ʼn Man in sy 50’s is dood nadat hy Maandagaand deur ʼn vragmotor in Noordwes getref is.
Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het gesê daar word vermoed dat die man getref is toe hy die N12 naby Potchefstroom probeer oorsteek het.
“Die man het verskeie noodlottige beserings opgedoen. Paramedici kon niks vir hom doen nie en hy is op die toneel dood verklaar,” het Rossouw gesê.
Die ongeluk word ondersoek.