼn wen-Protea-span te skep,” het Rob Walter, afrigter van Suid-Afrika se witbalspanne, gesê op ʼn vraag oor die oorheersend wit groep wat vir die T20 Wêreldbeker-toernooi gekies is.

“Om dit te kan doen moet ek die beste span kies wat die beste kans het om dit te doen,” het Walter gesê op ʼn vraag oor die rassesamestelling van die groep, wat net een swart speler insluit.

Pholetsi Moseki, uitvoerende hoof van Krieket Suid-Afrika, het aan Sport24 gesê die samestelling van die span wat Walter gekies het, is kommerwekkend maar het bygevoeg dat hy en Enoch Nkwe, direkteur van krieket, saamstem dat daar “krieketredes” vir die rassebalans is.

Die 15-tal vir die toernooi in die VSA en Karibiese Eilande van 1 tot 29 Junie is Dinsdag deur Walter aangekondig.

Nie sedert 2016, vir die T20-Wêreldbekertoernooi in Indië, was daar soveel wit spelers in ʼn Suid-Afrikaanse groep nie. ʼn Maand ná die 2016-toernooi het die destydse minister van sport, Fikile Mbalula, gesê KSA sal nie toegelaat word om te bie vir groot internasionale byeenkomste nie ná ’n verslag van ʼn regering-aangestelde komitee dat die pas van transformasie in die sport te stadig is.

Later daardie jaar het KSA aangekondig dat formele teikens vir rasseverteenwoordiging met onmiddellike effek ingestel sal word. ʼn Maksimum van vyf wit spelers kon in ʼn 11-tal ingesluit word en daar moes minstens twee swart spelers wees.

Moseki het gesê dat kwotas op binnelandse vlak – wat minstens drie swart spelers in ʼn beginspan vereis – daarop gemik is om ʼn groter poel swart spelers van internasionale standaard te verseker.

Hy het gesê teikens vir die nasionale span bly geld.

“Dit sou nie op net een toernooi gebaseer wees nie, maar soos Rob verduidelik het, was dit (die T20 Wêreldbeker-keuse) nogal ʼn uitdagende ding om te hanteer aangesien ons dit jare lank nie gedoen het nie.”

Walter het tydens die groepaankondiging aan joernaliste gesê hy kies geen groep sonder om dit eers met Nkwe te bespreek nie.

Nkwe het gesê KSA werk daaraan om transformasiedoelwitte te bereik voor die 2027 Wêreldbeker-kriekettoernooi (50 beurte) in Suid-Afrika.

“Ons het verskillende formate waar sommige spelers dalk sukkel en beter as ander kan slaag,” sê Nkwe. “Ons bevind ons in die moeilike situasie in T20-krieket.”

Walter het gesê hy hoop om meer swart spelers te sien deurkom.

“Die stelsel moet regtig die voorloper wees sodat die demografie en verteenwoordiging in ons span ʼn bietjie anders begin lyk oor ses maande, 12 maande of oor twee jaar, veral wanneer ons die 2027 Wêreldbeker tuis aanbied,” het Walter gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Genoeg tyd vir die regime om in te gryp.

Louis ·

En wat van die sokkerspan wat net omtrent swart is.geen wonder hul kom erens nie

Papsak ·

Baie dankie waardeur jy is reg jou span is smart nie n mengel moes van alle kleure nie kyk hoe lyk jou span bravo !??!???

Nie Verbaas ·

Ek stem saam. ANC sal egter verkies om die ander in te sit en Suid Afrika se naam kwartel te maak.

Casper ·

Dit moes al lankal gebeur het,maar wat gemaak as die span misluk.Wie gaan ons dan die blaam op pak.

piet ·

Solank almal ‘n gelyke kans het behoort daar mos nie ‘n probleem te wees nie. Daar is meer as genoeg spelers van kleur reeds in die sisteem (meer as wit spelers sou ek dink) so nou moet hulle perform. As jy nie perform nie word jy nie gekies nie, so eenvoudig soos dit. Hierdie gaan baie interessant wees om te sien of die minister van sport weer gaan protesteer.

Manie ·

Kies net die beste spelers, ongeag van kleur en ek sal hulle ondersteun. Binnekort sal ons egter lees oor spelers wat beseer is en moes onttrek….

Cherokee ·

Papsak, dit sal ‘waardeer’ word as jy jou eie pos lees voordat jy dit stuur. Woordeboeke is alle tale is gratis op Internet.

Hendrik ·

Ek kyk of volg baie min krieket agv die kwotas in sport. Rugby is ook vir my ‘n probleem oor dieselfde rede. Olimpiese spele is vir my wonderlik omdat ek weet die oorsese spanne/deelnemers is daar op meriete!

Glenn ·

So ook met alles wat gedoen word op alle vlakke. Die beste persoon moet die posisie/werk kry maak nie saak van die vel kleur nie. Ons land is net altyd tevinnig om die ras kaart tespeel inplaas van om saam tewerk.

daarsdit ·

Hendrik, stem 100% saam, ons ook oor dieselfde rede ophou kyk.

Hannes ·

Een van die groot redes wat ek nie meer sport, veral krieket kyk nie. Ras voor talent en die knie buig storie was vir my die laaste strooi.

Leon ·

Hi Casper, as ons nou nie die mas opkom in die Wereldbeker nie, glo ek ons sal verskoon word as ons Jan v Riebeek die skuld gee?

George ·

Almal wat se “meriet” nou wat maak Nortje daar? Markram is ook maar n groot vraagteken.

George ·

@Hendrik, goed so, ons kort nie julle saam ons op die paviljoene nie, maar ek is seker jy het saam fees gehou toe ons die world cup wen?

Hendrik ·

@George jy is reg dat jy my nie daar sal kry nie. Beginsels maak die lewe nie altyd aangenaam nie veral as jy soos ek is wat baie lief vir sport is. Ons het die wêreldbeker geniet maar weet dat daar wel lede op die veld is wat nie daar moes wees nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

@Leon, ons kan seker al begin om Mandela te blameer.

Oosieoos ·

George ook een van daai wat alles verniet wil he terwyl hy niks bydra. Sal seker tevrede wees as SA soos Zim lyk. Skrik wakker man kyk hoe het ons land agteruit gegaan daardeur. Net a onskuldige blinde en dowe sal nie daarvan bewus wees nie

Marina ·

Geloofwaardigheid voor kundigheid? Het hierdie mense in 32 jaar se tyd nou nog nie bygekom om op dieselfde vlak te kan speel nie?

JohanR ·

Ek kyk nie meer mans krieket. Meer wedstryde vir die SA vroue span oor die hele SA asseblief.

George ·

@Marina, lyk my jou skool het jou laat vaal. Gee demokrasie dieselfde tydperk as wat ons onder apartheid moes lewe, dan kan julle iets se.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.