Vragmotorbestuurder vas oor miljoene se kokaïen

Die pakkies kokaïen gevind (Foto: Verskaf)

ʼn 37-jarige man is Sondag in hegtenis geneem nadat kokaïen ter waarde van meer as R30,4 miljoen gevind is in ʼn vragmotor wat na Kaapstad in die Wes-Kaap op pad was.

Dié vermeende dwelmsmokkelaar sal na verwagting Dinsdag in die Blue Downs-landdroshof in Kaapstad verskyn.

Lt.kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, het gesê lede van sy dwelmeenheid het die vragmotor op die N1 by ʼn vulstasie op pad na Kaapstad voorgekeer. Hulle het die vragmotor deursoek en ʼn houer vol pakkies kokaïen gevind.

Nkwalase het gesê daar is ʼn totaal van 38 toegedraaide pakkies kokaïen van 1 kg elk in die houer gevind.

Die verdagte is in hegtenis geneem en daar is op die vragmotor beslag gelê.

Volgens Nkwalase dui voorlopige ondersoek daarop dat die houer met kokaïen uit die buiteland kom en deur verskillende provinsies beweeg het om eindelik in Kaapstad te beland.

Lt.genl. Godfrey Lebeya, hoof van die Valke, het die span geloof vir die inhegtenisneming van die verdagte en die beslaglegging op die dwelms.

“Ek doen ʼn beroep op die publiek om nie kriminele groepe te ondersteun deur dwelms aan te koop nie aangesien dit sindikate sal aanmoedig om met nuwe maniere vorendag te kom om die gevaarlike middels te voorsien.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Kokerboom ·

Dit is skrikwekkend. Met oop grense wat kan mens verwag.
Die 73000 duisend troepe kan beter aangewend word maar hul is omkoopbaar en sal ook nie optree teen “our people” van buiteland

Emily ·

Hoe kan julle van ons verwag om nie kriminele bedrywighede te ondersteun nie, Julle maak ons dan skelm met julle belaglike ban op ons plesiertjies.

Oujongvrou ·

Voor die covert kon mens skaars n polisieman in die hande kry. So daai vragte dwelms is heeltyd nog afgelewer. Nou ewe skielik is al die polisie op hulle poste. Hopenlik gaan hulle na die lockdown nog paraat wees, of gaan ons dan weer ” there is no vehicle available ” kry, dis dis as hulle antwoord

JohanR ·

Ek is verbaas in die tye waar die polisie en weermag in groot getalle orals op die hoof paaie is, dat die smokelaars nog probeer. Hoeveel dwelms is nie al in die laaste 51 dae gekry, en beslag daarop gele nie? Stupid bly maar stupid! Danie – soos gister op Maroela berig is, die 73000 was toe al die tyd maar net 7.3, of was die 73, of was die 730! Niemand weet waar die R4.5 biljoen wat bygele is vir 73000 soldate heen is nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.