Vrou dood, agt voertuie beskadig tydens Badplaas-betoging

(Argieffoto: Kent Williamson)

Die bestuur van die polisie in Mpumalanga veroordeel die wettelose gedrag van lede van die gemeenskap tydens ʼn betoging Vrydag in Badplaas naby Barberton in Mpumalanga waar ses polisievoertuie, ʼn voertuig van die verkeersdepartement en ʼn voertuig van die provinsiale regering beskadig is.

“Terwyl polisiebeamptes besig was om die situasie te beheer, het ʼn vrou noodlottige beserings opgedoen toe ʼn vragmotor in die agt stilstaande voertuie vasgejaag het,” het brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, gesê. “Twee polisiebeamptes het geringe beserings opgedoen toe hulle ook tydens die betoging aangeval is.”

Volgens berigte het betogers vroegoggend bymekaargekom en eise aan ʼn mynmaatskappy in die gebied gestel. “Toe daar nie aan hul eise voldoen is nie, het hulle die paaie met bande, bome en skrootmateriaal versper.”

Die polisie het inligting ontvang oor die aktiwiteit en terwyl hulle gemoedere wou bedaar, is hulle met klippe bestook.

“Beamptes het motoriste, wat die Badplaas-pad gebruik, aangeraai om van alternatiewe roetes gebruik te maak, uit vrees vir hul lewens en die veiligheid van hul voertuie. Sommige motoriste het egter besluit om te wag vir die situasie om te bedaar. ʼn Vragmotor het tydens die hitte van die stryd die toneel genader en die polisie het die bestuurder gemaan om stil te hou. Die bestuurder het egter nie stilgehou nie en teen agt voertuie gebots. Tydens die ongeluk het ʼn vrou noodlottige beserings opgedoen.” Sy is op die toneel dood verklaar.

Die polisie ondersoek ʼn saak van openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging. ʼn Saak van strafbare manslag is ook teen die vragmotorbestuurder aanhangig gemaak asook ʼn saak van roekelose of nalatige bestuur.

“Die vragmotorbestuurder, ʼn man van Mosambiek, is dadelik in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.”

Die polisie en wetstoepassers monitor steeds die situasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Dries ·

As die polisie kragdadig optree, word hulle veroordeel. Indien nie, gebeur dit.

Persheks Adri ·

Waar is die rooi petters om die staat se eiendom te beskerm nou? Dit was mos die geval in Senekal gggmmmfff… Dom ek hier onthou ek nou dis juis “our people” wat betoog

Sarel ·

Nee volgens die Regering het hulle net hulle reg uitgeoefen.

Jdb ·

Ek hoor niks vanaf die EFF oor die polisie wat aangeval en voertuie wat beskadig is nie. Of is dit net in Senekal waar hulle besorg is oor hierdie tipe ding?

Cecilia ·

Hoop d betogers word ook sonder borgtog aangehou!
Arme vragmotor bestuurder. Nou sit hy met sy bas in d tronk en hy wou net sy voertuig en dit wat hy vervoer het beskerm. Maar d onwettige kaders loop vry rond.
En hoekom moet betogers altyd skade aanrig? Wat het d paaie en onskuldige motoriste in Badplaas met hul stryd teen d myn te doen?
Wys j weereens d kaders het geen verstand nie.

Hennie J ·

n Sprekende voorbeeld van n polisiediens wat te useless is om hulleself, wat nog van ons, te beskerm. Hulle is onverhoeds betrap en dit spreek van powere intelligensie en patetiese beplanning, maar nouja, los dit in die kaders se hande en hulle sal toesien dat dit opgeneuk word.

Jr ·

Nog n Frankenstein monster wat die cANCer society geskappe het. Nou word hy nie gesorg nie nou moet sy “creator” sy eie monster probeer in toom hou. MAAR wil nie – te bang vir Frankenstein

Wondermaarnet ·

En wanneer word die mense wat die voertuie beskadig het gearresteer of is dit net sekere lede van die plubliek wat vervolg word wanneer ‘n staatsvoertuig beskadig word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.